Tuesday 6 March 2018

Almal het gesondig


 Image result for Person praying for forgiveness



Rom 3:23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Een van die grootste spoke in die kerk vandag, is die een van geestelike hoogmoed wat mense laat dink dat hulle beter of groter Christene is as ander of wat altyd net wil kritiseer of oordeel en veroordeel. En tog is bogenoemde vers baie duidelik dat ons maar almal gesondig het en dat ons almal aan die heerlikheid van God skade ly. Wat het jy dan nou ook meer as die ander, wat jy nie van Bo ontvang het nie? Die Bybel waarsku ons ook dan baie duidelik teen daardie vorm van hoogmoed:

1Kor 10:12  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

Vir die mense wat só 'n ingesteldheid het om altyd te let op wat ander verkeerd doen, is die volgende gedeelte, beslis van toepassing:

Mat 7:3  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

Mat 7:4  Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

Mat 7:5  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

Ek het ook al baie gehoor dat mense dit met sóveel selfversekerheid beweer dat hulle definitief die bruid van Christus is en weggeraap sal word. Tog as jy kyk na die vrug van hul lewens en die woorde van hul mond, dan is ek nie só seker daarvan nie. Ek glo persoonlik dat die dag wanneer die wegraping plaasvind, sal aanwys wie het gegaan en wie het gebly, omdat hulle toe nie gereed was nie.

Mat 7:16  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

Mat 3:8  Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Dus is dit des te meer belangrik dat ons eerder op ons eie lewens en handelinge let, as die van ander. Ek glo ons is definitief in die laaste van die laaste dae en dat dit nou, nog meer as voorheen, tyd is om heilig te lewe. Nie net ter wille van die bruidskap nie, maar ook ter wille van sóveel mense wat nog verlore is, juis omdat hulle geen vrug sien by die kinders van die Here nie.

Fil 2:12  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

Fil 2:13  want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Instede daarvan dan dat ons alewig krities is oor ander kinders van die Here, leer die Bybel ons baie duidelik om eerder hul hand te vat en hul te help om weer op te staan. Nie een van ons is gevrywaar teen die aanslae van die duiwel nie en sommiges is 'n bietjie sterker as ander.

Rom 15:1  En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.

Rom 15:2  Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Rom 15:3  Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.

Jak 3:2  Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

Kom ons begin dus om deur hierdie nuwe jaar ons denke te verander deur ook ander te kan sien soos Abba ons sien...skoongewas deur die bloed van Jesus Christus! Kom ons help eerder ons boetas en sussas wanneer hulle sukkel, want op 'n ander keer het ons hulle weer nodig!

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Rom 12:3  Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Rom 12:4  Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

Gebed: 

Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word en laat U koninkryk kom hier op aarde, net soos wat dit in die hemel is. Help ons om eerder ons naaste lief te hê soos U hulle het en om op te hou om op hul te trap wanneer hulle struikel. Gee ons die krag om eerder te let op onsself en om ware vrug vir U te dra, sodat ander tot inkeer kan kom..in Jesus Naam, amen!

(ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...