Friday 14 October 2016

Emosionele bagasie wat ons opvreet!

Image result for unhappy person

1. Onvergewingsgesindheid:-

Ons moet vergewe en vryspreek sodat God ons ook kan vergewe. Onvergewingsgesingheid het stappe – woede, haat, geweld, en selfs moord. Kort voor lank gaan jy die persoon wil terug kry oor wat aan jou gedoen of gesê is Rom 12:17-19 (verkort) moenie kwaad met kwaad vergeld nie, moenie self wraak neem nie.

Oplossing: As jy sukkel om te vergewe, vra die Here om jou te help. 2 Kor 10:5 (verkort) Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

2. Hoogmoed en trots :

Definisie van hoogmoed is minderwaardigheid! Mense wat hoogmoedig is, is gewoonlik mense wat uit arm agtergrond kom, God haat hoogmoed en Woord sê hoogmoed kom tot ‘n val. (Spr 16:18) Satan is perfekte voorbeeld want hy het hoogmoedig geword teenoor God.

Oplossing:   Geestelike wet…As jy jouself gaan verhoog, gaan God jou verneder, as jy jouself voor God gaan verneder en vergifnis vra, sal Sy liefde jou vergewe en sal God jou verhoog.

3. Verwerping:

Jy is geskape in Godsbeeld, jy is geroep vir die aarde, net God kan lewe skenk, en het jou beplan voor die aardlegging, jou gevorm in moederskoot, jou asem gegee en jou met eer bekroon, jou aangestel net onder die engele en jou mag gegee om oor alles te heers wat  aan Hom behoort, jy is duur gekoop met Jesus Bloed en Heilige Gees ingeworpe, God sê jou moeder en jou vader sal jou verlaat, maar Ek sal jou nooit verlaat nie!
Jesus was ook verwerp deur Sy eie nasie en is gekruisig.

Oplossing: Vergewe mense wat jou verwerp laat voel het, en gaan na Jesus vir genesing oor jou emosionele dimensie. Jesus maak waarlik vry.

4. Rebellie:

Rebellie kom 100% van satan af, hy was die eerste een wat die sonde gepeeg het teenoor God. As jy rebels is weet jy satan staan agter jou! As jy rebels is, is jy ongehoorsaam aan God en gehoorsaam aan satan. Efes 4:17 verharding van jou hart, jy is in rebellie (20) julle het Christus nie so leer ken nie.

5. Spanning:

God wil nie he jy moet spanning in jou lewe hê nie. Om in spanning te leef beteken dat jy God nie vertrou nie, God sê kom na My toe! God sal jou vrede gee want mens se verstand te bowe gaan. Alles werk ten goede mee met die wat God liefhet. (Ps 23) Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, U is met my!  Die Here is jou Herder niks sal jou ontbreek nie.
Spanning is nie van God nie, en het stappe soos woede uitbarstings, mislike persoonlikheid en is nie goed vir jou gesondheid nie

Heb 11:1 Die geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie kan sien nie….Geloof breek spanning!

Oplossing:

1Pet 5:7 Werp al jou bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir jou!
Ps 55:23 (verkort) werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou.

6. Woede:

Woede verwoes lewens! Jy begin mense sleg sê en beskinder. Dit veroorsaak bitterheid en gegrieftheid in jou lewe, dit beinvloed jou sosiale lewe, en kort voor lank sit jy alleen want niemand wil naby jou wees nie. God het ons geskape volgens Sy beeld, Sy natuur en die hele definisies van Sy gees en siel. Hy het ons ook selfbeheersing gegee.

Efes 4 Moenie kwaad gaan slaap nie, Jak 1:19-21 (verkort) toorn van ‘n man bewerk nie geregtigheid voor God nie.

Oplossing: Fip 4:13 Ek is tot alles instaat deur Jesus wat my krag gee! Gaan soek hulp by die Kruis

7. Agterdog:

Agterdog breek verhoudings af, jy sit jouself in gevangeniskap met agterdog, waar daar nie vertroue is nie kan daar nie liefde wees nie.

Oplossing:
Ons kan nie ons eie mans/vrouens oppas nie maar Jesus kan! As jy sukkel met agterdog, vra Jesus om jou man/vrou op te pas en hulle oë toe te maak vir wat nie van Hom is nie, en vertrou Jesus daarmee.

8. Jaloesie:

Daar is ‘n mooi en lelike jalousie. God is jaloers op ons en wil ons nie deel nie, net so ook man/vrou binne die huwelik.
Lelike jalousie is wanneer jy besitlik word, agterdogtig is, begin om mense aftepers en dreig. Skinder is vorm van jaloesie, jy breek mense af omdat jy minderwaardig voel teenoor hulle. Jy probeer hulle op jou vlak bring deur hulle sleg te sê en te beskinder. Sëen eder die persoon sodat God jou ook kan sëen.


9.Bitterheid:

Heb 12:14 (verkort) Jaag die vrede na…leef in vrede…streef heiligmaking na…bitterheid besoedel jou!

Bitterheid is ‘n baie ernstige emosionele probleem wat mens so gou as moontlik by die kruis moet kry. As ons kyk na Kain en Abel se verhaal sien ons die stappe van bitterheid!
Bitterheid is ‘n sterkman en sy gesante/onderdane is: Onvergewingsgesindheid, wrok/afkeer, vergelding, worde, haar geweld, moord.

Jer 4:18 Jou handel en jou wandel het dit aan jou gedoen, dit is jou boosheid, ja bitteris dit, ja dit raak tot aan jou hart.

Oplossing: Bely dit as sonde, vergewe en vergeet… en spreek God se Woord oor jouself. 2Kor 10:4&5 (verkort) elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus

10.Vrees:

Vrees is nie van God af nie! .

(2 Tim 1:7) God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, dus kom dit van satan
Matt 8:26 Waarom is julle bang, kleingelowiges?
Matt 14:31 Kleingelowiges waarom twyfel julle?

Geestelike wet: Job 3:25 Dit wat jy vreeslik vrees kom na jou toe aan!

Vrees is vernietigend vir liggaam, siel en saligheid: Dit vreet aan jou geloof, plunder jou hoop, steel jou Vryheid, beroof jou van vreugdevolle lewe, veroorsaak emosionele pyn! Vrees hou jou weg van God se beloftes vir jou lewe.

DIt maak jou siek! Gee jou hoë bloeddruk en veroorsaak hart siektes! Luk 21:26  In die laaste dae sal mense se harte beswyk van vrees!

Vrees is sonde! Rom 14:23 (verkort) alles wat nie uit geloof is nie is sonde & Open 21:8 (verkort) Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges……hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swael.

Oplossing: Bely vrees as sonde en vra Jesus om jou waarlik vry te maak van die gees van vrees. Rom 12:2 (verkort) laat God julle verander deur julle denke te vernuwe


11. Selfbejammering:

Selfbejammering hou jou weg van God af, Jesus is jou Verlosser, moenie vasgevang raak in selfbejammering nie, glo aan wat Jesus aan die Kruis vir jou gedoen het juis om jou vry te maak van emosionele bagasie

Oplossing:
Fil 3:14  (eie woorde) Los die verlede se mislukkings en traumas…selfbejammering bind jou aan die verlede


12. Vewarring:

Verwarring kom van satan sodat jy nie in oorwinning kan staan nie! Baie mense sit met verwarring oor hulle geestelike lewe, omdat hulle God se Woord nie ken nie! Omdat hulle nie verstaan wat die Kruisboodskap vir ons beteken nie!

Oplossing:

Glo God se Woord as waarheid! Bid vir jou verlossing! Skryf God se Woord op jou hart!

Spr 30:5 Elke woord van God is gelouter! Hy is ons skild, vir elkeen wat by Hom skuil,
Ps 139:23 Deursoek my O God, en ken my hart, toets my onrustige gemoed.
1 Kor 14:33 Want God is nie ‘n God van wanorde nie maar van vrede….

Engelse Bybel se dit eintlik beter…God is not a God of confusion but of peace.

Indien iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak my belindapaar@gmail.com


1 comment:

  1. ŚĴŐĔ! Ŀ♡♡♡♡♡√Ɛ ĪŦ !!!!

    Baie powerful вєℓιη∂α

    BλλλλłE ÐλŃҞłE !

    вℓєѕѕιηgѕ .......

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...