Saturday 29 October 2016

Tegniese probleme met die blogs


Image result for sad face emoji

Goeie more aan alle lesers en intekenaars


Ek wil julle net in kennis stel dat al 3 blogs, Tabernakel Bedieninge, Gebedversoeke en Gebede sowel as Verhoog Jesus 'n tegniese probleem op het waaraan ons werk, tot dus vêr sonder enige sukses, wees asb geduldig ons werk aan die probleem, elke keer net as ons dink ons kry iets reg, is iets anders weer verkeerd!



Ek het ook al die Intekenaars en volgers verloor en weet nie meer wie ingeteken het en wie nie, ek sal waardeer as elke persoon wat ingeteken het, of wat die blog volg my kan kontak deur e.pos belindapaar@gmail.com en my kan verwittig van enige probleme wat jul met die blog ondervind asb.



Ek het alreeds klagtes ontvang van mense wat sê dat hulle nie verwittig word deur e.pos wanneer ek iets nuuts op die blog sit nie.



Die ander probleem wat ondervind word deur mense is dat hulle kommentaar lewer en die kommentaar wys nie op die blog nie, ek wil ook net sê dat ek ook nie meer die e.pos ontvang wat sê iemand het komentaar gelewer nie.



Laastens, mense wat my per e.pos kontak met probleme, se e.pos gaan nou in my "Spam box", en ek is eerlik as ek nie die persoon ken nie is ek soms te bang om die e.pos oop te maak.



Soos ek verstaan van die tegniese mense wat my help, het Google veranderinge gebring in Google self en die blogs is daardeur beinvloed.



Wees asb geduldig ons werk aan die probleem en glo dat die Here vir ons wysheid en insig sal gee aangaande die probleem om dit op te los, ek glo hierdie is net 'n aanval dat die Evangelie nie verkondig kan word nie, maar God is grooter as enige tegniese probleem, ons sal oorwin in Jesus Naam.



Baie dankie aan al die getroue ondersteuners en lesers van die blogs, ek glo dat mense nog die blog besoek en kan besoek alhoewel die syfer op die 'Total views" nie meer vermeerder nie, ons glo dat daar 'n probleem met die "Total views gadget" is en dat dit nie is omdat mense nie die blog kan bereik nie.



Wees geseend in Jesus en bid ook asb vir my bediening dat die Heilige Gees my altyd uit die pad sal neem en Hyself deur my sal skryf, en bid asb dat ons hierdie probleem spoedig sal kan oplos.



Groete en Jesus liefde


Belinda


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...