Tuesday 9 February 2016

Wie is God en waar kom Hy vandaan?

Image result for god


God is ewig, Hy was, is en sal altyd daar wees. God Drie Eenheid was daar voor die aardlegging. God was nog altyd net daar! Hy is nie gebore nie, hy is nie geskep nie, Hy was en is en sal altyd wees! God is nie ‘n mens nie, maar kan die vorm van ‘n mens aanneem.

God is ‘n Gees-wese. Daarom kan God oral wees op dieselfde tyd. Hy is Alomteenwoordig, Hy is nie gebonde aan area of tyd nie.
God is selfonderhoudend! God het niks nodig nie want alles behoort aan God. God is die Eienaar van alles en die Skepper van alles.
God is onveranderbaar, Hy word nie oud nie, is nie in tyd vasgevang nie. God is Perfek.
God is Alwetend, Hy sien alles, weet alles, ons kan niks vir God wegsteek nie.
God is Almagtig! Daar is NIKS wat God nie kan doen nie, Hy het mag oor alles.
God is Heilig, God kan nie sondig nie. God het geen sleg in Hom nie.
God is Liefde. God kan nie liefde gee nie want God IS Liefde.
God is die Skepper. God het alles gemaak.
God is Die Vader, ons Vader!

Ek gaan elkeen van die bogenoemde uitwys op sy eie inskrywing, maar vir hierdie een kyk ons na die Woord om te sien of God Ewig is.

God is ewig!
1Tim 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!

Ps 90: 2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja van ewigheid tot ewigheid is U God!

Jes 43:10-12 Julle is My getuie, spreek die Here, en My kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie.
(11) Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie.
(12)Ek verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie, en julle is My getuies, spreek die Here, en Ek is God.

Gen 21:33 En hy het ‘n tamarisk in Berseba geplant, en daar die Naam van die Here, die ewige God aangeroep.

Ex 3:14-15 En God sê vir Moses "Ek is wat Ek is". Ook sê Hy " So moet jy die kinders van Israel antwoord: " EK IS het my my na julle gestuur". 
(15) (verkort) ... "Dit is My Naam vir Ewig, en dit is My Gedenknaam van geslag tot geslag".

Hoe weet ons dat God daar is behalwe dat die Bybel so sê?

God openbaar Homself aan ons, deur met ons te praat, ons ervaar God deur geloof, deur Sy Woord asook deur Jesus wat God aan ons kom openbaar het, en deur die Heilige Gees.
As ons die konsep van God kan verstaan, gaan dit bepaal hoe jy God gaan sien, gaan jou geloof sterker wees en gaan jy begin om God werklik in jou lewe te ervaar.

Gebed:

God, Vader, maak  my hart oop om U te ontvang en te weet dat daar net Een God is en dat dit U is. Johavah – Ek is!
In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindapaar@gmail.com
Jesus sëen

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...