Tuesday 9 February 2016

God is selfonderhoudend


Image result for All the animals together like in the garden of eden


God het niks nodig nie omdat Hy die Skepper en Eienaar van alles is.

 Ps 50: 9-12 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou kraal nie, want al die wilde diere van die bos is Myne, die vee op die berge by die duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie, want die wêreld is Myne en sy volheid.

Hand 17:25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien, asof Hy aan iets behoefte het nie, Omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Lees ook Ps 139 en sien dat God alles gemaak het en dat alles aan Hom behoort, tot die mens!

God het niks van ons nodig nie, behalwe dat ons Hom moet erken as God, dat ons Sy Seun Jesus moet aanneem as ons Verlosser en Saligmaker, en dat ons moet glo dat die Heilige Gees, Sy Gees is wat Hy vir ons gestuur het.

Al wat God van ons vra is dat ons Sy Skrif op ons harte moet skryf en gehoorsaam moet wees aan Sy Woord en om 'n verhouding met Hom te hê. Net soos 'n aardse vader met sy kind, soveel meer wil God 'n Vader-figuur vir jou wees.

Baie mense sê dit is nie so maklik nie, maar dit is verkeerd, as jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker en jy is Wedergebore is jy 'n nuwe skepsel en sal jy nie wil sondig nie want God se Gees wat binne jou woon gaan jou daaraan herinner dat sonde, sonde is.

Dit gaan nog jou keuse wees of jy gaan wil sondig of nie, maar met Wedergeboorte word jy een met Jesus en skei mens van jou sondige vlees en begin in gees lewe, en hoe meer jy geestelik groei hoe minder wil jy sondig, hoe meer wil jy God behaag en weg beweeg van sonde, hoe meer wil jy streef na heiligmaking. Dan begin jy om 'n verhouding met God te ontwikkel.

Niemand van ons sal ooit sondevry wees nie, en God weet dit, daarom het Hy Jesus gestuur om vir ons 'n Middelaar te word tussen ons en God en wanneer ons opreg vergifnis vra vir ons sonde sal God dit van jou wegneem asof dit nog nooit gebeur het nie.

Gebed:

Dankie Vader dat U my so liefhet dat U, U Enigegebore Seun Jesus vir my laat sterf het, sodat ek vandag kan lewe in oorvloed. Laat U Gees my leer wat reg en verkeerd is.

In Jesus Naam
Amen

Indien iemand geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindapaar@g.mail.com
Jesus sëen




No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...