Sunday 14 February 2016

God is Heilig!

Image result for god is heilig
Heilig is te goot om te verduidelik of om te verstaan.

Heilig beteken geen boosheid, geen sonde, verstaan nie sonde, verdra nie sonde, volmaak, Allerheiligste, aan ‘n godheid gewy, hoog verhewe, wat eerbied afdwing, wat aan die hoogste eise beantwoord, onbreekbaar, onskendbaar, vereer, vroom, rein, opreg, ernstig, getrou!

As ons na die bogenoemde beskrywende woorde van die woord “Heilig” kyk…kan ons nie anders om God te sien nie! God is Heilige!!

God se heiligheid kan ons menslike intelek nie verstaan nie, daarom kan ons God ook nie sien nie, want Hy is te heilig! Al die kere wat God aan mense verskyn het in die Woord het Hy aan hulle verskyn in die vorm van iets anders soos die brandende bos, waar Hy aan Moses verskyn het, en selfs met die bos kon Moses nie vir die bos kyk nie want dit was te heilig!

As God Heilig is, is dit verkeerd om na Hom te verwys as "jy" en "jou"! God is U...In die Woord verwys Jesus na God as U en God na Jesus as U, sowel as die Engele en die dissipels van Jesus. Wie gee ons as mens dan die reg om na God te verwys as "jy" en "jou?

Hierdie is my persoonlike opinie! 

Vir my is God nie Pappie, Pappa of Daddy nie! Hy is God die Vader, of God my Vader, of God Almagtige Vader, of God onse Vader. En nooit in my lewe kan ek verstaan dat mense na God verwys as "die man daar bo" of "iemand daar bo" of die "groot baas" nie, dit is onsettend hard op my ore wanneer mense so na God verwys.

God is Heilig, Almagtige God! Alhoewel God, God van Liefde is, kan Hy net so kwaad ook raak, ek dink die bogenoemde benamings van God is onrespekvol teenoor God, ek sien dit as "jy beledig God" om so van Hom te praat.

Om Godsvresend te wees beteken om Hom met absolute respek te handteer. Ons kan nie Ons Heilige God na ons vlak bring nie, ek dink dit is 'n klap in Sy gesig....dit is net hoe ek dit sien. As mens God as Heilig wil sien en eerbied, moet ons Hom eerbieding benader.

Jes 6.3 En die een het die ander toegeroep en gesê Heilig, Heilig,Heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol.

Ps 89:36 Een maal het Ek gesweer, by My Heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

1Pet 1:15 & 16 Want soos Hy wat julle geroep het, Heilig is, moet julle ook in julle lewenswandel heilig word (16) omdat daar geskrywe is” Wees heilig, want Ek is Heilig”!

Lev 11: 44 Want Ek is die Here, julle God: Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is Heilig, daarom verontreinig julle self nie deur enige ongedierte war op die aarde kruip nie.

Gebed:

Heilige God van Hemel en aarde, help my om na heiligmaking te strewe, die Heilige Gees is welkom in my lewe om my te rig en te leer hoe om heilig te wees.

Dankie dat ek as sondaar kon sterwe deur my wedergeboorte en dankie dat ek U Gees ontvang het om my te herinner aan onheilighede en onbelyde sonde.

In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com




No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...