Sunday 14 February 2016

God is Liefde


Image result for god is liefde
God kan nie liefde gee nie, want God is Liefde….as ons bid en vra “God gee my U liefde”, vra ons eintlik “God gee Uself vir my”. Hoe mooi is dit nie om dit van God te vra nie? Om Homself vir ons te gee, sodat ons soos Hy kan liefhê!

Daar is baie verse in die Woord wat vir ons vertel dat God liefde is, maar die mooiste en bekendste gedeelte in die Woord wat ons vertel hoe God ‘n God van Liefde is, is in 1 Kor 13.

Kom ons lees saam en sien God se Liefde!



1 KOR 13:1  Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

1 KOR 13:2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

1 KOR 13:3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

1 KOR 13:4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

1 KOR 13:5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

1 KOR 13:6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

1 KOR 13:7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

1 KOR 13:8  Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan.

1 KOR 13:9  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

1 KOR 13:10  Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

1 KOR 13:11  Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.

1 KOR 13:12  Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

1 KOR 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde--hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Gebed:

Dankie Vader, dat U God van Liefde is, leer my om soos U lieftehê, vul my met U sodat ek ook liefde kan verstaan soos U Liefde is!
In Jesus Naam
Amen

Indien jy geestelike hulp of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...