Thursday 22 October 2015

Vader se Liefdesbrief aan JOU!


Image result for person reading a letter

My liefste kind

Jy ken My dalk nie, maar Ek weet alles van jou af (Ps.139:1)
Ek weet wanneer jy sit en wanneer jy opstaan (Ps.139:2)
Ek is bekend met al jou paaie (Ps.139:3)
Selfs die hare op jou kop is getel (Matt.10:29-31)
Want jy is na My beeld gemaak (Gen.1:27)
In My leef, beweeg en is jy (Hand.17:28)
Want jy is My nageslag (Hand.17:28)
Ek het jou geken selfs voordat jy in jou moeder se skoot gevorm was (Jer.1:4-5)
Ek het jou gekies toe Ek die Skepping beplan het (Ef.1:11-12)
Jy was nie ‘n fout nie, want al jou dae is in My boek opgeskryf (Ps.139:15-16)
Ek het die presiese tyd van jou geboorte bepaal en waar jy sou bly (Hand.17:26)
Jy is vreeslik wonderbaarlik gemaak (Ps.139:14)
Ek het jou gevorm en aanmekaar geweef in jou moeder se skoot (Ps.139:13)
Van jou geboorte af help Ek jou (Ps.71:6)
Ek word misverstaan deur dié wat My nie ken nie (Joh. 8:41-44)
Ek is nie op ‘n afstand en kwaad nie, maar Ek is die volmaakte liefde (1 Joh. 4:16)
En dit is My begeerte om My liefde oor jou uit te stort (1 Joh. 3:1)
Net omdat jy My kind is en Ek jou Vader (1 Joh. 3:1)
Ek bied jou baie meer as wat jou aardse vader ooit kan (Matt. 7:11)
Want Ek is die volmaakte Vader (Matt. 5:48)
Elke goeie gawe wat jy ontvang, kom uit My hand (Jak. 1:17)
Want Ek sorg vir jou en voorsien in al jou behoeftes (Matt. 6:31-33)
My plan vir jou toekoms was altyd met hoop gevul (Jer. 29:11)
Want Ek het jou nog altyd liefgehad (Jer. 31:3)
My gedagtes is wonderlik oor jou - meer as wat daar sand is (Ps. 139:17-18)
Ek jubel en juig oor jou (Sefanja 3:17)
Ek sal nooit ophou om aan jou goed te doen nie (Jer. 32:40)
Want jy is My kosbare eiendom (Eks. 19:5)
Met alles wat Ek is, begeer Ek om jou te vestig (Jer. 32:41)
Ek wil groot en ondeurgrondelike dinge aan jou openbaar (Jer. 33:3)
As jy met jou hele hart na My soek, sal jy My vind (Deut. 4:29)
Vind jou vreugde in My, dan sal Ek jou gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4)
Want dit is Ek wat daardie begeertes in jou hart lê (Fil. 2:13)
Ek is in staat om oneindig meer te doen as wat jy ooit kan bid of dink (Ef. 3:20)
Want Ek is jou grootste bemoediger (2 Tess. 2:16-17)
Ek is jou Vader wat jou in elke moeilikheid help (2 Kor. 1:3-4)
As jy hartseer is, is Ek naby jou (Ps. 34:19)
Soos ‘n herder ‘n lammetjie dra, dra Ek jou teen My bors (Jes. 40:11)
Ek sal eendag elke traan van jou oë afvee (Op. 21:3-40)
Ek sal al die smart en pyn wat jy hier op aarde gehad het, wegneem (Op. 21:3-4)
Ek is jou Vader, en Ek het jou net so lief soos My Seun, Jesus (Joh. 17:23)
Want in Jesus is My liefde vir jou geopenbaar (Joh. 17:26)
Jesus is die ewebeeld van My wese (Heb. 1:3)
Hy het gekom om vir jou te wys dat Ek vir jou is en nie teen jou nie (Rom. 8:31)
En om vir jou te sê dat Ek nie jou sondes tel nie (2 Kor. 5:18-19)
Want Jesus het gesterf sodat Ek en jy versoen kon word (2 Kor. 5:18-19)
Sy dood was die volkome bewys van My liefde vir jou (1 Joh. 4:10)
Ek het Jesus ter wille van jou oorgelewer (Rom. 8:32)
Sal Ek dan nie al die ander dinge, saam met Hom, vir jou gee nie? (Rom. 8:32)
As jy My Seun, Jesus, ontvang, ontvang jy My (1 Joh. 2:23)
En niks sal jou ooit weer van My liefde skei nie (Rom. 8:38-39)
Kom huistoe, ek Ons sal fees vier in die hemel (Luk. 15:7)
Ek was nog altyd jou Vader, en Ek sal altyd Vader bly (Ef. 3:14-15)
My vraag is ..... wil jy My kind wees? (Joh. 1:12-13)
Ek wag vir jou. (Luk. 15:11-32)
Met liefde,

Jou Pappa God en Vader

Geskryf deur Ds Pieter Fourie
Omgee Gemeente
Krugersdorp

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...