Wednesday 14 October 2015

Ken Jesus my gedagtes?


Image result for person thinking


.
Luk 11:17 Maar Hy het hulle gedagtes geken….

Baie mense dink dat Jesus nie weet wat hulle dink nie. Hoeveel keer het iemand al met jou gesit en gesels en jy wil hulle antwoord maar jy bly eder stil en dink by jouself “As jy maar weet wat ek nou dink!!”…Daai persoon weet nie wat jy dink nie maar Jesus doen wel.

Ons moet ons gedagtes rein hou, en ons moet elke dag ons gedagtes na God neem en vergifnis vra vir dit wat ons gedink het, sodat ons kan leer om rein gedagtes te hĂȘ. Hoe meer ons dit doen hoe makliker sal dit vir ons word om ons gedagtegang en sieninge oor mense te verander.

Die Woord leer ons dat God se gedagtes nie ons gedagtes is nie, maar ons gedagtes is wel bekend aan God. Wees versigtig wat in jou gedagtes omgaan, jou gedagtes is ook sonde, al dink jy niemand weet wat jy dink nie, ons kan God nie bedrieg nie, Hy weet alles van ons af, Hy ken ons geheime, ons weggesteekte gedagtes, ons motiewe en ons planne. God vestaan ook dat ons soms sukkel om ons gedagtes rein te hou, daarom is dit beter om eerlik ons gedagtes met Hom te deel elke dag, dit sal help dat ons geestelike lewe skoon en rein is en aanhou om te groei.

Deel jou gedagtes met God elke dag.

Jesus groete






No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...