Tuesday 27 October 2015

Wat is die vuur van die Helige Gees?

Image result for fire of the holy spirit images

Toe  Jesus die heerlikheidsposisie aan  die regterhand van die Vader ingeneem het, het Hy die belofte van die doping met die Helige Gees vervul.  Hierdie doop het plaas gevind met die uitstorting van die vuurvlamme vanuit die hemel.

Hand 2:3&4 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hule gaan sit (4) En hulle is almal vervul met de Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Die Heilige Gees het in die gestalte van vuur op die gelowiges neergekom en hulle lewens aan die brand gesteek. Hierna was in hulle lewens totaal nuut en het hulle lewens heeltemal verander.
Almal kon die verandering wat bewerk is, sien. In die Bybel lees ons dat 3000 mense op daardie dag tot bekering gekom het. Hulle lewens het so ingrypend verander dat hulle ‘n kragdadige invloed op die mense om hulle gehad het.

Wanneer die Helige Gees mens se lewe aan die brand steek, kom daar ‘n vurvlam in jou hart. Hierdie vlam suiwer en louter nie net jou lewe van sonde nie, maar steek ook die wêreld rondom jou aan die brand. Dit is wat op Pinksterdag gebeur het.
Die vlam van God se Gees het soos ‘n veldbrand oor die wêreld versprei en al wyer en verder uitgekring.

Hand 4:31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
Baie mense het die gawe van taal ontvang, maar baie mense bid nie in taal nie, ek hoor baie keer dat mense se “ek bid nie in my taal nie, want ek verstaan nie wat ek bid nie” Dit is die taal van God, dit is wanneer jou gees met die Gees van God direk inverbinding is met God.
Dit is so belangrik dat ons nie ons taal “weggooi” omdat ons nie verstaan wat ons bid nie. En die Woord se sommige sal uitlê.…dit beteken wanneer jy eendag in die kerk of vir iemand bid wat die taal van uitleg het sal hulle verstaan. Dit gebeur tot stigting van die kerk. Maar intussen is dit gees tot Gees wat bid en al verstaan jy nie wat jy bid nie, die Heilige Gees tree dan in namens jou en bid tot God.

Die doel  van die Heilige Gees is om ons met vuur te doop dat ons oos ‘n stralende lig in die donker wêreld sal skyn.
Die Heilige Gees is ook daar om ons te leer en opdragte te gee aan ons, self aan Jesus het het die Heilige Gees gesê wat om te doen (Hand 1:2)

Hand 1:5,7&8 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word,  nie lank na hierdie dae nie.
(7) En Hy antwoord hulle: “Die kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur Sy eie mag bepaal het nie, (8) maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uitserste van die aarde.

Ons doel op aarde is om te strewe na heiligmaking, om op die kragte van die Heilige Gees die wêreld vir die God aan die brand te steek, om elke mens te help tot bekering kom sodat die Heilige Gees se vlam ook in hul harte kan brand. Ons is geroep vir die aarde, vir God se werk, as dissipels van Jesus.

Daar is nog baie wat ons kan noem en verduidelik oor die Heilige Gees werking, maar vir nou wou ek net verduidelik het wat is die “vuur van die Heilige Gees.


Seen groete

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...