Wednesday 14 October 2015

Het jy ‘n vriend in Jesus?


Image result for close friends

Joh 15:15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet was sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van My Vader gehoor het aan julle bekend gemaak het.

Vriendskappe is die wonderlikste deel van mens se lewe. ‘n Ware vriendskap is baie moeilik om te vind, maar wanneer mens daai vriendskap gevind het, is dit iets wat mens oppas, iets wat mens met respek hanteer en koester. Mens sit baie tyd in ‘n vriendskap en mis jou vriend/in amper die heeltyd, jy wil soveel moontlik tyd spandeer saam met jou ware vriend/in.  As iets gebeur wil jy so gou as moontlik jou vriend/in vertel daarvan…’n verhouding van respek en vertroue bou op tussen julle, jy deel jou diepste geheime met jou vriend/in want daar is ‘n wedersydse liefde en band tussen julle.

In die vers hierbo sê Jesus aan Sy dissipels dat Hy hulle vriende noem, en nie meer diensknegte nie, want sou hulle diensknegte bly was Jesus niks anders as hulle baas nie, en hulle slawe nie. Dan verduidelik Jesus vir hulle verder, dat Hy wil hê hulle moet vir Hom vrugte dra, Hy het alles met hulle gedeel wat die Vader met Hom gedeel het. Hoekom? Sodat hulle ook deel kan hê aan die Vader soos Hy het, sodat hulle alles kan ontvang van die Vader wat hulle Hom vra, in Sy Naam.

Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Wat leer ons hieruit? Dat Jesus met ons ‘n vriendskap wil hê. Bly in ‘n verhouding met Hom van  intieme vertroue. Praat gereeld met Hom. Vertrou Hom. Sê vir Hom hoeveel jy Hom waardeer en hoe lief jy Hom het. Hy wil nie net hê dat ons sy slawe moet wees nie, Hy wil ‘n ware en opregte vriendskap met ons hê, ‘n verhouding, ‘n intieme verhouding, ‘n lewenslange verhouding!

Ons heg groot waarde aan aarde vriendskappe, hoeveel te meer moet ons nie waarde heg aan ons vriendskap met Jesus nie.

Joh 16:17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

Jesus Vrede

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...