Wednesday 14 October 2015

Is jy aan Jesus se kant?


Image result for question mark


Maak ‘n keuse vandag!


Luk 11:23 Hy wat nie met my is nie, is teen My, en hy wat nie saam My versamel nie, verstrooi.

Dit is nie moontlik om neutral te staan as dit by die Koningkryk van God kom nie. Ons moet die keuse maak, of ons is met Jesus of ons is teen Hom. Ons is of geestelik dood, of geestelik lewend.

Jesus nooi ons om aan Sy kant te wees, maar ons moet die keuse maak of ons Jesus gaan volg of nie. As ons besluit om aan Sy kant te wees moet ons Hom ondersteun in Sy Koningkryk, en moet ons luister na wat Hy ons leer.

As ons nie aan Sy kant is nie, is ons nie herders en dissipels nie, dan versamel ons nie vir Sy Koningkryk nie maar verstrooi ons.

Dan is daar nog ‘n Goddelike voordeel ook hierby betrokke as ons vir God is…Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge se? As God vir ons is, wie kan teen ons wees? Wie wil nie God aan sy kant hĂȘ nie?.

Laat ons bietjie gaan sit en dink oor ons motiewe en ons aksies voor God. Laat die keuse wat ons maak vir God wys dat ons aan Sy kant is. Hoe hartseer sal dit wees die dag as ons voor God staan en ons besef die keuses wat ons in die lewe gemaak het was eintlik teen Sy Koningkryk in plaas van vir Sy Koningkryk.

1Thes5:21 Beproef alle dinge en behou die goeie.

Jesus groete.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...