Sunday 1 July 2012

Saambly! Reg of Verkeerd? Wat se die Bybel?

Logo of the Family Research Council.
Logo of the Family Research Council. (Photo credit: Wikipedia)




Baie mense probeer dit regverdig deur te se dat hulle ‘n “toets-huwelik” wil he om ‘n egskeiding te vermy. Statistieke bewys dat mense wat eers saambly en dan trou, eder skei as mense wat nie saamgebly het voor die huwelik nie.

Ander se ‘n huweliksertifikaat is net ‘n stukkie papier, en papier gaan hulle nie gelukkiger of ongelukkiger maak nie, party gaan tot so ver om te se dat hulle seks-lewe beter is omdat hulle nie getroud is nie “huwelik sit ‘n demper of seks”.

Statistieke bewys ook dat vroue en kindermishandeling 20% hoer is by mense wat saambly as getroude pare. Verder, dat kinders wat in ‘n huis groot geword het waar die ouers saamwoon, ‘n 90% kans staan om ook saam te bly, eder as te trou. Nog meer skokkend is dat die swangerskap syfer onder kinders wat uit ‘n saambly-huis kom 82% is!  Grootste rede vir dit is omdat hierdie kinders leer dat buite-huwelik-seks reg is.

Om terug te keer na die “beter” seks in saambly. Kyk wat se statistieke!

Family Research Council reported a study showing that people who strongly believe in restricting the sexual relationship to marriage end up nearly twice as likely to view their sexual relations to be satisfying as do those don't oppose sexual relations outside of marriage [72% compared to 41% - Family Policy, 2/1994].

Net op statistieke bewys dit dan dat dit beter is vir vrouens en kinders om binne ‘n huwelik te wees eder as binne ‘n “saam-bly-huishouding”, maar kom ons kyk wat se die Bybel.

God is die Skepper van seks en die Insteller van die huwelik! Wil jy weet of dit reg is om saam te bly, en of dit sonde is om sonder die “stukkie papier-getroud te wees”, is jou wee hoer as God sin?

Luk 16:15 En Hy het vir hulle gese, Dit is julle wat julleself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte, want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.

Jes 55:9 Want soos die hemel hoer is as die aarde, so is My wee hoer as julle wee, en My gedagtes hoer as julle gedagtes.

Mag ons dit regverdig omdat so baie mense dit doen? Nee! Hand 5:29 Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mens! Lees ook Mat 7:13 en 14, Mat 10:34,37 Luk 14:26. Mens kan dit probeer regverdig soos jy wil, volgens die Bybel is dit verkeerd. God waarsku ons oor en oor in Sy Woord dat ons wysheid en ons wil, nie Sy wysheid en wil is nie. Spr 14:12 Jer 10:23, Jes 55:8,9, 2 Kor 10:12,18 Luk 16:15,18.

Ons moet bereid wees om op te offer vir God, om ons begeertes te los, en God sin aan te neem. Jesus se Mat 16:24 Toe se Jesus vir Sy dissipels “As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloen en sy kruis opneem en My volg” Rom 12:2 “En word nie aan hierdie wereld deelvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (gedagtes), sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevalle en volmaakte wil van God is”

In hierdie bogenoemde versie le daar soveel krag! Wie van ons soek nie die goeie, welgevalle en volmaakte wil van God in ons lewens nie? Ons mag dink saambly is my wil en keuse, en dit maak my gelukkig, maar wat kan mens meer gelukkig maak as God se volmaakte, goeie en welgevalle wil? In vers 1 lees ons dat as ons God se ontferming wil he, moet ons, ons liggame stel as ‘n lewende, heilige en welgevalle offer aan God, as God die insteller is van seks binne die huwelik, is jou liggaam dan ‘n heilige offer vir God?

God het die hemel en aarde geskape, met alles wat daarin in, Hy het jou lewe gemaak en jou asem gegee, jou liggaam en lewe behoort aan Hom, God het niks van jou nodig nie, jy het Hom nodig, (Hand 17:24) daarom is dit belangrik vir jou om Hom te gehoorsaam sodat Hy vir jou kan gee meer as wat jy nodig het. Omdat jy aan Hom behoort en Hy jou liewer het as wat jou verstand kan verstaan, wil Hy Sy welgevalle en goeie en volmaakte wil in jou lewe sien, maar ons moet hou by Sy Woord. 2Tim 3:16&17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Sien ook Seks buite die Huwelik.
Jesus Groete
Belinda

Indien u geestelike berading of gebed nodig het, kontak my by belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...