Sunday 1 July 2012

Seks buite die huwelik. Wat se die Bybel? Deel 2

creation of man
creation of man (Photo credit: Wikipedia)



Gen 2:24, God maak die instelling dat julle een in vlees sal wees. God praat hier van Adam en Eva, mense argumenteer dat hulle nie getroud was nie, maar God stel dit duidelik met die maak van Eva, dat die man sy familie sal verlaat en sy vrou sal aankleef, en hulle sal en in vlees wees, veder se Hy hulle was abei naak maar het hulle nie geskaam nie! God sou nie toelaat dat hulle naak rondloop, sonder om skaam te wees as hulle nie getroud was nie! Nog minder sal God verder in die Woord vir ons leer dat seks buite die huwelik verkeerd is, as Hy toegelaat het dat Adam en Eva kinders gehad het sonder om getroud te wees nie! Hulle was man en vrou, in die huwelik bevestig deur God Homself!

Verder se die Woord dat God vir Adam ‘n maat gemaak het en haar mannin genoem het want sy was uit die man gemaak en sy sal hom aankleef, en hulle sal voorplant en die aarde vul. Dit se nie dat God vir Adam ‘n hoer gemaak het nie. Die Bybel verwys na hoere as iemand wat buite die huwelik seks het! Nie as iemand wat geld vra vir seks nie, in so geval praat die Woord van die prostitute. Let ook daarna op dat nie net vrouens as hoereerders geklassifiseer word nie, maar ook mans. Almal wat buite huwelik seks het word geklassifiseer as hoereerders!

1 Kor 6:16-18 Of weet julle dan nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie, want die twee se Hy, sal een vlees wees! Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam, maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam, of weet julle nie dat julle liggaam ‘n temple van God is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

1 Kor 7:3 – 5 Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys en net so ook die vrou aan die man, die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man, en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy, en kom weer bymekaar, sodat die satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

Uit hierdie verse sien ons dat God se dat seks in die huwelik goed is, dat dit gereeld moet wees, dat julle mag het oor mekaar se liggame en nie oor julle eie nie, en dat dit gesond moet wees sodat satan julle nie verlei nie. My punt is dat God seks seen in die huwelik, dat dit Sy goedkeuring wegdra, dat Hy opdrag gee om mekaar te geniet, te vervul en dat dit gereeld moet gebeur sodat die duiwel nie mag kan kry oor die liggaam se begeertes nie. Maar let ook op dat die vers daarop wys dat die gemeenskap tussen die man en sy eie vrou is, nie buite die huwelik nie, ander sou dit nie die waarskuwing gehad het teen satan wat verlei nie.

Lees ook Hooglied, dit is ‘n hele boek oor skeks en hoe die man en vrou mekaar se liggame mag geniet.

As ons God respekteer, en as ons Hom aanhang moet ons by Sy Woord hou, en as jy so lief is vir iemand dat jy een wil wees met die persoon, trou met mekaar. God seen huwelike, en skei word net ‘n opsie in ‘n huwelik as jy dit ‘n opsie maak. Ek en my man was vir 4jaar wettiglik geskei van mekaar, want ons het egskeiding ‘n opsie gemaak in ons huwelik, deur God se genade is ons weer vandag getroud (met mekaar).
Tydens ons huwelik het ons gedink ons was ongelukkig, tydens ons egskeiding het ons besef hoe gelukkig ons getroud was, nou in ons huwelik maak ons skei nie ‘n opsie nie, en die geluk wat ons nou binne ons huwelik beleef is niks anders as God’s vrede en salig nie. Satan verwoes huwelike, ons het toegelaat dat hy ons huwelik beet kry, ons het vergeet om na God te luister, om by Sy Woord te hou, ons het eie-wil oorhand gegee, en ons albei het gesien wat dit beteken om “rock-bottom” te slaan op die gebied van ongelukkigheid!
Vandag kan ons God net dank vir genade en vir Jesus wat aan die Kruis gesterf het vir ons sonde, maar meer as dit om die welgevalle, goeie en volmaakte wil van God in ons huwelik te kan beleef!

Nog verse oor seks en huwelik vir verdere studie.

Esek. 23; Jer. 3; Spr. 5:15-20; 6:29,32; 7:18-20; Esek. 16:32; 1 Kor. 5:9,10, Mal 2:14-16

Gebed:

God my vader, vergewe my, my sonde teen my eie vlees, ek sny, breek en ontbind myself van elke persoon (noem die naam/name as jy wil) met wie ek gemeenskap gehad het, en met wie ek een in gees en vlees verbind is. In Jesus se Heilige Naam, Amen.

(Onthou ook dat die Woord se dat as jy met wellus na ‘n vrou gekyk het, is dit asof jy die daad gedoen het, so vra vergifnis vir dit ook) Mat 5:28 Maar ek se vir julle elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. En volgende keer wanneer jy ‘n half kaal vrou sien, se gou ‘n gebed vir haar dat God haar sal help om reg aan te trek, want sy veroorsaak dat man sondig en nie die Koningkryk van God erf nie.

Tit 2:5  Vroue moet ingetoe  wees, kuis, huislik, goed, aan hulle eie mans onderdanig, sodat die Woord van God nie belaster raak nie!

Jesus groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

3 comments:

  1. Soos altyd, baie treffend en waar.

    ReplyDelete
  2. Belinda, dankie vir die "waarheid" ons is so geneig om ons eie ding te wil doen, en te vergeet wat die Woord ons beveel om te doen, ons sal baie meer geluk in ons lewens vind as ons net bietjie terug keer na die waarheid en die riglyne van God.

    Dankie vir jou blog, jy doen dit met soveel liefde sonder om mens skuldig te laat voel of om op mense se tone te trap, jy se dit soos dit is, maar ek weet jy leer ons op sagte manier soos Jesus dit gedoen het.

    Wees geseënd in alles wat jy nog aanpak in jou toekoms.

    Groete
    Julie

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...