Sunday 29 July 2012

Gebed vir as jy voel jy bid en niks gebeur nie





Soms voel dit of ons gebede nie verhoor word nie, asof ons teen die plafon vas bid. Omdat ons sondige vlees is, mag satan ons seeninge steel en vashou en kan dit gebeur dat ons nie ontvang wat ons vra nie, om hierdie gebede te “bevry” van die vyandskamp, doen die volgende gebed nadat jy vergifnis gevra het vir jou eie sonde.

Gebed word gebasseer op die volgende 2 Bybel verse.

Ps 103:20 Loof die Here Sy engele, kragtige helde wat Sy Woord volbring in gehoorsaamheid aan die stem van Sy Woord

Heb 2:14 Aangesien die kinders van vlees en bloed deelagtig is, het Hy (Jesus) dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, (Jesus het aarde toe gekom in mens vorm – vlees en bloed) sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het- dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Gebed:

“O God, stuur U kragtige engele na die land van die lewende en die dooies om al my gesteelde seeninge vry te maak in die Naam van Jesus, ek vra……..” vra dan wat jy wil he in die Naam van Jesus want Jesus se “ Alles wat julle die Vader vra in My Naam, dit sal julle gegee word”

As die gebed regtig dringend is, vas en herhaal die gebed totdat die antwoord kom.

Jesus seen.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...