Sunday 1 July 2012

Seks buite die huwelik. Wat se die Bybel? Deel 1

The Transfiguration Lodovico Carracci 1594
The Transfiguration Lodovico Carracci 1594 (Photo credit: Wikipedia)


Wanneer mag ons seks he, volgens die Bybel?

Net wanneer jy met die persoon getroud is! Hoekom? Omdat God seks as ‘n heilige instelling en verbond gemaak het vir die huwelik. Omdat julle deur gemeenskap een word in siel, gees en liggaam, omdat daar gee verbond hoer gestel kan word as ‘n bloedverbond nie, en seks tussen 2 mense is ‘n bloedverbond van God! Net soos Jesus se Bloed vir ons die Heilige belofte is dat ons gered is, net so is die breek van die maagd-vlies ook ‘n heilige verbond tussen man en vrou aan mekaar.

God het nie foute gemaak toe Hy die mens geskape het nie, die maagdvlies was nie “per ongeluk” daar gesit nie, dit het ‘n heilige doel, ‘n rede! Dit het ‘n verbond! Dit is geseel met bloed!

Die volgende verse gaan oor seks buite die huwelik, ek noem dit omdat die Woord dit noem, nie om enige iemand aan te val, of sleg te se nie. Onthou dat hierdie ‘n inligtingsblad is, Om jou te leer en te help, nooit om te oordeel nie.

1 Kor 6:9&10 Of weet julle nie dat die onregverdiges die Koningkryk van God nie sal beerwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellusteling of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die Koningkryk van God beerwe nie.

Luk 7:20-23 Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein, want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, afguns, lastering,losbandigheid,hoogmoed,dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Efes 5 (verkort) Maar hoerdery en allerhande onreinheid moet selfs nie onder julle genoem word nie, soos dit heiliges betaam, ook nie lawwe praatjies nie, want geen hoereerder of onreine het ‘n erfdeel in die Koningkryk nie. Laat niemand julle verlei met ydel woorde nie, daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.

Ons hoor so baie in die kerke en tussen Christene dat God ‘n God van Liefde is, en dat ons nie op die aarde gestraf word nie, maar eers wanneer oordeelsdag kom. Maar kyk wat se die versie hierbo. Daardeur die toorn (kwaad word) van God oor die kinders van ongehoorsaamheid. Hoe moet God ons leer, tug en teregwys, selfs oplei of op ons kniee dwing as Hy ons nie op die aarde straf nie? God is n God van Liefde, maar Hy word ook kwaad vir ons!

Seks buite die huwelik word nie een keer, maar ‘n aantal kere in die Woord genoem, en saam met dit word daar by gese dat hierdie sonde jou nie hemel toe sal laat gaan nie. Lees ook Open 21:8, 22:14 & 15, Ex 20:14 Gal 5:19-21 Kol 3:5-10 Heb 13:4 Spr 5:1-23 6:23, 7:27 1 Tim 1:9-11 1 Tes 4:3-8

God verbied hoerdery en owerspel. Mense se hoerdery is soos in prostitusie en owerspel is wanneer getroude mense verneek. Maar hierdie stelling is verkeerd. Hoerdery is buite die huwelik en owerspel is wanneer een van die twee of albei die partye getroud is maar nie met mekaar nie! Heb 13:4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed ontsmet, want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Alhoewel hierdie vers van die huwelik praat wat eerbaar moet wees, noem hulle ook seks sonde buite die huwelik….egbrekers binne die huwelik en hoereerders buite die eg….ons sien dus dat seks buite die huwelik ook geoordeel sal word.

Deel 2 vervolg.

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...