Sunday 15 July 2012

Drome! Beteken dit iets of kan ons dit net ignoreer? Deel 1

Drome (novel)
Drome (novel) (Photo credit: Wikipedia)



Num 6:12 Toe se Hy: “Hoor tog My woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.”

Daar is 22 Bybel verse in die Bybel waar dit verwys na “in ‘n droom”. God het in die Bybel met baie mense in ‘n droom gepraat, opdragte gegee, oplossings gegee, voorspellings gedoen en waarskuwings gegee. Maar is dit vandag nog so? Praat God nog met ons in ons drome en moet ons oplet na ons drome, iets doen omtrend dit?

Job 33:14- 18 Want God spreek op een, ja op twee maniere, maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mens val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seel op die waarskuwing aan hulle, om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg, sodat Hy sy siel kan red uit die kuil, en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

In die Woord leer ons dat God vir mense die gawe gegee het om drome uit te le.Goeie voorbeelde was Daniel en Jacob. Konings en keisers het “droom-ontleders” gehad om hulle drome uit te le, hoekom ignoreer ons vandag ons drome, of was dit net vir die Bybel tyd bedoel?

Nee glad nie, God verander NOOIT nie, Sy Woord kan nooit leeg terug gaan na Hom toe nie, as dit in die Bybel se tyd so was is dit vandag nog so!  Die Bybel was nie geskryf vir die mense van die Bybel se tyd nie, maar vir almal tot die einde van die tyd!

Die grootste gebeurtenis van die Bybel was voorspel in ‘n droom! Ons as Christene se hele geloof was in ‘n droom uitgele! Die koms van Jesus ons Verlosser!

Mat 1:20&21 Maar terwyl hy dit in gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here, in ‘n droom aan hom en se: “Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”

As Josef sy droom geignoreer het, was Maria gestenig omdat sy swanger geraak het terwyl sy nie getroud was nie.

Die wyse manne was gewaarsku in ‘n droom, (Mat 2:12) om nie terug te gaan na Herodes, en het ‘n ander pad na hulle eie land gevat, Josef was gewaarsku in ‘n droom om met Maria en Jesus te vlug na Egipte (Mat 2:13), later was hy weer in ‘n droom gewaarsku om na Israel te vlug (Mat 2:20) en vir ‘n derde keer! (Mat 2:22) En hy het ‘n Goddelike waarskuwing in ‘n droom ontvang en na die streke van Galilea teruggekeer.

Die grootste geskiedkundige gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom was in ‘n droom voorspel en beskerm! Jesus se hele tyd op aarde was deur drome beskerm of voorspel! Tot by Sy dood!

Mat 27:19 En terwyl hy (Pilatus) op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gese: “Moet tog niks te doen he met die regverdige man nie, want ek het vandag in die droom baie gely om Sy ontwil

In vandag se tyd wil almal so graag he iemand moet ‘n profesie vir hulle bring! Professie in vandag se tyd is soos ‘n “geluks-voorspelling” van die toekoms! Almal wat profeteer bring iets “goeds”vir die toekoms, dit is altyd goeie nuus wat gaan gebeur, niemand waarsku en se moenie iets doen nie, of gaan doen iets om te voorkom dat iets slegs gebeur nie, tog het ons nou gesien dat God vir Joseph 3 keer gewaarsku het in drome, nie gese het dat iets “goeds” gaan gebeur nie, maar3 keer was hy gewaarsku om te vlug vir hulle lewens!!

Vandag Profeteer mense “soek God se aangesig dan gaan jy so geseend wees”! Of God wil vir jou finansies, huwelik, werk, familie sake ens regmaak, al wat jy moet doen is om Sy aangesig te soek” Natuurlik!! Ek kon dit ook vir jou se, want Sy Woord se dit vir my!!! (‘n beker wat oorloop. Ingestopte mandjie wat oorloop, welgevalle en volmaakte wil van God  ens sal oor jou kom) Jesus waarsku ons oor vals profete! Maar tog wil ons almal dit hoor en niemand slaan ag op drome en visies nie!

Nie alle professies is verkeerd nie of vals nie, daar is wel profete wat die ware boodskap vir jou bring en wat vir jou se dat iets “goeds” met jou gaan gebeur, want dit is wat God vir hulle gese het, maar baie mense het ook begin twyfel in God en geloof omdat mense vir hulle “vals” boodskappe gegee het. As jy nie seker is nie, vra die Heilige Gees om dit vir jou te bevestig en jy sal dit weer kry, of dit sal bevestig word in die Woord, of in ‘n kerkdiens of selfs in ‘n droom!

Deel 2 (vervolg)

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...