Sunday 29 July 2012

12 Geheime van Gebed:










  1. Begin deur God te loof en dank, nie omdat jy die gebed verhoor wil he nie, maar omdat jou naam in die boek van die Lewe geskryf is.
  1. Maak seker wat jy God wil vra sal saam met God se Wil stem. Bv, Jy kan nie vra om die lotto te wen nie, want dit is teen God se wil.
  1. Wees spesifiek.
  1. Bid uit die Woord, Gebruik God se beloftes wat Hy in die Bybel gemaak het wat van toepassing is op jou gebed. ( Daar is 7487 beloftes in die Bybel)
  1. Bid met ‘n afwagtende hart en met geloof (Heb 11 gee al die inligting oor geloof). Geloof is om jou hoop op iets te sit wat jy nog nie gesien het nie.
  1. Bid vir een ding op ‘n slag.  Bybel se gee redes hoekom jy dit soek. (Jes 41:21) “Bring julle regsake voor” se die Here, “bring julle bewysgronde aan” se die Koning van Jakob. En Jes 43:26 “Maak My indagtig, laat ons teen mekaar pleit, vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word”
  1. Bid vir ander mense. Bid saam met ander en kry nog beter resultate. Jesus se waar twee of meer mense in My Naam vergader, daar sal Ek teenwoordig wees.
  1. Bid met erns. Bid in oorlogvoering, bid en bedoel dit – Bid 12 uur in die nag vir beste resultate want dan is die poorte van die hemele oop vir gebede.
  1. Vas en bid. (Vas is om ons van vlees te verwyder – dit draai nie God se arm nie – dit gee jou gebed net vlerke) In baie ernstige gevalle vas soos Ester in die Bybel 3 dae en 3 nagte sonder om te eet of te drink – dit bring oorwinning.
  1. Laat God toe om op Sy manier te werk. Wees geduldig en glo, moenie vir God voorskryf hoe om jou gebed te beantwoord nie – laat Hyself besluit hoe Hy jou gaan antwoord.
  1. Bid aanhoudend – moenie ophou totdat jy ‘n antwoord gekry het. Bybel se vra totday jy vreugde ontvang het. Wees geduldig!
  1. Bid met versekering. As jy getwyfel het in jou gebed – bid weer. Paulus se bid tot jou vreugde groot is.
God seen met jou.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...