Saturday 18 August 2012

Wat is my doel op aarde?

Israel 5 009.Jesus Christ Walk of Tears on the...
Israel 5 009.Jesus Christ Walk of Tears on the Via Dolorosa in Jerusalem (Photo credit: Wikipedia)



Net God kan lewe skenk, geen mens is gebore omdat sy ouers ‘n kind wou he nie, elke mens se geboorte is deur God beplan, die dag en datum, asook die ouers. Die spesifieke DNA van twee mense was deur God gebruik sodat Hy iemand uniek kon maak. Vir jou!

Nie elke gemeenskapsdaad bring ‘n baba voort nie. Hoeveel mense in die wereld het op hierdie oomblik gemeenskap, dink jy dat daar bevrugting plaasvind uit elke liewe een van hulle? Nee want God besluit wie word swanger en wie nie, asook wanneer.

Wat se die Woord, hoekom is jy gemaak?

Jer 1:5 “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, en voordat jy uit die liggaam gekom het, het Ek jou geheilig, Ek het jou tot ‘n profeet vir alle nasies gemaak”

Jes 44:21 “Dink aan hierdie woorde O Jakob en Israel! Want jy is My kneg, Ek het jou geformeer, jy is My kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie!”

Wanneer die Woord verwys na Jakob en Israel verwys dit na die gelowiges en uitverkorenes van God.

Uit die twee verse sien ons dus dat God jou geken het, beplan het, geheilig het, en dat jy gebore is vir Sy doel! Het God jou geskape sodat dit kan sleg gaan met jou op aarde? Nee beslis nie! Net sonde staan tussen jou en God se totale beskerming, en al gaan dinge nie altyd goed nie, beteken dit nie dat God jou verlaat het nie. Vir meer inligting oor hoekom dit soms sleg gaan met God se kinders lees vorige blog oor Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense, en hou ook ingedagte dat wanneer jy God dien is jy satan se vyand en sal hy jou nie uitlos nie.

Jy mag dalk dink en voel dat dit nie altyd maklik en moontlik is om “heilig” te lewe soos verwys word in Jer 1:5 nie, en ja jy is reg, maar onthou, God het geweet dat ons sal sondig, dat ons voor die versoeking sal swik en daarom het Hy Jesus vir ons gegee, sodat ons vergifnis kan vra vir ons sonde en kan weet dat ons vergewe is.

Verder se God in Heb 8:10 “Ek sal hulle My wette in die verstand gee, op hule harte sal Ek skrywe, Ek sal hulle God wees, en hulle sal My volk wees”

Ons het dit verniet gekry, al wat ons moet doen is om die geloof te he in wat God hier se, glo dat jy dit kan doen, glo dat jy gebore is vir God en dat Hy jou sal help om by Sy volmaakte plan vir jou lewe te bly. Nie almal van ons moet Pastore wees nie, maar elkeen van ons het ‘n gawe ontvang van God om te wees wie Hy wil he ons moet wees, glo in jouself, ondersoek jouself en vra vir God se wysheid in jou lewe sodat jy kan uitvind wat is jou doel op aarde, wat wil God van jou he?

Ps 8:6&7 “U het hom (mens) net ‘n bietjie minder as ‘n hemel wese (engel) gemaak en hom met asem en eer bekroon (7) U laat hom heers oor die werke van U hande, U het alles aan hom onderwerp”

EK het vroeer gese dat wanneer ons God dien is ons satan se vyand. Die bogenoemde vers antwoord dan jou vraag oor hoekom beskerm God dan nie Sy kinders nie? God het satan aan jou onderwerp! Jy kan hom self uitsorteer, jy het mag oor hom in Jesus se Naam. (sien ook vorige blogs oor mag oor satan)

Rom 14:7&8 Want niemand van ons lewe vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie (8) want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here, of ons dan lewe of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Ten slotte Jes 45:4-8 (verkort) ter wille van Jakob, My kneg en Israel, My uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep,Ek het jou ‘n ere-naam gegee, hoewel jy My nie geken het nie. (5) Ek is die Here, en daar is geen ander nie, buite My is daar geen God nie, Ek omgord jou, hoewel jy my nie geken het nie. (8) Laat dit drup, O hemel, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid, laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid, laat hulle saam uitspruit, Ek, Die Here, het dit geskape.

Jes 55:11 My Woord sal nie leeg na My toe terug kom nie, maar doen wat My behaag en voorspoedsig wees in alles waartoe Ek dit stuur

Hierdie laaste versie bevestig dat alles wat in die Woord geskryf is, waar is, God lieg oor niks nie, en as Die Woord se jy is gemaak vir Hom, dat jy spesiaal is, dat jy geheilig is en dat Hy jou nie sal vergeet nie, dan is dit waar!!

Enhanced by Zemanta

1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...