Monday 29 August 2011

Gebed vir Finansies

Jesus is considered by scholars such as Weber ...Image via Wikipedia










7 REELS:

  1. Betaal jou 10des aan die kerk sodat God die vensters van die hemel kan oopmaak en dit kan reen op jou oes.
  2. Wees vrygewig in jou offers vir die kerk – jou offer trek die wet van gee en ontvang oor jou lewe.
  3. God wil he ons moet sy kerk bou so as jy weet van ‘n bou plan vir ‘n kerk – help hulle.
  4. Bid en seen kerke waar God werk – As jy na die werke van God kyk, sal Hyself na jou kyk.
  5. Breek die vloeke en verbonde van armoede.
  6. Saai en jy sal maai – as jy geld saai sal jy geld maai.
  7. Bid rykdom in jou lewe:

    • Ek staan op uit die stof van armoede deur die krag in die bloed van Jesus.
    • Laat elke geestelike magnetiese krag wat rykdom aantrek en vashou geinstalleer word in my finansies in die naam van Jesus.
    • Ek bevry en onthef al my finansies, van enige invloed, kontrole en houvas in die huis van die goddelose in die Naam van Jesus.
    • O Here laat elke satanistiese gees wat seeninge van my steel verlam word in die Naam van Jesus.
ONTHOU:

Loof God voor jy begin bid en bedank Hom nadat jy die punte gebid het in Jesus Naam. Verklaar God se Woord elke dag oor jou lewe! ”Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe!” God voorsien ‘n” mandjie wat ingeduk ingestop en oorlopens toe vol is” in my lewe!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...