Saturday 3 September 2011

Satanistiese vloeke op sekere items in ons huis - DEEL 1

Ary Scheffer: The Temptation of Christ, 1854Image via Wikipedia



SATANISTIESE VLOEKE OP SEKERE DINGE IN DIE LEWE
WAT ONS AS ONSKULDIG BESKOU

Efes 4:27
Gee aan die duiwel geen plek nie

Waar engelse woorde gebruik is is dit presies aangehaal uit
The Rules and Curses of  the Satanic Occult

ONTHOU JY HOEF NIE IN DIT TE GLO OM DIE VLOEK TE DRA NIE
DIE VLOEK IS OP DIT GESIT OM JOU LEWE ONGEMAKLIK EN
ONGELUKKIG TE MAAK

Onthou daar is vir elke negatiewe emosie en optrede‘n demoon. Demoon van aggressie, selfhaat, opstandigheid, rebellie, depressie, haat, verwoesting, nagmerries, vrees, skreeu, nie luister nie, sleg doen op skool ens. Hierdie demone wag net om ingelaat of toegelaat te word in jou of jou kind se lewe sodat hy kan oorvat en kan beheer. Jesus se “die dief (satan) kom om te roof, te steel en te slag, Ek het gekom sodat jy‘n oorvloedige lewe kan he”

Jak 1:21&22

Daarom doen AFSTAND van ALLE vuilhede en oorvloed van boosheid
En ontvang met sagmoedigheid die ingeplante WOORD
Wat instaat is om julle siele te red.
En word DADERS van die Woord
En nie net HOORDERS wat hulself BEDRIEG nie.

Ex 20: 2&3
GOD SE
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die
Slawehuis, uitgelei het.
JY MAG GEEN ANDER GODE VOOR MY AANGESIG HE NIE
  
Let op HE nie, so jy mag dit nie in jou midde HE nie. Dit se nie daarin glo nie, die Bybel se jy mag dit nie HE nie, of jy daarin glo of nie!!

Jos 24:21-24
Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is,
En neig julle hart tot die Here, die God van Israel!

Is die Bybel net geskryf vir mense van die Bybel se tyd of tel dit vandag nog vir ons?

Ps 102:28
Maar U bly dieselfde, en U jare het geen einde nie.

Mal 3:16
Want Ek, die Here het nie verander nie.

Heb 13:8
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde tot in
EWIGHEID

Volgende blog gee die items wat vervloek is deur satan en satanistiese aanbidders.

ONTHOU:
Die die item self kan nie 'n vloek dra nie, die geestes wêreld sien die goed in jou huis of op jou liggaam en hulle assosieer dit met satan en dit is wat hulle 'n wettige plek in jou lewe gee. Hulle sien dat jy items van satan in jou midde het, en dit verwelkom hulle.

GEBED:

Vader, laat U Gees ons lei in waarheid, dat ons nie onkundig deur die lewe gaan en teen U sondig en die vyand 'n wettige plek in ons lewens gee nie. 
In Jesus Naam 
Amen.

Indien u geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...