Friday 12 August 2011

Deur die wonde van Jesus is jy genees!

c. 1632Image via Wikipedia

GOD SE BELOFTES VIR JOU GENEESING
JES 55:11
MY WOORD SAL NIE LEEG NA MY TOE TERUG KOM NIE, MAAR
DOEN WAT MY BEHAAG EN VOORSPOEDIG WEES IN ALLES WAARTOE
EK DIT STUUR!

Dit was vir my ‘n voorreg om saam met jou te kan bid vir jou geneesing, sodat ons nou saam op God kan vertrou dat jou geneesing plaasgevind het. Jak 1:9 se die gebed van ‘n regverdige het baie krag, en Jesus se waar twee of meer mense in My Naam vergader, daar sal Ek teenwoordig wees. Paulus se, gee aan die duiwel geen ingang nie. Moenie twyfel nie, in tye van swakheid, versterk jouself met jou swaard (God se Woord) en lees en onthou die volgende beloftes in die Bybel! Kontak my gerus as jy hulp nodig het, en stuur asseblief getuienis oor jou vordering en geneesing.

Ex 15:26
Ek is die Here wat jou gesond maak!

1 Pet 2:24
Deur die wonde van Jesus is ek genees!

Mat 8:17
Jesus het jou krankhede op Hom geneem en jou gesond gemaak!

Gal 3:13-14
Jesus het jou losgekoop van die vloek van siekte!

Ps 91:1-10
Geen onheil kan my tref nie en geen plaag mag naby my liggaam kom nie!

Ps 34:8
Ek is veilig en beskut, want die Engele van die Here trek ‘n laer om my!

1 Pet 2:24
Hy wat self ons sondes in sy liggaam op die houtkruis gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe, deur wie se wonde julle genees is.

Ps 107:20
Hy het Sy Woord (Jesus) uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.

Ps 103:3
Wat al jou ongeregtighede vergewe, wat al jou krankhede genees!

DANKIE GOD, ALLE EER KOM U TOE
Belinda
Christelike Berader
078-833-8915
Enhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Ai ..... Ekt dit nou regtig geniet.

    Dankie вєℓιη∂α

    Vrede vir jou in ĴĔŚÚŚ ČĤŔĨŚŤÚŚ ŃÁÁM!!!

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...