Monday, 1 August 2016

Wie het jy meer lief? Stief, aangenome of eie kind?


Image result for happy family


Ons leef in ‘n tydperk waar amper almal stiefkinders het weens ons hoë egskeidingsyfer. Ek kry baie te doen met mense en kinders wat stiefouers haat en sukkel met vergifnis.
In baie gevalle het die stiefouers ‘n groot aandeel in die mense se haatgevoelens omdat hulle die mense nie reg behandel het nie, eie kinders voorgetrek het, of selfs die kinders of mense gemolisteer of mishandel het as kinders.

Maar daar is ook gevalle waar die stiefouers regtig nie die oorsaak is van die haatgevoelens nie. Daar is stiefouers wat alles in hulle vermoeëns doen om die stiefkinders te nader maar die kinders stoot hulle weg, weens gevoelens dat dit die stiefouer is wat ‘n huwelik laat verbrokkel het, of wat voorkom het dat die ouers weer by mekaar uitkom.

Daar is mense wat kinders aanneem en lief is vir hulle asof hulle uit hulself gebore is. Ek weet van paar gevalle waar aangenome kinders ‘n onsettende goeie verhouding en baie baie groot waardering en liefde het vir hul aanneem ouers.

Die vraag vandag is, mag ons ‘n stief of aangenome kind minder liefhê as ‘n eie kind? Nee! As God ‘n God van Liefde is, en ons gebore is in die beeld (geestesbeeld) van God is dit vir ons onmoontlik om een kind liewer te hê as ‘n ander! Want God het ons almal wat,ook aangenome kinders, van Hom is, net so lief soos Hy Sy eie Seun Jesus liefhet.

Terwyl Jesus op die aarde was, was Hy ook ‘n stiefkind kind. Hy was nie Josef se kind nie! Het Josef Jesus anders behandel as sy ander kinders? Het Jesus gevoel hy haat vir Josef omdat hy sy stiefpa was? Beslis nie! Jesus was gehoorsaam aan Sy aardse stiefpa, Jesus en Josef is ‘n perfekte voorbeeld van hoe stief ouers en kinders met mekaar moet wees.

Ek dink dit het tyd geword dat ons die stigma van “stief – en aangenome kinders” moet begin vernietig! God is ‘n God van Liefde wat ons toegerus het met Sy liefde. Begin bietjie na jou stief, aangenome kind(ers) en ouers kyk deur God se oë. Verwag God nie van ons om mekaar lief te hê nie. God sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Of dit nou ‘n stief ouer of kind is of aangenome kind is, jou opdrag is om lief te hê!
Respekteer mekaar! Onthou respek is nie iets wat ons kan afdwing op mekaar nie, respek is iets wat jy moet verdien. In Engels klink dit net beter….”if you want to be respected…be respectable!”

Gebed:

Vader, ek dra vandag elke aangenome en stief kind aan U op in gebed en vra dat U die ouers en die kinders se harte en gesindheid teenoor mekaar sal verander en dat U hulle sal seen met U liefde vir mekaar, ek dank U Vader vir elke ouer wat probeer om ‘n stiefkind by te staan en deel te maak van die familie, en vra dat U ook elke kind se hart sal oopmaak om te kan sien dat hulle ook hul stiefouer(s) kan liefhê omdat U ons eerste liefgehad het.  In Jesus Naam
Amen

As iemand gebed of geestelike hulp benodig kontak my belindapaar@gmail.com


Is vigs ‘n straf van God?




Baie mense glo dat vigs ‘n straf is wat God oor mense uitgespreek het omdat hulle losbandige leef  of homoseksuele verhouding het.  Kan dit waar wees?

Rom 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood, die genade wat God gee, is die ewige lewe in Christus ons Here.

Ons sien uit die boonste versie dat die dood die loon is van sonde, maar wat van babatjies wat met vigs gebore word? Het hulle ook reeds gesondig en het God dan die dood oor hulle ook uitgespreek? Of is dit die ouers of die ongehude moeder se straf omdat sy losbandig was?

As God ‘n God van Liefde is, hoe kan Hy ‘n babatjie wat nog nie eens gebore is nie, straf vir ‘n sonde wat die ouers gepleeg het? En wat van verkragting? As iemand deur verkragtig vigs kry, is die dood dan ook haar loon?

Kom ons kyk eerstens wat se die Woord aangaande losbandige lewe, homoseksuele verhoudings en die loon van sonde.

Egbreek is wanneer jy getroud is en seks het met iemand anders, hoereerders is mense wat seks het voor die huwelik, prostitute, sodomiete en mense wat na pornografie kyk, asook mense wat homoseksuele seks het.  Mans en vrouens! Selfs al is jy verloof, of bly jy saam, dit is nogsteeds seks buite die huwelik en is nogsteeds hoereerdery in God se oë.

1 PETRUS 2:11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;

1 THIM 1:9  en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, 1:10  hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, 1:11  volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

1 KOR 6:10  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

1 KOR 5:9  Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie, 5:10  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan, 5:11  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 'n broeder bekend, 'n hoereerder is of 'n gierigaard of 'n afgodedienaar of 'n kwaadspreker of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

LIVITI 19:29  Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.

LIVITI 21:9  En as die dogter van 'n priester (elke man van die huis is ‘n priester van die huis, hier word nie verwys na die amp van priester nie) haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

Egbrekers:

HEBREËRS 13:4  Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
MATTHEUS 5:28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

Wanneer oordeel God jou?

Die dag wanneer jy voor Jesus staan nadat jy doodgegaan het, wanner jy jou oë toemaak op die aarde en dit oopmaak voor Jesus! Dan oordeel Jesus jou, en jou oordeel is hemel of hel! Jesus oordeel ons nie op die aarde nie! 
So waarom sê die Woord dan dat die loon van die sonde die dood is, en ons almal weet dat vigs jou dood veroorsaak? Omdat die dood waarna hier verwys word nie net fisiese dood is nie, maar ook emosionele en geestelike doodsheid .

OPENB 21:8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

JOHANNES 10:10  Die dief (satan)kom net om te steel en te slag en te verwoes. (King James sê… to kill) Ek (Jesus) het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

JOHANNES 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

Hier sien ons duidelik dat satan die een is wat dood op aarde veroorsaak, en dat Jesus ons lewe gee! So terug na die baba wat gebore word met vigs, en die verkragte vrou wat die virus optel….Is dit dan God se wil dat hulle moet vigs kry en doodgaan daaraan? Nee beslis nie!  Jesus sê duidelik dat Hy gekom het sodat ons kan lewe! Op aarde sowel as ewige lewe!

Ons is te vinning om te vra “Hoekom het God dit aan my gedoen “? Die antwoord is eenvouding, God het dit nie aan jou gedoen nie, satan het! God beskerm ons ten alle tye as ons Sy kinders is, wanneer ons wegdraai van sonde en Jesus aanneem as ons Verlosser en Saligmaker, sal ons ALTYD beskerm word deur God. As Jesus gekom het sodat ons kan lewe en in oorvloed, beteken dit nie net eendag in die hemel nie, maar ook hier op aarde.

Ons sien duidelik dat satan die mensemoordenaar is, satan het net 3 doele op die aarde, om god te wees,( of om soos God te wees), om skeiding tussen ons en God te bring en om ons dood te maak, of dit deur trauma, emosionele bagasie, geestelik, of siekte is, sy doel is om ons dood te maak, juis omdat hy weet wanneer hy ons seermaak, maak hy God seer!

God het die persoon met vigs net so lief soos enige ander persoon op aarde, of die persoon dit nou gekry het deur losbandigheid, of deur verkragting maak nie saak nie, God het die persoon nogsteeds lief, en al het iemand dit gekry deur losbandigheid, kan die persoon nogsteeds versoen met God, deur Jesus en vergifnis ontvang, en as jy Jesus nog nie ontmoet het nie, is hierdie juk dalk ‘’n goeie rede waarom jy juis jou lewe vir Jesus moet gee want Jesus bly ons Verlosser, en kan jou nie net verlos van jou sonde nie, maar ook van jou sieke. Jesus kan enige siekte genees, Hy is ons  Geneesheer wat ons wil genees omdat Hy gekom het sodat ons oorvloedig kan lewe.

Ons sien dat ons nie seks buite die huwelik mag hê of egbreek binne die huwelik  nie, dus moet ons ook gehoorsaam wees aan God se Woord waar dit by seks kom. Deur gehoorsaamheid sal jy nie die kans vat om die virus op te tel nie. Onthou jou reinheid voor God is vir God baie belangrik.

OPENB 22:14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 22:15  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

2 PETRUS 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

ROMEINE 6:16  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid 6:17  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 6:18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. 6:19  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. 6:20  Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. 6:21  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. 6:22  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Indien jy gebed of  geestelike raad benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

Is vloek en vuilpraat reg?


Image result for Cartoon of person swearing


Ons hoor so baie keer dat Christene vloek en vuil grappe vertel, hoort dit by ‘n kind van God?

Baie mense regverdig dit deur te sê God wil hê ons moet lag en nie suur Christene wees nie, en ek stem saam! ‘n Skoon en onskuldige grap is goed en dit is lekker om te lag, en ja God wil hê ons moet lag en die lewe geniet, maar waar moet mens die streep trek, wanneer is dit nie meer vanpas vir ‘n kind van die Here om deel te hê aan vuiltaal en vuil grappe nie?

Eerstens wanneer jy skuldig voel omdat jy gevloek het, weet jy dat dit verkeerd is. Die Heilige Gees leer ons om na heiligmaking te strewe, so Hy gaan jou bewus maak van jou taalgebruik. Ek vra altyd die vraag? Sal jy so praat terwyl jy in die kerk is? As jy nee sê weet jy mos dat dit nie by ‘n kind van die Here pas nie. Maar kom ons kyk of God se Woord sê of ons mag vuilpraat en vloek.

EFESIËRS 5:3  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;  5:4  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging. 5:9  Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

EFESIËRS 5:10  En beproef wat die Here welbehaaglik is;

KOLOSENSE 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

EFESIËRS 4:29  Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

MATTHEUS 12:34  Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.  12:35  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. 12:36  Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.  12:37  Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

LUKAS 6:43  Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.  6:44  Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie.  6:45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
Net soos ‘n baba woorde leer wat hy/sy herhaalde kere hoor, net so gaan jy vloek aanleer as jy dit herhaalde kere gebruik en hoor. Later word dit soos jou moedertaal en kan jy nie meer praat sonder om te vloek nie.

Om van vloek en vuiltaal ontslae te raak neem tyd maar met wilskrag en gebed kan jy dit oorwin, en hoe minder jy dit doen, hoe minder wil jy dit doen, en begin mens dit meer agterkom wanneer ander mense dit doen…dit val hard op jou ore.

Soos ons sien in die bogenoemde verse, (en dit is maar net ‘n paar wat ek aangehaal het)  is dit  sonde vir ‘n kind van die Here om lelike taalgebruik en vuil grappe te vertel nie, en elke keer wanneer jy dit doen maak jy die Heilige Gees wat binne jou woon seer, so bid en vra vergifnis en vra die Heilige Gees om jou attend te maak elke keer wanneer jy verkeerd praat, en jy sal sommer vinnig  van die gewoonte ontslae raak.

Ons kan God nie met dieselfde mond eer en prys as wat ons vloek, skel en vuilpraat nie.


LUKAS 6:46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Onskuldig a.g.v.logika?


Image result for bybel




In Mei 2015 het die 23 - jarige Dominikaan, Antonio Alfonseca by ‘n bank in Virginia Strand, VSA ingestap en ‘n nota, waarin hy geld eis, aan die kassier oorhandig. Sowat 20 minute na die roof het die polisie Alfonseca opgespoor en in hegtenis geneem.


Tydens ‘n onderhoud met ‘n joernalis in die tronk, het Alfonseca gesê dat hy nie regtig die bank beroof het nie maar slegs vir geld gevra het. “Ek weet nie hoe ek ‘n bankrower kan wees nie want ek het net gevra. Die kassier kon geweier het en dan sou ek loop. Ek beskou dit nie as ‘n roof nie. Volgens die wet kan ek skuldig wees maar volgens my logika is ek nie. Ek voel dat ek onskuldig is as gevolg van logika” het hy gesê.


Die hof het duidelik nie die argument van “onskuldig as gevolg van logika” aanvaar nie en het hom skuldig bevind aan bankroof.


Ons mag die argument amusant en komies vind. Hoeveel keer hoor ons van mense wat dieselfde argument gebruik, ook onsself, om hulle te verontskuldig.

“Wat ek doen is nie so erg as wat hy/sy doen nie!”


“Iemand het my dit laat doen”.


“Dit is my ouers se skuld as gevolg van hoe hulle my groot gemaak het”.


“Die samelewing of televisie of video speletjies het my beïnvloed”.


“Ek was dronk of bedwelmd toe ek dit gedoen het en daarom is ek nie verantwoordelik vir my dade nie”.



“Volgens die wet van God kan ek skuldig weer MAAR EK voel EK is onskuldig.”



GOD het nog nooit rasionalisasie aanvaar nie. HY het dit nie vanaf Adam aanvaar toe hy gesê het dat Eva hom dit laat doen het nie. HY het dit ook nie van Aaron aanvaar toe hy gesê het dat hy die goud in die vuur gegooi en die kalf daaruit gekom het nie. Eksodus 32:21 - 24 “En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ‘n groot sonde oor hulle gebring het? Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is. Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.”


Net so sal GOD dit ook nie van my en jou aanvaar nie. God soek nie veroordeling nie. Wat Hy begeer is rekonsiliasie. HY weet dat die enigste maniers tot rekonsiliasie is as ons alle verskonings en argumente laat vaar en net eerlik sal wees oor ons sonde.


In 1 Johannes 1:8 & 9 is geskrywe: “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”


Nou wat is sonde? Is dit om te drink, rond te slaap, te lieg, te rook, ens. Om te weet wat sonde is moet ons die Bybel lees. 2 Timótheüs 3:16 & 17 sê: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”


Die hele Skrif beteken die HELE Bybel, die Ou en Nuwe Testament.


Sonde is enige dade of woorde of denke wat nie in lyn met God se Woord is nie. Romeine 14:23 “…en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.”


Ongeag van hoe ek VOEL deur MY logika, is ons almal skuldig aan die verbreking van die wet van God, wat op die tafels van ons harte geskryf is. Die gouer wat ons dit erken, die gouer sal rekonsiliasie (versoening) tussen ons en God plaasvind.


“Hemelse Vader. Ek kom vandag voor U in die naam van Jesus Christus. Ek erken vandag dat ek skuldig is en U wet oortree het asook U manier om dinge te doen. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir my keuses en dade en vra U vergifnis.Help my asseblief om die gevolge van my keuses te hanteer volgens U weë en riglyne.Vervul my asseblief opnuut met U Heilige Gees. Ek kies om van vandag af nie meer volgens my of ander se opinies te leef nie maar om op die waarheid van U Woord te staan.Ek bid dit in die naam van Jesus Christus, my Verlosser. AMEN.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming.

Indien iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus belindapaar@gmail.com

Monday, 25 July 2016

Die sleutel tot ons gedagtes


Image result for person thinking



Ek het grootgeword met die siening dat ons gedagtes van een van DRIE plekke af kom, naamlik uit myself uit, van God af, of van satan af. Maar tog is dit nie wat ek in die volgende teksvers lees nie:

2 Kor. 3:5: “Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,…”

Lees gerus mooi wat daar staan, woord vir woord. Daar staan dat ons NIKS AS UIT ONSSELF kan bedink nie. Dit beteken niks anders as dat my gedagtes van NET TWEE plekke af kom, en dit is van God af, of van die satan af. Al wat ek en jy het, is ‘n vrye wilskeuse om die volgende te doen:

2 Kor. 10:5: “…terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM tot die gehoorsaamheid aan Christus,…”

Die oomblik wat ek en jy hierdie waarheid besef, dan sal ons onmiddellik weet wie is in my gedagtes met my besig, die Here of die duiwel? Maar die probleem is, ons het hierdie nooit geweet nie, want Jesus sê in Matt.22:29 dat ons dwaal omdat ons die Skrifte nie ken nie.

En al wat satan doen, is om gedagtes in jou kop te plaas in die EERSTE persoon, bv. “Ek is ‘n mislukking”, of “Ek is nie goed genoeg nie” ens., dan dink jy dit is jou eie gedagtes, en dan begin jy jouself daarvoor verkwalik of baie skuldig te voel... Maar ons eerste teksvers het duidelik gesê dat ons NIKS as uit onsself kan bedink nie. So daardie is NIE my eie gedagtes nie.

Hulle is ook nie van God af nie, want daardie eerste teksvers het ook gesê Hy is die een wat my “bekwaam” maak, so my “bekwame” gedagtes is uit God uit. ‘n “Bekwame” gedagte is bv. “Ek moet opstaan en gaan werk, want my kinders het kos en klere nodig”, of “Ek moet lief wees vir my man en kinders…” ens.

Dan kan dit net een ander persoon wees wat daardie negatiewe gedagtes vir my gegee het, en dit is die duiwel. En wat moet ek met hom doen? Wel eerstens moet ek daardie gedagte/s gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus, en tweedens moet ek:

Jak. 4:7: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”

Hoe doen ek dit? Jesus het nooit die duiwel of enige demoon in Sy gedagtes weggestuur nie, Hy het hulle ALMAL met Sy MOND weggestuur. En dit is presies wat ek en jy ook moet doen. Ons kan nie met die duiwel in ons gedagtes baklei nie. So, wanneer ek so ‘n negatiewe gedagte oor myself kry, moet ek hardop sê: “Here Jesus, ek onderwerp nou my gedagtes aan U, want ek weet dit is nie U wat hierdie gedagtes vir my gegee het nie, en ek weet ook nou dat dit nie ek self is nie. Satan, nou weerstaan ek jou, en hierdie gedagte wat jy in my kop geplaas het, in Jesus Naam, en ek werp dit uit my kop uit!”

En jy hou aan om dit te doen, ELKE KEER wat so ‘n gedagte in jou kop wil posvat, en jy gaan sien hoe jy in oorwinning begin kom oor al daardie verkeerde gedagtes wat na jou toe kom.

(tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys


Monday, 18 July 2016

Wanneer word begeerte sonde?


Image result for begeertes van jou hart


Die Woord leer ons dat ons nie mag begeer nie, so waar lê die streep, deur iets te begeer en baie graag iets te wil hê?

EXODUS 20:17  Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

‘n Begeerte is onversadigbare honder en dors wat nooit genoeg kry nie. Uit die boonste skrif sien ons maar ‘n paar dinge wat ons nie mag begeer nie, maar daar is baie ander dinge ook wat ons nie mag begeer nie, soos byvoorbeeld om iemand anders te  wil wees, iemand se persoonlikheid te wil hê, sy/haar posisie, of prestasies ens.

As jy by jou werk iemand ander se pos begeer, en dit jou doel maak om daardie pos te kry, ten koste van die ander persoon wat die pos beklee, is dit sonde….nie ambusie nie….sonde! Want die Woord leer ons ook dat ons nie mag steel nie, en dat ons, ons naaste moet liefhê. As jy iemand uit sy pos gaan kry, net omdat jy die pos wil beklee, steel jy, en het jy geen naaste liefde in jou nie, ook nie God se liefde nie. Hieroor waarsku die Woord ook.

1 JOH 2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 
1 JOH 2:16  Want alles wat in die wêreld is, die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe, is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 
1 JOH 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Enige iets wat ons begeer wat teen God se Woord is, is sonde, soos om lotto te wen, om ‘n aand uit te kan gaan en moedeloos besope te raak, om iemand anders se vrou /man te begeer, om rykdom na te jaag. Rykdom is nie die sonde nie, geldgierigheid is sonde, God wil hê dat ons almal finansieël geseend moet wees, maar ons moenie geldgierig wees nie.

God se vermaning oor begeerte is ‘n sterk veroordeling, kom ons kyk wat se die Woord.

1 THIM 6:8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 
1 THIM 6:9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 
1 THIM 6:10  Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 
1 THIM 6:11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Ek sien nou die dag die vraag op face book. “If money is the root to all evil, why does the church ask for money?” Kyk wat sê die Woord….nie geld nie….maar geldgierigheid. Wanneer mens geldgierig is gaan jy nie vir die kerk geld wil gee nie, want jy wil alles vir jouself hou.
Om geldgierig te wees is sekerlik een van die lelikste dinge wat mens kan wees, want God is in elk geval die een wat vir jou finansieël voorsien. Alles wat ons het, het ons by God gekry.

JAKOBUS 1:14  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 
JAKOBUS 1:15  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Hierdie is nie net fisiese dood nie maar ook emosionele dood, dit kan ook vriendskappe, familiebande en besigheidsverhoudings dood maak.

LUKAS 12:20  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees? 
LUKAS 12:21  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

 Miskien is dit tyd dat ons na ons lewens kyk en sien is ons begeertes verkeerd? Ons mag graag goed wil hê om ons lewens gerieflik te maak, en God wil dit vir jou gee, bid daaroor, glo en jy sal ontvang, maar maak seker dat dit wat jy WIL hê is in lyn met God se Woord.

PSALMS 37:4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. 

Indien enige een gebed of geestelike berading benodig, kontak my gerus belindapaar@gmail.com

My volk gaan ten gronde


Image result for volk gaan ten gronde


Jes42:18 – 23:  “Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien.  Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?  Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie. Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak. En tog is dit ‘n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ‘n buit geword sonder dat iemand red, ‘n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug! Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?”

Die Here praat al sedert die begin van hierdie jaar met my oor die feit dat Sy kinders nie die volheid besef van wat Jesus (Yeshua) vir ons aan die kruis gedoen het nie, en ook nie besef wat die krag is wat tot ons beskikking is deur die Bloed van die Lam en die Naam van Jesus (Yeshua) nie.

Vader lê dit hierdie week op my hart om vir die mense, uit bogenoemde teks gedeelte, te gaan vertel dat dit tyd is om wakker te word en te besef wie ons is in HOM en wie Hy IN ons is deur Sy Gees! Wat Vader duidelik uitgelig het, is dat Hy soveel kennis vir ons vermeerder het in hierdie tyd waarin ons leef, maar dat Sy kinders só in Godsdiens vasgevang is, dat hulle konstant die kennis verwerp en bloot maar net tevrede is om as gemiddelde Christene onder die aanslae van die Satan te lewe!

Vers 21 van Jesaja 42 stel dit baie duidelik dat dit God behaag om vir ons die onderwysing groot te maak, maar dat nie almal bereid is om dit aan te neem nie. Onmiddelik by die bedink van hierdie deel, kom die Skrif uit Hosea 4: 6 na vore:

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”

Die skrikwekkende deel hier is dat God bereid is om ons kinders te vergeet, omdat ons ons harte verhard!

Die Here het ook baie uitdruklik daarop gewys dat die meerderheid van Sy kinders heeltyd net in “defense mode” opereer, omdat hulle nie weet watter outoriteit hulle het om te kan aanval en Satan te kan teenstaan nie en vir hom te kan sê: “gee terug” nie. Voordat ek hierdie week uitgegaan het om hierdie boodskap te gaan bedien, gee die Here my 'n droom waarin Hy die boodskap bevestig en dit ook prakties voorstel.

Ek droom dat ons êrens in oop veld is by 'n kampeerplek saam met 'n klomp mense en terwyl ek en 'n vriend so aanstap, roep 'n ander man ons en vra dat ons hom moet help om die bus vol mense wat in die grondpad afkom, voor te keer. Terwyl ons nader stap, trek hy solank wit handskoene aan met die lemmetjie groen kleur in die binnekant, soos wat die verkeersmense altyd dra. Hy was ook in gewone klere aangetrek soos die res van ons, maar toe hy sy regterhand in die lig steek om vir die bus te wys hy moet stop, het die bestuurder onmiddelik reageer en gestop!

Toe ek wakker word en die droom bepeins, ervaar ek dat Vader verduidelik dat hierdie persoon 'n gewone mens was soos ek en my vriend, maar dat toe hy die tekens van die gesag (handskoene) aan sy hande sit en sy hand oplig, toe stop die bus....ongeag of hy 'n verkeersman was of nie.

Net só het ons as kinders van God, ook al die gesag van die Koning van die heelal agter ons en moet ons bloot ons gesag opneem en bereid wees om tot aksie oor te gaan!

2 Korinthiërs 10:4,5: “… want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”

Mag die Heilige Gees aan jou openbaar waar jy nog deur die godsdiensgees verhinder word om in die volheid van Christus te opereer!

 (ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)

Saturday, 16 July 2016

Waarom is vas en gebed belangrik?


Image result for vas en gebed 


Vas is nie verpligtend nie, dit is ‘n spontane aksie wat ons doen om nader aan God te wees, ons skakel drank en kos uit vir geestelike doel wat bereik wil word. Vas is ‘n hartsaak nie ‘n daad taak nie. God kyk na jou hart wanneer jy vas. Jy kan nie vas en gebed skei nie. Wanneer jy vas moet jy konstant in gebed wees met God, om jou antwoord te kry, vas is om God se aangesig te soek en is ‘n geloofsaak! Baie belangrik…dit is nie om gewig te verloor nie, as jy dink vas en gewigsverlies gaan saam moet dan eder glad nie vas nie.

Waarom vas?

Om ‘n dieper gehouding met God te hê,
Om God se aangesig te soek,
Om ons geestelik te versterk,
Om antwoord te kry op iets wat ons wil doen of hê,
Om ons nederig te maak,
Om God se doel te bereik vir ons lewe,
Vas gee ons wysheid en krag,
Om God te wys ons is ernstig oor die saak en dat ons Sy Wil en antwoord wil hê oor die saak,
Om die juk te breek en om demoniese magte te kan uitdryf deur ons fokus op Jesus en die Kruis te sit wat ons outoriteit gegee het in Sy Naam en deur Sy Bloed,
Vas en gebed dryf nie duiwel uit nie, ons geloof en Jesus se Naam doen,
Vas kan jou los maak van emosies soos bitterheid, vrees, onvergewingsgesindheid ens,
Vas en gebed kan ‘n land draai, by God is niks onmoontlik nie.
Om ‘n ongeredde familielid te red….in te tree by God om die persoon te red.
Wanneer jy deur ‘n beproewing gaan,
Wanneer jy voel jou geestelike lewe is nie reg nie,
Vir siektes
Intersessie,
Berou oor sonde,

Lys verskeie maniere (metodes )van vas.

Ons vas onder leiding van die Heilige Gees en soos Hy voorskryf, nie tradisie of plig nie.

Normale vas – Geen kos net water
Algehele vas – Geen kos en water
Gedeeltelike vas – los sekere kos bv vleis
John Wesley vas – Net brood en water
Bo natuurlike vas – Moses en Jesus vas 40 dae – gelei deur Heilige Gees
Private vas – Niemand weet jy vas nie
Gemeenskaplike vas – byv kerk of groep mense
Yom Kippur vas – (Joodse vas) 1 dag van sonsopkoms tot son onder.
Daniel vas – 21 dae – net groente
Ester vas – 3 dae – nul tot mond

Mag ek ophou wanneer ek my antwoord of deurbraak gekry het?

Ja as jy besluit het om vir 21 dae te vas en na die 3de dag kry jy jou antwoord kan jy ophou vas. Volg die stem van die Heilige Gees in vas. Vas en gebed maak deure oop. Dit laat die Heilige Gees toe om met jou te kan werk, gee Hom kans om met jou te kan werk. Luister na Sy stem, nie jou eie wil nie. Wees opreg in vas.

Tekverse oor vas:

Dan 6:18 Dan 10:3-13 1 Sam 7:6 2 Sam 1:12 2 Sam 3:35 Ester 4:16 Hand 9:9 Hand 13:12 Hand 17:19 Matt 4:2 Matt 6:16 Matt 17:14

As iemand gebed of geestelike berading benodig kontak my belindapaar@gmail.com

Tuesday, 12 July 2016

Hebsug! Nooit tevrede nie!


Image result for christelike prentjies
"Gee! Gee! Gee!"
In Spreuke 27:20 is geskrywe: “Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van ‘n mens nie versadig nie.”

Een van die Engelse Bybels stel dit as volg: “Death and the grave are never satisfied, and neither are we.” Daar is ook iets in ons wat soos die dood  en die graf is, nie tevrede met dit wat ons het nie en wil altyd meer of beter hê. Wat ‘n ontnugterende gedagte!!

Die Bybel brei verder op hierdie tema uit in Spreuke 30:15-16: “Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! — die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!”

Begeerte of hebsug in ‘n mens se hart is soos een van hierdie dinge - dood, 'n toegesluite moederskoot, ‘n dorre aarde, ‘n verterende vuur, ‘n emmer vol bloedsuiers. Nooit tevrede nie! Wil altyd meer en meer hê en nooit in staat om te kan sê “GENOEG!” nie.

Dit word vertel van ‘n boer wat deur sy begeerte gedryf is om meer en meer grond te hê. Hy het gehoor van grond wat hy goedkoop kon bekom in ‘n sekere gebied. Hy verkoop toe al sy besittings en gronde, onderneem ‘n lang reis na die gebied waar die grond beskikbaar is, onderhandel met die eienaars en bereik ‘n ooreenkoms met hulle. Vir ‘n vasgestelde bedrag geld kon hy al die grond bekom wat hy in een dag om kon loop. 

Hy het die oggend vroeg begin en vêr geloop in ‘n rigting, links gedraai en in die ander rigting geloop. Hy het ook verskeie kere van sy koers afgedraai om goeie stukke grond in te sluit. Teen die tyd dat hy die laaste draai gemaak het, terug na sy beginpunt, het hy besef dat hy te vêr geloop het. Hy het begin hardloop om voor sononder terug by die beginpunt te kon wees. Vinniger en vinniger moes hy hardloop en het struikelend en vallend by die beginpunt aangekom, nét toe die son sak. Daar het hy inmekaar gesak en gesterf. Hy is daar in ‘n gat begrawe – op die groot stuk grond wat hy so begeer het!

Soveel keer, as ons iets só begeer dat ons amper nie daarsonder kan nie, en ons kry dit, besef ons dat dit nie eintlik was wat ek regtig wou hê nie – dit word dan ‘n binding in pleks van ‘n seën.

Bewaak jou hart daarteen om meer en meer te begeer – jy kan miskien net verteer word deur dit wat jy begeer.

Paulus skrywe in Fillipense 4:11 “Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.” Kom ons kyk na ons Verlosser, Jesus Christus. Hy het nooit geklae oor Sy omstandighede, hoe Hy behandel is of Sy behoeftes nie. Dit is geskrywe in 1 Timótheüs 6:6 “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.” 

My liewe vriend en vriendin, kom ons vra die Heilige Gees om ons vergenoeg te maak met dit wat Jesus aan ons gee en om ons in staat te stel om heiligmaking na te jaag in ons lewens en behoeftes.

Cobus van Heerden

Hoekom kies Jesus n donkie en nie n perd nie?

  Al vier die Evangelies vertel ons van die Jesus Christus se triomfantlike intog in Jerusalem, vyf dae voor Sy sterwe aan die Kruis. Matt 2...