Monday 7 September 2015

Huwelikverhaal


Image result for married couple



'n Vrou is deur omstandighede gedwing om te trou met 'n man wat sy nie liefgehad het nie. Hy was 'n streng, veeleisende persoon. Hy het haar gedwing om elke oggend vyfuur op te staan om sy ontbyt te kook en dit presies om sesuur aan hom te bedien. Sy moes hom volgens presiese, geskrewe reëls dien. Hy het haar lewe ongelukkig gemaak. Uiteindelik is hy dood. Na 'n paar jaar trou sy weer.

Hierdie keer trou sy met 'n man wat sy liefhet en oor wie se liefde vir haar, sy versekerd was. Sy was nou 'n gelukkige en ontspanne vrou, sonder vrees en angs in haar man se teenwoordigheid. Op 'n dag maak sy huisskoon en kom af op die lys van streng reëls wat haar vorige man vir haar uitgeskryf het en waarvolgens sy presies moes leef.

Sy lees dit: "Staan vyfuur op. Bedien ontbyt presies om sesuur." Aan en aan lees sy met beklemde hart.

Toe maak sy 'n wonderlike ontdekking en sy lag spontaan. Sy vervul steeds elkeen van daardie reëls in haar nuwe huwelik, maar sy het dit nie agtergekom nie, omdat sy haar nuwe man liefhet.

Glorie Halleuja!

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...