Saturday 12 September 2015

Hoekom hou God geheime?


Image result for i know the plans i have for you


Het jy al ooit gewonder hoekom God ons nie alles van ons toekoms vertel nie?

Hy ken ons toekoms maar vertel ons nie alles wat  in die toekoms gaan gebeur nie, die Woord sê God ken ons toekoms en dit is om voorspoedig te wees.(Jer 29:11)

Net soos 'n besorgde moeder nie vir haar kinders vertel dat sy siek is nie, om hulle van die seer te beskerm, net so beskerm God ons teen dinge wat in die toekoms is, sodat Hy nie ons vrede en blydskap van ons wegneem nie, Die Woord se lewe vir vandag, more sorg vir homself.

Deut 29:29 Die verborge dinge is vir die Here, onse God, maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.

Miskien hou God die toekoms 'n geheim omdat ons nie hou by Sy Woord nie, hoekom moet God jou iets van jou toekoms vertel, as jy nie gedoen het wat Hy in die verlede vir jou gesê het nie?

Daar is geheime wat God hou wat ons nooit sal verstaan nie, omdat ons nie die gedagtes van die Here ken nie.

Jes 55:8&9 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die Here (9)Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.

Hierdie verse vertel ons twee dinge, eerstens dat ons nie weet hoe God se gedagtes is nie, en tweedens dat ons nie weet hoe Hy dink nie, want Hy ding hoër as ons gedagtes.

Daar is tog dinge wat God met ons deel, en Sy Woord sê ook dat Hy dinge aan ons bekend sal maak, maar daar is 'n vereiste aan verbonde, kyk wat sê die Woord.

Ps 25:14 Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en Sy verbond om hulle dit bekend te maak.

Ons moet God ken en 'n pad met Hom stap sodat Hy met ons kan praat, ons moet 'n verhouding met Hom hê sodat Hy, Sy verbond aan ons bekend kan maak. Ons moet op die punt kom wat ons 'n heilige lewe voor God leef, sodat ons kan leer om Sy stem te hoor.

Spr 3:32 Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel, maar Sy verborgenheid is met die opregtes.

GEBED:

Here was ons skoon van ons sonde sodat ons rein voor U kan staan, en open ons geestes-ore sodat ons kan leer om U Stem te hoor, In Jesus Naam Amen

Jesus Groete




1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...