Wednesday 23 September 2015

Is dit God se wil om jou gesond te maak? Nee!!!


Image result for sick person 


Dit is God se wil dat jy NIE moet siek word NIE!!

In Exodus 15 en Deuternomium 28 lees ons dat God belowe dat as ons Sy wette onderhou geen van die peste en siektes van Egipte naby ons sal kom nie.

Ex 15:26  As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in Sy oë, en luister na Sy gebooie en al sy insettinge hou, DAN SAL EK GEENEEN van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie, want Ek is die Here wat jou gesond maak.

Deut 28:1 As jy goed luister na die stem van die Here, jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag bevel, dan sal die Here jou God die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
Maar wat as ons dit nie doen nie?

Deut 28:58-61 (verkort) As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, . …(59) dan sal die Here oor jou en oor jou nageslagte buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae en kwaadaardige en aanhoudende siektes (60) en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat dit jou aanklewe (61) ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die Here teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

Nie alle siektes kom van die feit dat ons onheilig lewe nie, ons word ook siek omdat ons blootgestel word aan baterië en gifstowwe soos byvoorbeeld mense wat in myne werk ens,of wat ons aan onsself doen deur verkeerd te eet en ongesond te lewe, maar die meeste gevalle kom siekte van ons sielsdimensie wat nie gesond is nie. Is dit wat ek nou se Bybels korrek? Kom ons kyk wat se die Woord!

Spr 23:7 (verkort) Soos hy in sy siel bereken so is hy…

Pred 11:10 En wee verdreit uit jou hart en hou die kwale weg van jou liggaam!

Jer 4:18 Jou handel en jou wandel, het dit aan jou gedoen, dit is jou boosheid, ja bitter is dit. DIt raak tot aan jou hart.

Ps 31:11 My lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug, my krag struikel van my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

Spr 14:30 ‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.

Hierdie is maar ‘n paar verse wat in die Woord voorkom waaruit jy kan sien dat jou gemoedstoestand veroorsaak dat jy siek word. Wanneer ons siek word gaan ons heel eerste dokter toe of kry die hulp van ‘n spesialist in, maar wat sê God in die Woord wanneer ons siek is waarheen moet ons gaan?

Jak 5:13-15 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalms sing, Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Niemand van ons is sondevry nie, en God weet dit, daarom het Hy vir ons Sy Seun Jesus gegee sodat ons vandag vergifnis vir ons sonde kan ontvang en kan genees. Maar tog kry ons baie keer gevalle waar daar vir siek mense gebid word en hulle genees nie? Hoekom dan nie? God sê tog Hy wil nie hê ons moet siek word nie, en Hy het ons Jesus gegee om te sterf vir ons siekte wat Hy op Hom geneem het (Matt 8:17, Jes 53,4 en 1 Pet 2:24) Hy wat  ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra het” Nou hoekom genees mense dan nie nadat daar vir hulle gebid is nie?

Omdat ons nog nie ons gemoed verander het nie, omdat ons nog nie vergifnis gevra het vir daai haat, woede, bitterheid, selfhaat, vrees wat diep binne ons gewortel is nie. Ons bid en vra vergifnis van ons sondes en dink ek het nie gesteel, gemoor, eg gebreuk ens nie, maar ons vergeet van daai sielsondes…daai skinderstorie, die verwerping wat ons voel teenoor iemand, die ongeloof en twyfel waarmee jy sit, jou swak selfbeeld waarmee jy rondloop, daai geweldige gevoel van verlatenheid, van hopeloosheid, van minderwaardigheid….al hierdie dinge veroorsaak siektes in jou lewe want dit is onbelyde sondes!

Ons moet op die punt kom waar ons mense vergewe en vryspreek vir wat hulle aan ons gedoen het. God sê ook Hy vergewe soos ons vergewe, en as ons nie vergewe nie, vergewe Hy ook nie! (Matt 6:14&15, Matt 18: 21&22, Matt 18:35).

Is dit dan sonde om dokter toe te gaan? Nee beslis nie! (Net die prys wat jy moet betaal is ‘n sonde) maar nee, God het vir ons kennis en wysheid gegee om dokters te kan word en medikasie te kan kry wat jou kan genees. Maar God wil ook hê dat ons na die kerk moet gaan en dat ons in geloof moet staan dat ons genesing van Jesus ontvang, maar ons moet ook seker maak dat ons nie met wrokke en haat en onvergewingsgesindheid rondloop en dan nie genesing ontvang nie.

3John 1:2 Geliefdes, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan!

Waarom mense nie genees nie:


·         Sleg Jesus kan genees…moenie die medikasie  eer gee nie. (fokus moet reg wees)
·         Ongeloof –dis ons geloof wat God behaag
·         Mens leef nie heilig nadat genesing ontvang is nie
·         Gemeenskaplike ongeloof
·         Mense wil genesing koop
·         Fokus op persoon / prediker nie Jesus nie
·         Mense kyk na simptome nie na God nie
·         Wanredenasie – weet nie of God wil genees nie
·         Tradiesie
·         Verbreking  van natuur wette
·         Verslawing keer genesing
·         Bose geeste
·         Kerk waarin jy is lou is vir God
·         Onvergewendsgesindheid en bitterheid
·         Ongehoorsaam aan God se Woord
·         Sondige lewenswandel
·         Vloeke, Black Magic, Vrymesselaary ens
·         Gebrek aan ywer vir die Here

·         Beproewing - God het ‘n doel met beproewing – om geloof te louter.
Jesus Groete

As iemand gebed of geestelike berading benodig kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...