Wednesday 23 September 2015

Hoe kry ek vrede in my lewe?


 Image result for peaceful person


Waar kom vrede vandaan? Ons leef in ‘n tydperk wat mense rondhardloop en hulself in ‘n toestand werk om aan die lewe te bly, gepaard met dit kom allerhande siektes soos hoë bloedruk, stress, angsaanvalle, vrees, vrees vir more ens. Wat moet ons doen om vrede in ons lewens te kry?

1 Thes 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siele en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word, by die wederkoms van onse Here Jesus Christus.

Vrede kom van God!! Nie van drink, partytjies,sport of medikasie nie!!

Joh 14:27 Vrede laat Ek julle na, My vrede gee Ek aan julle, nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Luk 24:36 en 38  En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hulle midde en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” (38)  En Hy sê vir hulle: “Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

Jes 26: 3 U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.

U, is Jesus, en Jesus is die Woord, ons kan nie net op die Naam van Jesus vertrou nie, maar ons moet ook in die Woord van Jesus vertrou. Ons kan nie verwag dat Jesus ons moet verander nie, ons moet glo wat Sy Woord sê en hou by die riglyne van die Woord. God wil ‘n verhouding met ons hê, en ‘n verhouding kom van twee kante af. Ek hoor so baie mense sê “Wel as dit is wie God wil hê ek moet wees, moet Hy my kom verander”

God het Sy Gees alreeds binne jou gesit! As fetus het jy bestaan uit gees, siel en liggaam en toe gevorm na mens, God sê “ En Ek het die mens geskape na My Beeld…dit beteken ons is in gees in Sy Beeld geskape, ons het reeds die geestelike kragbron binne ons, om te kan wees wie Hy wil hê ons moet wees, ons moet net ontwaak uit ons slaap, en begin om ons kragbron te voed met Sy Woord en in vrede te leef.

Satan kan die vrede van God nie namaak nie, as jy ware vrede binne jou het, het jy dit by die Heilige Gees van God gekry.

Kom ons gaan terug na die eerste versie genoem….1 Thes 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siele en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word, by die wederkoms van onse Here Jesus Christus.

Wat beteken dit om heilig gemaak te word? Ons moet “geheilig” word….om heel gemaak te word…ons siel, gees en liggaam moet geheel word. Sonder heiligheid kan ons nie heel gemaak word nie, ons geesdimensie moet skoongemaak word, ons sielsdimensie moet hernu word sodat ons liggaam ons kan dra waar ons moet wees.

Rom 12:2 Hernu julle gemoed (denkwyse) sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevalle en volmaakte wil van God is.

Om vrede in ons lewens te he moet ons op God vertrou. God sê self….Vertrou op geen mens nie, vertrou NET op My.

Verkry jou vrede deur by God se riglyne te hou en om te streef na heiligmaking en volg die volgende “resep” van die Woord elke dag van jou lewe.

1Thes 5: 16-22
16         Wees altyddeur bly,
17         Bid sonder ophou,
18         Wees in alles dankbaar want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle,
19         Blus die Gees nie uit nie,
20         Verag die profesieë nie,
21         Beproef alle dinge, behou die goeie,
22         Onthou julle van elke vorm van kwaad.

Ten slotte

Rom12:11&12 Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die Here, (12) verbly julle in die hoop, wees geduldig in die verdrukking, volhard in die gebed.

Rom 13:8 Wees aan niemand iets verskuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.


Jesus groete

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...