Saturday 12 September 2015

Waar is God wanneer dit sleg gaan met ons?


Image result for person worshipping god


Soms laat God toe dat slegte dinge met goeie mense gebeur om daai persoon voor te berei vir iets spesiaal wat God vir hulle in stoor het.

Soms is dit God se manier om die persoon te kry om nader aan God te beweeg en 'n meer intieme verhouding met Hom te bou.

Siektes is 'n oorsaak van sonde in die lewe en soms moet ons, ons sonde bely om genesing te kan ontvang, dus kan God, 'n siekte oor jou pad bring omdat Hy wil hê jy moet 'n sonde bely wat jy dalk al van vergeet het, of in sommige gevalle te hardkoppig is om te bely, soos onvergifnis as voorbeeld.

Heb 12:14&15 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie, (15) en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie, dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

Soms is siekte 'n straf vir 'n sonde en God probeer jou rein en skoon was deur die siekte oor jou pad te bring. Maar nie alle siektes is a.g.v 'n sonde nie, daar is wel siektes wat net oorgedra is deur 'n bakterie of blootstelling aan iets wat jou siek kon maak.

Soms laat God dit sleg gaan met ons om ons sterker te maak in sekere areas van ons lewens,  of omdat God wil hê ons moet meer heilig lewe, 'n proses wat ons moet deurgaan om Hom beter te leer ken, of soms soos met Paulus, sodat ons God se genade in ons lewe kan raak sien.

Maar nie elke slegte ding wat in ons lewe gebeur kan ons voor God se deur gaan lê nie, soms is dit net satan wat ons aanval soos met Job die geval was.

Maar waar is God wanneer dit sleg gaan met ons? Net soos 'n ouer nie elke keer hardloop om 'n klein keintjie op te tel wanneer hy/sy val nie, om die kind te leer om self weer op te staan, net so doen God dit ook met ons, soms wil God hê ons moet self probeer. En hoe doen ons dit, deur Skrif te ondersoek om die oplossing vir die probleem te kry, om meer te bid en te vra vir God se wysheid in sake, om nader aan Hom te beweeg, sodat Hy nader aan ons kan beweeg.

Heb 12:11 Nou lyk elke tugting of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid, later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Uit die bogenoemde versie kan ons amper sê dat ons na 'n moeilie tydperk of versugting moet kyk as 'n "geskenk van God" want ons sal later 'n vreugdevolle vrug ontvang daardeur.

Ons is so geneig om God te blameer vir alles wat in ons lewens verkeerd gaan, maar soms bring ons ook hierdie dinge oor ons eie lewens, Ons het 30 000 verse in die Woord wat ons leer hoe om by God se riglyne te hou, maar wanneer ons in beproewing is, kan ons altyd op Sy Woord staan wat belowe dat ons nie bo ons kragte beproef sal word nie.

1 Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verdra.

Ten slotte ons moet nie altyd net na wonderwerke en tekens in die lewe soek nie, maar ons moet op geloof lewe. Ons sien in Rom 1:17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Toe die mense Jesus gevra het vir teken het Hy hulle hard aangespreek en gesê :

(Joh 6:26- 29) Jesus antwoord hulle en sê : "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat van die brode geëet het en versadig geword het.
(27) Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van God van die mens julle sal gee, want Hom het God, die Vader verseêl",
(28) Toe vra hulle hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
(29) Jesus antwoord en sê vir hulle: "Dit is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het"

Ons moet daaglik na Jesus soek en kyk eder as na wonderwerke om uit ons situasies te kom.

Jesus seen








1 comment:

  1. Thank you kindly and thank you Holy Spirit for teaching me and leading me.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...