Sunday 10 June 2012

Christen se pligte teenoor ander mense en as toonbeeld

Cover of "The Bible ... In the Beginning&...
Cover of The Bible ... In the Beginning


 

Ons hoor so baie “en jy noem jouself ‘n Christen!!” Wat se die Woord van ons optrede?

Optrede teenoor familie:

Lees Kol 3:18-25 Die huislike pligte. Hierdie is die riglyne van ‘n goeie funksionerende gesin, dit is die opdragte wat die Woord gee aan die vrou, man en as ouers.

Ef 5:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Dit beteken nie wees sy slaaf nie, maar behandel hom met respek en eerbied, al is dit in ‘n argument. Respek het meer krag as skree en skel en is baie vrouliker!

Ef 6:2 Eer jou vader en jou moeder, dit is die eerste gebod met ‘n belofte, sodat dit met jou goed kan gaan.

Tit 2:1-10 Lees dit asb self, gaan oor kwaadspeek, goeie werke, vroue wat kuis en ingetoe moet wees, hoe ons ons dogters en seuns moet leer, hoe die man die toonbeeld moet wees ens, ‘n baie goeie riglyn uit die Woord van God!

Optrede teenoor armes en mense in nood:

Hand 20:35 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gese het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang”

Mat 25:34-40 Hier verduidelik Jesus om aan die wat honger is kos te gee, wat dors is water te gee, wat naak is klere te gee, vreemdes te help ens en eindig dit met vers 40 “ Voorwaar Ek se vir julle. Sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van die broeders van My, het julle dit aan My gedoen!”

Lees ook verder tot by vers 46, die waarskuwing oor wat sal gebeur as ons dit nie doen nie le in vers 41 “ Dan sal Hy ook aan Sy linkerkant se “ Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele, want Ek het honger gehad en julle het nie gegee nie….ens

Lees ook Luk 10:25-37  Gelykenis van die barmhartige Samaritaan – in vers 36 & 37 se Jesus wie jou naaste is. Jesus antw en se “Hy wat barmhartigheid aan jou bewys het, is jou naaste’!!

Mense verstaan naaste liefde verkeerd….ons hoef nie vir elke persoon te gee nie, maar luister wanneer die Here of Heilige Gees met jou praat en dit op jou hart le om vir iemand te gee. Wanneer jy wel vir die persoon gee….word jy daai persoon se naaste…..want jy het barmhartigheid aan hom/haar bewys! Hierdie is kras woorde en ek bedoel dit nie ongevoelig nie, maar God haat lui mense. Hierdie is iets wat ek persoonlik doen by die robort wanneer daar iemand is wat geld bedel. Ek vra vir God om my te se of ek moet gee vir die persoon, en as ek voel God se ek moet, doen ek dit. Hoe antw God mens? Deur liefde, vrede, saligheid, dankbaarheid en bereidheid in jou hart te sit, of deur ‘n Bybelvers in jou gedagtes te sit. As ek enige van hierdie gevoelens skielik teenoor die persoon ontwikkel, gee ek met liefde, want dan weet ek God het my opdrag gegee om so te doen, en weet ek hierdie persoon het dit regtig nodig.

Optrede in besigheid / by jou werk:

Ef 6:5-9 Lees weereens self, dit gaan oor hoe ons, ons werk moet verrig, met bereidwilligheid, opregtheid, goedwilligheid en asof ons vir God werk.

Tit 2:9&10 Diensknegte moet onderdanig wees, en nie tee praat nie, hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God ons Verlosser in alles kan versier.

Teenoor ons staat

Rom 13:1-5: Hier word ons gese om ons landswette te onderhou, in Suid Afrika is ons nie so gelukkig om te kan se dat ons staat, Godvresende mense is nie, maar ons lees ook in die Woord dat ons vir ons staat moet bid dat hulle sal doen wat reg is in die oe van die Here! Laat ons aanhou bid soos Pualus se “Sonder ophou en totdat jou vreugde groot is” Onthou God is Almagtig en die gebed van ‘n regverdige het groot krag (Jak 9:1)

Ten slote, volgens die Bybel moet ons belasting betaal, dit is ‘n landswet asook ‘n wet van God, weereens moet ek se, al is dit ook iets wat swaar op my hart le, omdat ons so ooglopend uitgemergel word deur die staat, ons moet by die riglyne van God hou en om belasting te ontduik steel ons en dit is sonde!

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...