Sunday 24 June 2012

Hoekom slaan mans vrouens en wat se die Bybel daarvan? Deel 1


Image result for angry husband
Hierdie is ‘n onderwerp waaroor baie gese kan word maar ek gaan probeer om dit kort te hou, as jy die persoon is wat in so huwelik is stel ek voor dat jy hulp kry by jou kerk of plaaslike maatskaplike werkers, hierdie is net ‘n inligting blad.

Alhoewel dit meer voorkom by mans wat vrouens en kinders mishandel is dit nie ongewoon dat vrouens ook mans mishandel nie, vir hierdie doel gaan ek dit noem mans wat vrouens mishandel.

Onder mishandeling is nie net fisiese mishandeling waar die vrou geslaan word nie, jy kry ook emosionele mishandeling. Die redes vir fisiese en emosionele behandeling is dieselfde.

Mans wat vroue mishandel kom nie uit ‘n spesifieke groep uit nie, dit gebeur nie net in sekere buurte of net in sekere ouderdomsgroepe, rasse of nasionaliteite nie, dit het dus net met die persoon te doen.

Nie alle mans wat vroue mishandel, kom uit huise waar mishandeling plaas gevind het nie, alhoewel dit wel kan oordra van een geslag na ‘n ander.

Drank misbruik, en stres word gebruik as die verskoning vir hoekom dit gebeur, hierdie stelling is ook nie waar nie, alhoewel sekere drank tog tot aggresiwiteit kan aanleiding gee, is dit nie die oorsaak van mishandeling nie, meer net ‘n verskoning.

Die rede vir mishandeling is kontrole! Ek gaan kortliks ‘n paar hoof redes noem.

Hy voel minderwaardig, onbevoegd en kragteloos/magteloos.
Hy het geen self-respek nie, alhoewel hy op die oog af baie suksesvol kan voorkom.
Hy kan sy humeur gewoonlik baie goed beheer, en die feit dat mense se hy het sy humeur verloor is nie waar nie, voor ander mense kan hy voorkom as die perfekte man, totaal in beheer van alles en wanneer julle alleen is breek hy uit in ‘n woede-bui, dus kan hy dit beheer.
Hy is gewoonlik baie jaloers, besitlik, perfeksionisties en in meedere gevalle die een wat die finansies beheer.
Hy blameer altyd die vrou vir sy optrede, of sy stress, of drank, of ‘n slegte kinderlewe of een of ander dramatiese ding wat met hom gebeur het toe hy jonger was, dit is NOOIT sy skuld nie!

Deur fisiese of emosionele mishandeling beheer en kontoleer hy die vrou en of sy gesin. Hy breek die vrou / familie af sodat hulle moet voel hulle is nie goed genoeg vir iemand anders nie, hulle moet eintlik dankbaar wees dat hy hulle nog wil he. Hy beheer die finansies om hulle afhanklik te maak van hom, hy maak al die reels sodat hulle kan weet hy is die een met mag en gesag.

Meeste van hulle sal nie onverskoning vra na die gebeurtenis nie, en as hulle dit wel doen sal hy iets se soos “ek is jammer maar jy het…..gedoen” Dit is altyd jou skuld, nie sy eie nie.. Hy sal se dat dit nie weer sal gebeur nie, maar hy weet dat hy lieg, as hy ophou, verloor hy sy mag.

Ek gaan nie meer uitwei oor die sielkundige aspek van dit nie, ek wil graag dat ons kyk wat se die Bybel oor dit, en wat is dan die raad vir iemand in so geval.

Deel 2 (vervolg)

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

3 comments:

  1. Alles wat ek lees,vd Belinda blad,dis hoe my man is,het altyd n verkoning soos stress,en die perfekte man voor mense,perfeksionis,pragtig voor die bure en werksmense.jaloesie is glad n siekte in ons huis.ek maggie te hard lag met my familie en vriende nie.as mense kom kuier,en huis by moet ek op my tone loop,en my liggaam freeze.ons het die mooiste kinders,2 en 4 jaar oud.bly in goeie omstandighede en woonbuurt.

    ReplyDelete
  2. Hi, ek sal vir jou bid, en as dit moontlik is gaan praat met julle pastoor of dominee en probeer om hulp te kry. Dit is nie reg dat kinders in sulke omstandighede moet groot word nie.

    Vader, Almagtige God U ken die omstandighede in hierdie huis, stort asb U genade en hulp uit oor hulle, in Jesus Naam Amen

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie,Dankie Belinda.Ekt hulp gekry.Omstandighede by huis is wonderlik.Die Vader is goed.Merry Christmax.

      Delete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...