Sunday 17 June 2012

Hoekom verskil Christene en Christelike kerke van mekaar?-Deel 2

Jesus-Christus-Kirche in Meinerzhagen
Jesus-Christus-Kirche in Meinerzhagen (Photo credit: Wikipedia)

 
 
Jesus wil nie he ons moet verskil oor die Woord nie!
 
In Jesus se gebed (Joh 17:20&21) vra Hy vir God “dat almal een sal wees net soos U, Vader, in My en Ek in U, dat hulle ook in Ons een sal wees, sodat die wereld kan glo dat U My gestuur het, en Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is”.
 Hoeveel duideliker wil ons he moet Jesus vir ons se dat ons een in geloof moet wees, en dat die kerk een kerk moet wees en nie soveel verskillende kerke en leeringe moet he nie?
 Jesus en God, verskil nie oor die Woord nie, Jesus se nie vir God dat die Woord homself weerspreek nie, Hy volg wat God in die Woord gese het en is gehoorsaam aan alles wat daarin geskrywe is. Jesus is nie verdeeld nie, daarom kan Sy volgers nie verdeeld wees nie, daar kan nie meer as een Christelike kerk wees nie, almal moet dieselfde instelling en leeringe he want daar is net EEN Woord en ons moet by die Een Woord hou!
 Efes 4:3-6 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede EEN Here, EEN Liggaam en EEN Gees, soos julle ook geroep is in EEN hoop van julle roeping, EEN Here, EEN geloof, EEN doop, EEN GOD en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
 Efes 1:19-22  Wie en wat is die kerk? ‘’n gebou op die fundament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is in wie die hele gebou goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here.
 Mense is geneig om te se solank die kerk Jesus erken en vir God bid is die kerk reg! Verkeerd!! Baie kerke erken Jesus en bid tot God, maar wyk af van die Woord. Die Rooms Katolieke kerk erken Jesus en bid tot God, maar maak dit hulle die regte kerk? Beslis nie! Hulle bid ook tot Moeder Maria, en die apostels vir sekere dinge, hulle noem die Priester Vader om net 2 dinge te noem. Nerens in die Woord lees ons dat ons vir Moeder Maria moet bid nie, sy word slegs 2 keer in die Woord genoem, met die geboorte en met die kruisinging, en die Woord leer ons, jy mag niemand op die aarde “Vader” noem nie! En net Jesus kan jou sondes vergewe, nie ‘n priester wat in ‘n hout-kas sit nie.
 Daar is soveel verskillende kerkgenootskappe, NG Kerk, Pinkster, Rooms Katoliek, Jehowa getuienes ens, wie is dan reg, watter kerk moet ons dan bywoon? Die kerk wat by die Woord van God hou, wat alles doen volgens wat die Woord se, waar Jesus die hoeksteen van die kerk is, en waar die Woord gevolg word oor wie en wat die kerk is! Ek sal later ‘n volledige blog opsit oor watter kerk die regte kerk is volgens die Woord.
 Nou waar le die probleem dan as ons verskil in kerke?
 By die mens! By die gebrek aan kennis oor die Woord. Hos 4:6 My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis, en omdat jy die kennis verwerp, sal Ek jou ook verwerp!
 Ons het nou gesien dat God se ons moet Sy Woord dag en nag bestudeer, dat Hy ons kennis sal gee deur Sy Woord, dat Sy Gees ons sal leer in alles wat Jesus vir ons kom se het, dat ons nie ‘n kerk moet volg net omdat hulle “sag op die oor is nie”
 As jy nie saam stem oor wat jou kerk doen nie, gaan kyk wat se die Woord, sien self of hulle reg of verkeerd is, en maak seker dat jy goed genoeg kennis het oor die Woord voor jy kerke oordeel of verlaat. Satan wil verdeeldheid in die kerk he, en hoe doen hy dit? Deur mense! Pastore en Dominees ingesluit, luister na die Heilige Gees as jy in ‘n kerk sit waar jy nie gelukkig is nie, maak oop vir God se Gees om jou in waarheid te ly
1 Joh 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie, maar soos die salwing julle van alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie, en soos die julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
 Gal 4:6 En omdat ons Sy kinders is, het God die Gees van Sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit “Abba” (Vader).
Ons is dus toegerus met Die Woord en met die Heilige Gees om uit te kan vind of ons in die regte kerk sit of nie
.Matt 22:29 Toe antwoord Jesus en se vir hulle “ Julle dwaal omdat julle nie die Skrifte ken nie en ook nie die krag van God nie”
 In Rom 10:2 se Paulus want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
 Ten slotte, toe Jesus versoek was deur satan om die klippe in brood te verander het Jesus hom as volg geantw: Mat 4:4 Maar Hy antwoord en se: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
 In hierdie versie kan ons ook sien dat die Woord van God nie net sekere vese het wat van toepassing is op ons lewens nie, die Bybel bestaan uit 30 000 verse en elkeen van hulle is in die Bybel vir ‘n rede! Tot wanneer dit by die stamme kom!  Hoekom was dit belangrik om te se die een was die seun van daai een, en daai een die seun van die ander een? Hoe is dit van toepassing op my lewe? Omdat dit na die familie bloedlyn van Jesus opbou. My punt is, dat niks in die Bybel staan sonder ‘n rede nie, God het nie die Bybel laat opstel sodat ons verwar kan raak, of kan stry, of kan verskil nie, maar juis sodat ons dit kan bestudeer en dit kan leer en leef!
 Die Woord is ons GPS, ons handboek, ons riglyn waarby ons moet hou.
Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)
 

Enhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Baie dankie, dit is baie leersaam en laat mens wonder oor baie kerke, ek sal beslis waardeer as jy 'n blog kan doen oor watter kerk die regte kerk is volgens die Bybel

    Groete
    Danie van Aswegen

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...