Monday 9 November 2015

Wees nie bevrees nie!


Image result for wederkoms van jesus christus


Hier wil ek met jou gesels oor iets waarmee ons almal sukkel naamlik VREES.

Vrees is iets wat ons mee groot word. Dit is van kleins af met ons, of ons met iets gedreig is of nie. Ons is gebore met ‘n inherente vrees. Dit word in ons groot word proses sterker en party van ons sukkel nog steeds daarmee. As ons nie ons vrese konfronteer nie sal ons nooit daaroor oorwinning kry nie en dus ook nie daaroor kan regeer nie.

Kom ons kyk so ‘n bietjie na die gelykenis van die talente soos Jesus dit vertel in Matthëus 25 vers 14 – 30. Ons ken almal die verhaal.

Die heer het op reis gegaan en aan drie van sy diensknegte verskillende talente gegee om op te pas. Die een het vyf gekry, die ander twee en die ander een talent. Die heer het géén spesifieke opdrag aan hulle gegee oor wat om met die talente te doen nie.

Die eerste twee diensknegte het met die talente gaan werk. Niemand het vir hulle gesê wat om daarmee te doen nie en hulle het self uitgespring en daarmee gewoeker. Hulle pogings is beloon deur die verdubbeling van dit waarmee hulle toevertrou is. In wat hulle ookal daarmee gedoen het, het hulle die risiko geloop om die talente te verloor.

Die laaste dienskneg het egter sy gegewe talent in die grond gaan begrawe en by die terugkoms van sy heer dit net so aan hom terug besorg. Hy het aan sy heer gesê dat hy dit gedoen het omdat hy bang was geweet het dat sy heer ‘n harde man is wat maai waar hy nie gesaai het  en bymekaar maak waar hy nie uitgestrooi het nie. En omdat hy nie sy gegewe talent wou waag, én die kans loop om dit te verloor nie, het hy dit in die grond gaan begrawe.

Hoor die harde woorde wat sy heer aan hom sê: “You wicked and lazy and idle servant! Did you indeed know that I reap where I have not sowed and gather where I have not winnowed? Then you should have invested my money with the bankers, and at my coming I would have received what was my own with interest. ……. And throw the good–for–nothing servant into the outer darkness; there will be weeping and grinding of teeth.”(Amplified Bible)

Hierdie man se vrees het van hom ‘n “good-for-nothing” dienskneg in die oë van sy heer gemaak en hy het ‘n verskriklike prys daarvoor betaal. Wat is die prys wat ons vrese ons  laat betaal?

Waar het die vrees van hierdie dienskneg vandaan gekom? Van presies dieselfde plek as waar die vrees van Adam en Eva gekom het nadat hulle gesondig het – die duiwel!

Ek glo dat die Here vrees haat met alles wat in Hom is, as ek dit so kan stel. Want deur van,  onderandere, vrees gebruik te maak het satan die kroon van God se skepping, ons, van Hom gesteel.

God weet egter dat Sy volle krag nog steeds in die mens is en wil hê dat ons ons vrese moet oorwin. Hy sê in Sy woord: “Ek het julle nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie…..”. (2 Timotheus 1:7)

Weet jy hoeveel keer staan daar in die Bybel, “moet nie vrees nie”? …….

Drie honderd ses en sestig keer! Een keer vir elke dag van die jaar, skrikkel jaar ingesluit. Ons PA wil hê dat ons bo ons vrees moet leef en nie daaronder gebuk moet gaan nie.

Wat kies ons egter om te doen?

Staan ons terug by geleenthede om God se werk te verrig of om van Hom te getuig voor mense? Sal ons na vreemdes gaan en vir hulle bid? Help ons die armes wat by die robotte bedel of nog erger, die straat kinders? Dit is tog baie makliker om die “thousand yard stare” te kry en verby alles en almal te kyk. Ons vrees tog sô wat die mense van ons sal dink as ons by daardie tipe mense betrokke raak. -----  Wat gaan God van jou dink as jy so optree. Ek vra maar net?

My liewe vriend, ek praat net so hard met myself in hierdie artikel. Ek is die laaste een wat ‘n vinger na iemand anders kan wys. So ek wil niemand veroordeel nie maar ons moet ophou Christen speel.

Soos oom Jannie van Zyl op ‘n bandjie sê, ons almal staan geregverdig voor God. Ons het presies dieselfde stand van geregtigheid. Nie almal van ons aanvaar dat ons geregverdig is nie want baie net nog nie Jesus aanvaar nie. Met slegs ons stand van geregtigheid beteken ons niks vir die man op straat nie.  Al is ons wandel in geregtigheid ook hoe vroom en heilig, is ons steeds ‘n nul op ‘n kontrak vir die mense om ons.

Jesus sê dat ons moet vrug dra. Vrugte is iets wat mense kan eet. Ons vrugte van geregtigheid kan iets beteken vir die mense op straat. Daardie drukkie vir die boemelaar of kos vir ‘n honger kind in die plek van ‘n afjak of slegsê. Ons moet begin om die “vrugte” van God, in ons, uit te gee. Hoeveel van ons sê dat ons ‘n mooi lewe lei en ‘n liefde vir almal het. Kyk ‘n bietjie na wat se vrugte jy dra. Onthou Jesus het gesê dat ‘n boom aan sy vrugte geken word. ‘n Slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie of ‘n goeie boom slegte vrugte nie. Kom ons kyk na ons self deur die oë van ander en beoordeel ons self op grond van die “vrugte” wat ons dra.

As ons te bang is om ons “vrugte” aan ander uit te gee, het ons geword soos die dienskneg wat die talent begrawe het. God gáán vir ons sê wat die kneg se heer aan hóm gesê het.

Ons moet ons God gegewe talente gebruik en daarmee woeker deur God se karakter, wat in ons, is aan ander te gee. Die ander twee diensknegte wat met hulle talente gewoeker het, het dit verdubbel en het ‘n baie groter beloning van hul heer ontvang.

Weet jy, die diensknegte se heer het geweet wat die risiko is wat hy loop, dat sy diensknegte sy geld kan verloor. Nogtans het hy hulle ten volle vertrou met sy besittings.

Liewe leser, so vertrou God jou ook ten volle met die talente wat Hy aan jou gegee het. Moet Hom nie teleurstel deur jou talente te gaan begrawe omdat jy bang is om dit te gebruik nie. Die talente wat Hy aan jou gee sal ook nie opraak nie. Onthou hoe meer jy daarmee woeker hoe meer gee Hy vir jou.

Hebrëers 10 vers 35 sê: “Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n gróót beloning het, nie weg nie”. Hoe kan ons die beloning ontvang as ons nie vrymoedigheid het nie? Hoe kan ons vermoedigheid hê as ons vrees in ons het ?

As jy met jou lewensverhaal die ruimte van GOD binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte geskrywe: ‘VREES VERBODE”.

Mag die Here jou die oorwinning oor jou vrese gee want Jesus het alreeds daarmee gesterf én in oorwinning opgestaan.

 cobus van heerden (cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming

2 comments:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...