Friday 1 August 2014

Mag ons nog sondig nadat ons Jesus aangeneem het? Deel 1


Om terug te keer na die spreekwoord “Once saved, always saved” wat deesdae so baie gepreek word in ons kerke, het ek gesels met ‘n vriend, Pastoor Johann Viljee, en ek plaas graag sy weergawe van wat die Bybel ons leer.

Bly in die Wynstok deur Past Johann  - Sjibbolet Bediening

“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.” Joh 15:4
“Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.” 2 Kor 4:10

Eers het ons ‘n boodskap van Jesus af en dan een vanaf Paulus. Jesus sê ons het geen vermoëns nie, is dus tot niks in staat nie, sonder dat ons in die Wynstok bly nie. Sonder Hom kan ons geen vrug hoegenaamd dra nie.

 Wanneer wingerde gesnoei word, word die gesnyde lote eenkant gegooi. Baie mense gebruik dit om vuur mee te maak. Die lote en wingerdstompies braai heerlike vleis

Die gesnoeide wingerdstok lyk deur die winter maar bra oninteressant, byna asof dit dood is, so vaalbruin. Breek mens egter aan een van sy lote, is dit sappig en vol lewe aan die binnekant.

 Hoekom word ‘n wingerd gesnoei? Sodat dit meer vrug kan dra. Joh 15:2

 Ons word vermaan om in die wynstok te bly. Israel het in ‘n stadium nie in die wynstok gebly nie:
 Israel was ‘n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.
 “Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.” Hos 10:1-2

  Was sê Jesus verder:

“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
“As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
“As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
““Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
“Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
“As julle my gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
“Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
“Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
“Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
“Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
“Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.”
Joh 15:5-15

Die vermaning staan dus vas:

Ons het geen keuse nie as om in die Wynstok te bly nie. Doen ons dit nie, dra ons geen vrug nie en word ons uitgekap.

 Hoe bly mens in die Wynstok?

Paulus kom met die antwoord: “Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.” 2 Kor 4:10
 Let op, Wedergeboorte en bekering vind gelyktydig plaas, en daarna voortgesette bekering, of, wat ons ook noem, die groei in heiligmaking, soos wat ons steeds nader en nader aan die gestalte van Christus beweeg, sodat ons later duidelik in Sy voetspore kan volg.
 Hierdie groei kan net te midde van die sterwe plaasvind.
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
“Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
“As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.”
Joh 12:24-25

Deel 2 vervolg

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...