Saturday 28 June 2014

Wangedrag onder tieners. Deel 2



Wanneer ‘n kind se “ouer-kind-verhouding” versteur is, en die kind voel dat hy ongewens, en in die pad is, kan gevoelens van toegeneentheid (liefde) nie ontwikkel nie.

Ons almal het ‘n behoefte daaraan om aanvaar te word, om in te pas, om deel te wees, om liefde te ervaar, en wanneer ons dit nie ontvang nie begin ons rebels op tree, depressie tree in, minderwaardigheid ontstaan, swak selfbeeld ontwikkel ens, en om ‘n “eie-identiteit” te ontwikkel raak kinders betrokke by dinge waar hulle nie betrokke moet raak nie.

Hierdie tipe van verwaarlosing gebeur in die kind se ontwikkelingsjare, maar kom meeste van die tyd eers uit wanneer die kinders tieners word, wanneer hulle voel hulle is nou oud en groot genoeg om op hulle eie houdjie voort te gaan.

Dissipline in kinders se lewens is ook ‘n behoefte. Maar net soos dissipline belangrik is so ook lof en prysing. Kinders wat lof ontvang wanneer hulle goed doen,  leer om hulle sterker eienskappe te ontwikkel.

Spr 25:11“Soos goue appels in silwersnywerk is ’n woord wat op sy regte tyd gespreek word”.

‘n Studie het getoon dat daar nie ‘n “klas” van wetoordreders is by jeug nie. Gedragsprobleme kom nie net voor in jou arm, minderbevoorregte kinders nie, dit het ook niks met ‘n ras te doen nie.
Die studie het bewys dat dit kinders is wat emosioneel verwaarloos was, van enige buurt, ras, en agtergrond.

God het jou as ouer genoeg vertrou om vir jou ‘n kind te gee, maak jou kinders Godsvresend groot, met God se liefde en aandag.

Gen 1:22 En God het hulle geseën en gesê “Wees vrugbaar en vermeerder….”

Wees ‘n voorbeeld vir jou kinders, laat hulle by jou as rolmodel leer hoe hulle in hul eie lewens en huwelike moet wees. Behandel jou eie vrou met respek sodat jou kinders kan leer hoe ‘n vrou behandel moet word, en andersom. Moeders moet hulle dogters leer dat hulle mans die hoof van die huishouding is deur haar man te respekteer.

Effes 5:25, 33. “Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê . . . Elkeen van julle moet ook afsonderlik sy vrou so liefhê soos homself.”

Luister as jou kind met jou praat, wees deel van hulle lewens, maak tyd vir hulle sodat hulle siele kan ontwikkel soos God dit beplan het.

Jak 1:19“Elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word”

Ten slotte, onthou dat niemand volmaak is nie, en as ouer kan jy ook foute maak, luister na jou kind se klagtes en dink mooi oor jou eie optrede, en wees eerlik met jouself! Miskien was jy verkeerd en stel die saak reg.

Geniet jou kinders, hulle is ‘n gawe van God, net God kan lewe skenk, dus is jou kind ‘n geskenk van God, laat jou kind sy Skepper ken.

Jesus Liefde
Belinda


Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


1 comment:

  1. Baie dankie. Dit is baie insiggewend!

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...