Wednesday 13 August 2014

Blydskap, soos strome van lewende water...





“Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Gal 5:22


Die blydskap wat van ons verwag word, gaan nie oor sekere wonderlike omstandighede nie, maar oor ‘n innerlike borrelende fontein.
            
Dit is ‘n geskenk uit die hand van God deur Sy seun Jesus Christus, en is een van die belangrikste gevolge van die ondervinding van die wedergeboorte. As ons gered is, dan het ons hierdie besondere blydskap. Daar is niks wat ons kan doen of nie doen nie, om dit te verkry.
            
Blydskap is sinoniem met die blymoedigheid van Matt 5:12 “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele.”
            
Ook soos in Luk 1:14 “En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees.”
           
Asook Ps 16:8-9 “Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon.”
            
En Ps 33:21 “Ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.”
            
Want Dawid sê van Hom: “Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.” Hand 2:25-26      
            
So groot is die blydskap in Hand 2:46 dat selfs siele gered word: “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.”
            
Ook Hand 14:16-17 “Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.”
            
Maria sê: “My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker.” Luk 1:46
            
Jesus Christus sê: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Joh 7:38
            
“Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting.” Neh 8:11
            
Hoe behou ons hierdie wonderlike blydskap? Dawid Wilkerson stel dit so:
Eenvoudig gestel, net die blydskap van die Here voorsien ons met ware krag. Ons kan oor ons tien en twintig jaar wandel met Christus praat soveel as wat ons wil. Ons kan in ons mantel van geregtigheid pronk.
            
Maar as ons nie toelaat dat die Heilige Gees die blydskap van die Here in ons harte volhou nie – as ons nie voordurend uitgehonger na sy woord bly nie –   verloor ons ons vurigheid. En ons sal nie gereed wees vir wat die wêreld in die laaste dae sal oorval nie.
            
Ons behou die blydskap van die Here op dieselfde wyse as wat ons dit aan die begin verkry het: Eerstens, uitbundige liefde, eer en honger na God se Woord.
            
Tweedens, volgehoue wandel in berou en bekering.
            
Derdens, dat ons, onsself van alle wêreldse invloede afsny. Dit is hoe die persoon van die Heilige Gees of kerk “Jesus blydskap” volhou – altyd vol blydskap, vol van blymoedigheid en vreugde. – Sjibbolet

2 comments:

  1. Dit is so mooi en waar, dankie Belinda

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek wil net noem dat wanneer die inskrywing Sjibbolet aan die einde sit is dit nie my werk nie, maar Past Johann se werk. Ek plaas van sy inskrywings op my forum omdat dit so kragtig en leersaam is.

      Maar aan die einde van die dag is dit die Heilige Gees wat ons albei bystaan om inskrywings te doen, so die eer kom die Koningkryk van God toe.

      Dankie vir almal se ondersteuning met die forum.
      Mag julle almal ryklik geseend wees in Jesus.
      Jesus Groete
      xxx

      Delete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...