Friday 1 August 2014

Mag ons nog sondig nadat ons Jesus aangeneem het? Deel 2

 Daar is vier dope in die Bybel:

 Die doop in die liggaam van Christus (die wedergeboorte), die doop in die Heilige Gees, die doop in water en seker die mees miskende doop, die Lydingsdoop, wanneer ek en jy soos Christus onreg ly, en hoeveel onreg is daar nie in hierdie wêreld nie. Dit is boonop aan die toeneem.

  Oor die sterwe in Christus en die lydingsdoop, die volgende:

“Dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
“en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
“en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
“Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
“Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
“en gee aan die duiwel geen plek nie.
“Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
“Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
“En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
“Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
“Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;
“en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
“Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
“ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.”
Efes 4:25 - 5:4

 Oor die Lydingsdoop: Rom. 13: vanaf strofe 1 lees:

“Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.
“…… sodat hy wat hom teen die mag van God versit, die instelling van God weerstaan; en diegene wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
“want die Owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte.......”
As mens jou dus verset teen die owerhede wat oor jou aangestel is, dan sondig jy teen die Here, want die Here is in beheer van daardie owerheid.

 Ons kyk weer:

 Titus 3:1-2 lees: “Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.”
 ‘n Verdere interessantheid vind ons in Gen. 15:13 “Daarop sê God vir Abram: “Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word, vier honderd jaar lank.”
 Dis God self wat so besluit het, al klink dit ook hoe verskriklik. Sou ons 400 jaar se verdrukking kon deurstaan, boonop deur diensbaar te wees en deur toe te laat dat ons verdruk word deur ‘n vreemde owerheid?
 Maar strofe 14 is ‘n juweel, wanneer die Here sê: “Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie die volk diensbaar moet wees....”
Kyk watter onreg het Jesus nie gely nie. Hy het deurgedruk totdat Hy triomfantelik aan die einde kon sê: “Dit is volbring.” Dit beteken dat God deurentyd in beheer van sake is!

Sjibbolet Bediening
www.sjibbolet.org.za

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...