Saturday 15 March 2014

Is dit ‘n sonde om ryk te wil wees?




Rykdom is nie goed of sleg nie, dit is die houding wat mense het wanneer hulle ryk is, of die beginsels wat mense het ten opsigte van rykdom wat sonde is.

1Tim 6: 9& 10 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mens laat wegsink in verderf en ongergang.
Want  geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels, en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met smarte deurboor.

1 Tim 6:17 Beveel die rykes in die teenwoordigheid van die wereld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.

2Tim 3:2-4 Maar die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God.
Ons sien uit hierdie verse die gesindheid wat gepaard gaan met rykdom, maar dit se nie almal wat ryk is gaan hel toe nie, daar is pragtige Kinders van God wat baie geseend is met rykdom en wat hulle rykdom deel met minderbevoorregtes en wat baie donasie gee aan die werk van God.

Sommige van ons sal nooit skatryk word nie, nie omdat God dit nie so vir jou wil he nie, maar omdat Hy weet Hy kan jou nie vertrou met rykdom nie, waar jy elke dag leef met die nodigste of gemaklik leef, of dalk elke sent twee keer moet omdraai, of wat ook al die omstandighede, voel jy, jy moet op God vertrou vir die volgende kos op die tafel, en is jy dankbaar vir elke seening wat jy ontvang uit Sy Hand, jy gee erkenning vir jou seeninge omdat jy weet dit kom van Sy genade, as jy ewe skielik skatyk moet wees sal jou gesindheid nog dieselfde wees?  Of  sal jy dalk ook word soos hierbo beskryf word.

God weet hoe om ons desperaat te maak vir Hom! Jou finansiele toestand hou jou dalk nederig, ‘n spontane mens, en op jou kniee.  As jy skielik ryk moet wees gaan jou gesindheid dalk heeltemal verander.

Hoeveel mense wat skatryk was het al alles verloor en so te se amper op straat geeindig?

Spr 16:18 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom tot ‘n val!

‘n Geestelike wet as jy jouself gaan verhoog, gaan God jou verneder!

Maar God se ook in sy Woord dat Hy jou wil seen met rykdom, meer as wat jy nodig het, as ons dit nie het nie moet ons dalk self-ondersoek doen en vra “Kan God my vertrou met rykdom?”Statistieke het bewys dat meer arm mense kerkgangers is as ryk mense.

Dit laat mens dink ne!

Jesus Liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...