Tuesday 4 March 2014

Wat se invloed het sonde op my lewe?








Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle kan lewe en oorvloed kan he.

Sonde gee satan ‘n wettige plek in jou lewe, nou kan hy jou aanval en jou lewe negatief beinvloed! 1 Joh 3:8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te breek.

Sonde kan jou fisies en geestelik laat doogaan. Eseg 33:11 So waar as Ek lewe spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde wee! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?

Wanneer ons gesondig het, blok dit ons na pad na God!  Ps 66:18  As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie. Nou skielik voel jy skuldig (satan se aandeel in sonde) en voel jy jy kan nie bid nie, net wat satan wil he! Hy steel jou geloof, hy steel jou geesteslewe en breek jou verhouding met God en Jesus.

As kinders van die Koningkryk, moet ons onmiddelik vergifnis vra vir ons sonde, sodat satan nie ‘n hou vas op jou kan he nie.  Ps 66:19 Waarlik, God het gehoor, Hy het geluister na die stem van my gebed. Geloofd Sy God wat my gebed nie afgewys en Sy goedentierenheid aan my nie onttrek het nie

Nog Skrif wat jou verseker dat jou sonde vergewe sal word! Hand 3:19 As jy jou sonde bely sal God dit van jou verwyder, Heb 8:12 Dit sal vergewe wees, Ps 32:1 Jou sonde sal bedek word.

Sonde is ‘n getuienis teen jou! Jer 14:7 Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, O Here, doen dit om U Naam ontwil, want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig! Dit laat jou skuldig voel. Ps 69:6 “O God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie”

Amos 1:3 Sonde kan jou in gevangeniskap sit! Rom 3:13 Dit verhard jou hart Rom 6:16 Dit maak jou ‘n slaaf!
Maar danksy Jesus is daar redding vir ons! Mat 1:21 Jy sal gered wees van jou sonde. Efes 5:8 Jy sal skoongewas wees. 1 Pet 2:24 Jy word dood in sonde en leef in geregtigheid en Kol 2:13 Jy word van vlees en gees geskei.

Lees die hele hoofstuk 6 van Romeine. Wanneer ons wedergebore is, is ons gered en mede erfgename van die Koningkryk, maar ons moet daarna streef om heilig te lewe. Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan!

‘n Persoon kan in sy onderbewuste skuldig voel oor ‘n oortreding/sonde wat jare gelede begin of gebeur het. Die Heilige Gees is die een van jou daaraan herinner dat die sonde nog onbelyd is, dat vergifnis nog nie daarvoor gevra is nie, satan aan die anderkant is die een wat jou sal aankla voor God, en jou herinner dat jy nie goed genoeg is nie, dat jy jouself moet onttrek van die samelewing, wat jou hart sal verhard ens.

Ons lees in Lukas dat wanneer ons bewus word van ‘n sonde in ons lewe (Heilige Gees jou herinner) dat jy onmiddelik moet vergifnis vra. Dawid gaan so ver om vir God te se “ondersoek my hart en sien of daar enige onreinhede in is wat my op die pad van pyn en seer kan laat loop”

1 Joh 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat Sy saad in hom bly, en Hy kan nie sondig nie, want Hy is uit God gebore.


Sommige uittreksels is uit Past Louis de Kock se boek Metamorfose aangehaal.

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...