Sunday 30 March 2014

Wat is geloof en hoe red dit ons?




Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Soms is dit moeilik om te glo dat God ons gaan help wanneer dinge op die ergste is, maar in die bogenoemde versie sien ons dat ons ‘n vaste vertroue moet he dat Hy vir ons gaan gee wat ons nog nie ontvang het of kan sien nie.
 Soms wanneer ons so klein gelowig is wil ons weet hoekom God ons dan nie help wanneer ons Hom die nodigste het nie. Maar God het ‘n perfekte tyd vir alles en ons sien dit gewoonlik eers na die tyd en nie terwyl ons deur ons moeilike tyd gaan nie.
Baie mense gaan so ver om te se dat God,  dit wat hulle deurgaan, aan hulle gedoen het, en ons is geneig om Hom te blameer vir alles wat verkeerd is. Kyk wat se die Woord oor dit.

Mal 2:17 (verkort) Julle vermoei die Here met julle woorde," waar is die God van die reg"?

Gal 3:2 Ons ontvang als deur geloof ook die Heilige Gees. Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

2 Kor 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie aanskouing nie.

Jesus het gekom sodat ons kan lewe en oorvloed kan he (Joh 10:10) Maar wanneer ons sit met versugtinge en moeilike tye deurgaan, sal ons eder God blameer vir wat met ons gebeur as om na Hom te gaan en op Hom vertrou. Jesus se ons ontvang nie omdat ons nie genoeg geloof het nie. (Mat 17.20) Verder se Hy dat Hy ons verseker dat as ons glo sonder om te twyfel ons dieselfde sal kan doen as wat Hy met die vyeboom gedoen het (Mat 21:21)

Joh 16:23&24 Jesus se: “Voorwaar, voorwaar, Ek se vir julle, ALLES wat julle die Vader sal vra in My Naam sal Hy julle gee, tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees”. 

Fil 4:5-7 Maak alles ‘n begeerte deur gebed en smeking en danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

As jy voel jy sukkel met geloof vra vir God, In Jesus Naam om jou geloof te versterk.

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...