Almal sukkel om
finansiele deurbrake te kry. Ons sukkel om die kop te wees en nie die stert
nie.
Die antwoord op dit is om by sekere riglyne van God se Woord
te bly om sekere dinge in ons lewe toe te pas sodat ons suksesvol kan wees in ons
finansies.
Jy kry die Priester – aangestel deur die Here, aangeneem
deur die kerkraad, om die werk van die Here te doen, as die Here vir hom se
gaan rig ‘n nuwe kerk op, dan is dit sy taak om gehoorsaam te wees en te gaan
doen wat die Here gese het. Maar dit is nie sy taak om die finansies vir die
werk te probeer bymekaar kry nie, Hy is die Priester wat die opdrag kry.
Dan kry jy die Konings, ons almal is aangestel as konings,
en die konings se werk is om die geld in die hande te kry om die opdrag uit te
voer wat die Priester by die Here gekry het om te doen.
Die Here gee vir jou riglyne om die
kop en nie die stert te wees nie.
God se: Bring jou hele
10de na die skathuis sodat daar genoeg kos in die huis van die Here kan wees. Beproef My
daarin om te sien of Ek nie die hemel se venters vir jou sal oopmaak sodat dit
daarop kan
reen nie.
Hoekom moet mens net leef om aan die lewe te bly. Die Here
se tog vir ons dat Hy vir ons ‘n mandjie gee wat ingeprop en ingedruk en
oorlopens toe vol is. Hoekom moet ons net genoeg he?
Ons ken nie die Woord nie, want die Woord se jy is altyd
gekoppel aan die saad wat jy saai deur gemiddel van geloof! Geloof beteken om
jou hoop op dit te sit wat jy nog nie kan
sien nie. So ROEP dit wat die Here vir jou belowe het, en die Here SAL vir jou
gee!
Geloof! Roep dit wat nie is nie, asof dit alreeds daar is!
Hoekom moet ons
tiendes aan die kerk betaal?
- Gee
finansies sodat jou pastoor-paar genoeg het om van te leef, want as hulle
nie genoeg het nie, moet hy vir hom ander werk gaan soek om sy familie aan
die lewe te hou, en dan breek die kerk op.
- Sodat
die huis van die Here in ‘n goeie kondisie kan wees. Nuwe Testament se, ‘n gebou met ‘n goeie
fondasie en stene.
- Sodat
siele bereik kan
word. Die Evangelie word deur die kerk verkondig.
Woord se gee aan die duiwel geen plek nie! As jy nie 10des
betaal nie gee jy ‘n opening in jou finansies aan hom!
Betaal jou rekeninge. As jy nie jou rekeninge betaal nie hou
jy nie by die wet van die ooreenkoms wat jy gemaak het om dit te betaal nie, en
kry satan weer ‘n houvas op jou finansies. Christene is eerlike mense, en dit
is eerlik om jou skuld te betaal.
Betaal die Ontvanger van Inkomste want die Woord se vir jou
om jou belasting te betaal!
Jou finansies wil deur die Here gebruik word om die Evangelie
te verkondig, maar wanneer ons openinge in ons finansies het, weerhou die
duiwel ons daarvan om ons seeninge te ontvang, hy steel jou finansies sodat jy
nie met jou geld kan doen wat jy moet doen nie, en die eerste ding wat mense
nalaat om te betaal is die 10de aan die kerk! En satan wen! Want hy wil roof,
steel en verwoes.
God se "Ek gee hondervuldig terug". As jy R1.00 uitgee en jy
kry R2.00 terug het jy 100% terug gekry, maar
God se HONDERVULDIG, as as jy R1.00 gaan God vir jou R100.00 terug gee.
Isak het gesaai op droee grond! En die hele dorp verlaat hom
omdat hy op die dorre aarde saai, maar Isak is getrou aan die Woord van die
Here wat se saai, en Isak oes en
word die rykste man van daai dedeelte. Hondervoudige
oes!
Bid oor die 10des van die kerk, want wat jy saai sal jy
maai, so bid dat die finansies van die kerk suksesvol sal wees want dit is
waarin jy gesaai het, sodat jou saad terug gemaai kan word na jou.
Onthou jy gee nooit jou tiendes vir die pastoor of vir die
kerk nie, maar vir die Here, en die Here gee dit hondervuldig vir jou terug.
Wat die pastoor met die geld maak is tussen hom en die Here, jy was gehoorsaam
in die Woord van God en het jou tiendes betaal, jy het gesaai waar God se jy
moet saai, en dit is weer tussen jou en God, so God sal jou seen, maar nie saak
wat die pastoor met die geld maak nie.
2Kor 9:6&7 Maar dink daaraan: “Wie spaarsaamlik saai,
sal spaarsaamlik maai, en wie volop saai
sal volop maai”
(7) Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie et
droefheid of uit dwang nie, want God het
‘n blymoedige gewer lief!
(10) Mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood
verskaf om te eet en julle saad
vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.
Maleagi 3:8 -11 Julle
beroof God van Sy 10des en offergawes!
God se: Toets My of Ek nie die vensters van die hemele vir
julle sal oopmaak en vir julle reen sal uitgiet, MEER as wat julle kan
gebruik nie.
(11) Ek sal die springkane keer dat hulle nie die oes op
julle lande vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, se
die Here, die Almagtige.
Slotsom :
God gaan vir jou terug gee meer as wat jy nodig het!
Hy gaan die “sprinkane” weg hou van jou finansies!
Hy gaan jou beloon vir jou harde werk – jy sal nie sonder
vrugte werk nie!
Om Finasiele drukking vry te spring – hou by die riglyne wat
in die Woord vir jou gegee is sodat jy die VOLMAAKTE en WELGEVALLE wil van die
Here in jou lewe kan sien, sodat jy die mandjie wat ingedruk, ingeprop en
oorlopens toe vol is kan ontvang, sodat jy kan ontvang van Hom wat
voorsien….meer as wat jy kan gebruik!
Geestelike wet:
Wat jy saai sal jy maai is nie net van toepassing op finansies nie maar ook in
elke opsig van jou lewe, as jy liefde saai, sal jy liefde maai, as jy ongeluk
saai, sal jy ongeluk maai, en as jy vloeke uitspreek, gaan daai selfde vloek
jou tref!
Jesus liefde
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com