Sunday 30 March 2014

Hoe weet ek satan bestaan?


Ons moet al ons geestelike antwoorde in die Woord van God gaan soek.  Mens hoor so baie keer “moenie satan te veel  eer gee nie” of “as ek hom uitlos sal hy my uitlos, “ die laaste een wat ek gehoor het is “ek steur my nie aan satan nie want God is magtiger as hy”.

Ja dit is die waarheid God is magtiger as hy, maar God waarsku ons ook oor hom in die Woord, deur te se dat ons hom moet weerstaan! Dat ons moet waak om nie deur hom bedrieg en mislei te word nie. As ons, ons nie aan hom moet steur nie, hoekom sal die Woord ons teen hom waarsku?

Efes 6:11 Trek die volle wapenrusting aan sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
2Kor 2:10&11 (verkort) sodat ons nie deur die satan bedrieg sal word nie, want ons is met sy planne nie bekend nie.
Hand 10:38  met betrekking tot Jesus van Nasaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

Dan gaan seker arrogante mense so ver om te se hy bestaan nie,en se dit is ‘n verskoning wat ons gebruik om te regverdig wanneer ons  verkeerd doen of mislik en onbedagsaam is teenoor ander.  As dit jou siening is, se jy eintlik “Jesus is ‘n leuenaar!” 

In Lukas 10:18 se Jesus self  “Ek het die satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val
Luk 22:31 Jesus se “Simon, Simon kyk die satan het ‘n vurige begeerte om julle soos koring te sif”.

In Jes 14 Lees ons dat satan rebels geraak het teenoor God en is uit die hemel gegooi. In die Woord word net 3 engele by name genoem Gabriel, Migael en Lucifer.

 Lucifer, ook genoem die satan, die morester,die vader van leuens, seun van die dageraad, die duiwel,weldadiger van nasies, die koning van die vliee, die slang en die draak. Hy was die engel van musiek en het hoogmoedig geword teenoor God, en nadat hy uit die hemel gegooi is, se die Woord het hy oor die dorre aarde gesweef.

Job 1:7 En die Here vra vir satan “waar kom jy vandaan? En die satan antwoord die Here en se “ Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het”.

In Jes 14:12-14 Hoe het jy uit die hemel geval, o morester, seun van die dageraad. Hoe le jy teen die aarde neergeslaan, oor weldadiger van die nasies? En jy het in jou hart gese “ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde, ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste”.

Efes 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie (mens nie), maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wereldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lig.

Uit hierdie versie kan ons sien dit is nie net teen satan nie maar ook teen sy onderdane en dat hulle range het en uit volgende vers dat een sterker is as die ander een.
·         Die owerhede,
·         Die magte,
·         Die wereldheersers van die duisternis,
·         Die bose geeste.

Luk 11:21-26 Ek noem net vers 26. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hyself, en hulle kom in en woon daar, en die laste van daardie mens word erger as die eerste.

2 Kor 10:4-6  Want hoewel ons  in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vesting neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte vange neem tot die ongehoorsaamheid aan Christus.

1 Sam 28:11 Wees nie bevrees nie, maar wat sien jy? En die vrou antwoord “ek sien ‘n bonatuurlike wese uit die aarde opkom”.

Hoe weerstaan ons satan?

  • Deur gehoorsaam te wees aan die Woord en by God se riglyne te hou,
  • Deur dadelik onvergifnis te vra wanneer ons gesondig het sodat ons nie gevange gehou word deur die duisternis nie.
  • Deur die volle wapenrustig aan te trek soos beskryf in Efes 6.
Jesus Liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...