Saturday 15 March 2014

Hoe kan ek uitvind wat God se wil is vir my lewe?



God gee ons opdrag om te verstaan wat Sy wil is.

Efes 5:17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die Wil van die Here is.

God sal nie vir jou ‘n verantwoordelikheid gee, sonder om jou die gawe, talent en bekwaamheid te gee om dit te doen nie. Baie mense se hulle dink byvoorbeeld dat God wil he hulle moet vir siek mense gaan bid, maar hulle kan nie hardop vir mense bid nie.
As dit God se wil is dat jy dit moet doen, sal jy dit kan doen, waak daarteen dat jy nie ongehoorsaam is in God se wil net omdat jy te skaam is om te doen wat God van jou verwag nie, doen dit net, God sal met jou wees. ‘n Goeie voorbeeld hiervan lees ons in Jer 1:6-9.

Toe het ek gese “Ag Here Here, voorwaar, ek kan nie praat nie want ek is jonk” Maar die Here het vir my gese “Moenie se ek is jonk nie, want na wie Ek jou ook al stuur moet jy gaan en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek, wees nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die Here”
Toe het die Here Sy hand uitgesteek en my mond aangeroer, en die Here het vir my gese “Hiermee le Ek My woorde in jou mond

Nog ‘n versie uit die Bybel wat jou sal help om te doen wat God se wil is, sien ons in Rom 8.26
 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want, ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

Tweedens, God sal nooit teen Sy eie Woord gaan nie, so as jy iets doen wat nie in die Skrif staan nie, of wat teenstrydig is met die Woord, het jy iewers iets verkeerd verstaan wat God se wil  vir jou bediening of roeping of self lewe is. Byvoorbeeld God se wil sal nie wees dat jy ‘n drankwinkel moet oop maak nie, omdat Hy teen drank is.

Rom 8.28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. Ons sien dus dat wanneer jy op die regte pad is dat  alles ten goede sal wees, so deur omstandighede kan ons ook sien wat die wil van God is vir ons lewens.

Ons kan ook bevestiging kry deur met ander geestelike mense te gesels, veral met mense alreeds in die bediening.
Spr 11:14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk, maar in die  veelheid van raadgewers is redding.

Laastens, ons kan God vra wat Sy wil vir ons lewe is en die Heilige Gees sal jou lei, God het ‘n volmaakte plan vir jou lewe!
Rom 2:12 En word nie aan hierdie wereld gelykvormig nie, maar word verander deur die hernuwing van julle gemoed sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevalle en volmaakte wil van God is.

Hoe sal God my se wat Sy wil is vir my lewe? Die Heilige Gees sal jou se,  mense sal dit bevestig en God se Woord sal dit ook vir jou bevestig.

God praat met ons deur Sy Woord, ons moet net Sy Woord lees!

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...