Heb 11:1 Die geloof
dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat
ons nie sien nie.
Soms is dit moeilik om te glo dat God ons gaan help wanneer
dinge op die ergste is, maar in die bogenoemde versie sien ons dat ons ‘n vaste
vertroue moet he dat Hy vir ons gaan gee wat ons nog nie ontvang het of kan
sien nie.
Soms wanneer ons so
klein gelowig is wil ons weet hoekom God ons dan nie help wanneer ons Hom die
nodigste het nie. Maar God het ‘n perfekte tyd vir alles en ons sien dit
gewoonlik eers na die tyd en nie terwyl ons deur ons moeilike tyd gaan nie.
Baie mense gaan so ver om te se dat God, dit wat hulle deurgaan, aan hulle gedoen het,
en ons is geneig om Hom te blameer vir alles wat verkeerd is. Kyk wat se die
Woord oor dit.
Mal 2:17 (verkort) Julle
vermoei die Here met julle woorde," waar is die God van die reg"?
Gal 3:2 Ons ontvang als deur geloof ook die Heilige Gees. Dit alleen wil ek van julle weet: het julle
die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
2 Kor 5:7 Want ons
wandel deur geloof en nie aanskouing nie.
Jesus het gekom sodat ons kan lewe en oorvloed kan he (Joh
10:10) Maar wanneer ons sit met versugtinge en moeilike tye deurgaan, sal ons
eder God blameer vir wat met ons gebeur as om na Hom te gaan en op Hom vertrou.
Jesus se ons ontvang nie omdat ons nie genoeg geloof het nie. (Mat 17.20)
Verder se Hy dat Hy ons verseker dat as ons glo sonder om te twyfel ons
dieselfde sal kan doen as wat Hy met die vyeboom gedoen het (Mat 21:21)
Joh 16:23&24 Jesus se: “Voorwaar, voorwaar, Ek se vir julle, ALLES wat julle die Vader sal vra
in My Naam sal Hy julle gee, tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie.
Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees”.
Fil 4:5-7 Maak alles ‘n begeerte deur gebed en smeking en
danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe
gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
As jy voel jy sukkel met geloof vra vir God, In Jesus Naam
om jou geloof te versterk.
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com