Eerstens van alles
is hierdie ‘n riglyn en onder geen omstandighede beskuldig ek enige ouer wat ‘n
kind verloor het deur selfmoord nie. My doel met dit is om ouers
“gevaar-tekens” te wys maar meer, om mense te leer dat dit nie die goedkeuring van God wegdra om jou eie lewe te neem nie. My gebed is dat iemand wat dit
oorweeg om selfmoord te pleeg of al oorweeg het om dit te doen, te help om dit
nie te doen nie, mag die Heilige Gees my lei in wat ek skryf. Amen
Hierdie is ‘n
onderwerp wat ons amper daagliks van lees in die koerante, bekende mense wat
selfmoord gepleeg het, maar meer skokkend hoeveel tieners dit deesdae doen of
oorweeg.
Statistieke het
bewys dat 1 uit elke 20 tieners dit of al probeer het, of dit al oorweeg het.
Wat veroorsaak dat hierdie statistieke so hoog is?
Finansies en materialistiese dinge: - Mense
spandeer geld wat hulle nie kan bekostig nie
aan huise, karre en vakansies net om te kan
wys ons het dit of was daar, mense se waardes het verander, en ons dink dat ons
gemeet word aan wat ons besit. En wanneer dit finansieel nie goed gaan nie, en
mense huise en karre begin verloor is die skaamte en vernedering te veel om te
handteer.
Skoonheid of aantreklikheid:- Ons
wereld sit ‘n maatband vir ons deur sterre en modelle oor hoe ons moet lyk, hoe
ons moet aantrek, hoeveel ons moet weeg, en as ons nie hieraan voldoen nie
begin ons depressief raak. Emosioneel begin self-haat, self-verwerping,
self-bejammering intree en kort voor lank depressie.
Populeriteit: As ons
nie voel ons is poluler onder vriende nie, nie deel van die “Click” nie, maak
dit ons depressief en begin ons dink ons is sosiaal onaanvaarbaar, dan tree
minderwaardigheid, self-bitterheid, selfhaat, eetafwykings soos anoreksie,
bulimie en oor-eet in.
“Peer pressure”: Sel fone is seker een
van die grootste “waardes” waaraan kinders hulleself meet, dan natuurlik die
motorfietse en karre wat kinders mee skool toe ry. Wat het geword van “jy moet
werk vir wat jy wil he”? Nog meer, waardeer wat jy het, al is dit ‘n 1985 City
Golf wat jy moet afbetaal!
Egskeidings / Tweestryd in die huis:
Egskeidings se syfers is skokkend. Maar meer skokkend is dat ouers nie meer
omgee hoe hulle kinders dit handteer nie, of dat kinders hoor hoe hulle baklei
en mekaar sleg se nie. As jy jou man/vrou sleg se, se jy jou eie kind sleg,
want 50% van jou man of vrou is jou kind! Hy/Sy is deel van jul albei het jul
albei se karaktertrekke. Hoeveel keer het jy al vir jou kind gese “jy is net
soos jou pa/ma” as hulle iets verkeerd doen? Net soos aanranding, het jy al
gedink hoe voel jou kind om in ‘n huis te bly waar ouers mekaar fisies aanrand?
Ouers wat skei se kinders sukkel met gevoel van verwerping, en wanneer die
gevoel van “een van my ouers het my verwerp” intree, raak die sirkel net
grooter en later voel hulle almal verwerp hulle.
Gebroke verhoudings: - Omdat
daar so maklik geskei word, en mense mekaar verneek in verhoudings en huwelike,
leer ons kinders dat verhoudings ook geen waarde het nie. Kinders verloor die
mooiste van verhoudings en huwelike deur wat hulle by hulle eie ouers leer. AS
hulle verhoudings nie uitwerk nie is dit te veel om te handteer dat hulle
verwerp is en weereens tree jaloesie, vernedering, self-verwyt, self-haat en
later depressie in.
Seksuele druk: Vandag is
dit amper abnormal dat ‘n kind op skool nog nie seks gehad het nie, die druk
van vriende hieroor is geweldig en kinders word geterg omdat hulle kuis en rein
is. Dan die skaamte wanneer hulle uitgevang word deur ouers of self swanger
raak of aids en seksuele siektes op doen.
Die vernedering, stres en skaamte hieroor is
vir hulle te erg en hulle voel die enigste uitweg is selfmoord. My passie is om
met tieners te werk, en dit is skokkend om te hoor hoeveel seuns se pa vertel
hulle om soveel seks as moontlik te he, want as jy eers getroud is kry jy dit
nie meer nie!! Wat leer jy jou kind?
Dwelms en drankmisbruik: Tieners
begin met hierdie dinge om sosiaal aanvaar te word. Hoekom voel ‘n kind so?
Omdat hulle nie by die huis aanvaar voel nie, nie genoeg aandag kry nie ens.
Dwelms, drank en rook is alles verslawings wat jou “goed-voel hormoon”
(serotonien) vrystel, en kort voor lank is jou kind verslaaf aan iets om goed
te voel.
Verkeerde vriende: Daar is
nie so iets soos verkeerde vriende nie, kinders met dieselfde emosionele
probleme is kinders wat vriende is. Soos Past Louis de Kock se “Birds of the
same feathers, flock together”
Ken jou kinders se vriende en praat met jou
kind. Kommunikasie is so belangrik en maak seker jy luister aandagtig, nie met
‘n halwe oor nie, wat jy mag dink is sommer onbelangrik, kan lewensbelangrik wees vir jou kind.
Homoseksueliteit: Ek gaan
Dr Cameron se beweering hier plaas, en nie verder uitwy oor dit nou nie, wil
graag ‘n blog doen oor die onderwerp op ‘n latere stadium, ek wil net nou noem
dat mens nie so gebore is nie en dat dit heeltemal teenstrydig met God se Woord
is, en ook net noem dat studie bewys het dat uit 4000 vrouens wat selfmoord
gepleeg het meer as die helfte van hulle lesbeen was, maar ek sal later meer
oor dit se. Redes soos aangegee deur Sielkundige ,Dr Cameron.
Ø
a dominant, possessive, or rejecting
mother
Ø
an absent, distant, or rejecting father
Ø
a parent with homosexual proclivities,
particularly one who molests a child of the same sex
Ø
a sibling with homosexual tendencies,
particularly one who molests a brother or sister
Ø
the lack of a religious home
environment
Ø
divorce, which often leads to sexual
problems for both the children and the adults
Ø
parents who model unconventional sex
roles
Ø
condoning homosexuality as a legitimate
lifestyle– welcoming homosexuals (e.g., co-workers, friends) into the family
circle
Geweld
/ Verkragtings: Kinders wat deur hierdie tipe van drama gaan en die
probleem word nie opgelos of professionele hulp vir die kind aangebied nie.
Geliefdes
wat aan die dood afgestaan word: Weereens moet ons met ons kinders
praat oor hierdie tipe van dinge, uitvind of hulle emosioneel kan
handteer wat gebeur het, hulp soek by professionele mense as onsself nie kan help nie en seker te
maak dat jou kind die aandag en ondersteuning kry wat hulle nodig het.
Die
okkulte: Hoeveel van ons besef dat ons kinders by hierdie tipe van
ding betrokke is, en ek bedoel nie net by ‘n okkultiese groep betrokke is nie,
maar na musiek luister waar die lirieke se dit is reg om jou eie lewe te neem,
rekenaar speletjies waar dit aangemoedig word, flieks waar dit gedoen word deur
die held van die fliek ens.
Moenie
toelaat dat satan jou kind se denkwyse beinvloed deur gemors flieks, musiek en speletjies
nie, Let op wat na wat in jou kind se lewe aangaan en waarna hulle luister,
soos die liedjie wat nou seker die bekendste is na die Oscar storie…Bullet for
my valentine…luister na die lirieke van die goed waarna jou kind luister.
Christenskap: Maak
jou kinders groot in ‘n huis waar hulle Jesus ken! God het jou genoeg vertrou
as ouer om vir jou kind/ers te gee om hulle God vresend groot te maak. Kinders
wat God ken sal nie selfmoord pleeg nie want hulle sal weet waar om hulp te
gaan soek as die aarde nie hulp kan aanbied
nie, hulle sal weet op wie hulle kan
staatmaak en meer hulle sal weet dat selfmoord sonde is en dat hulle nie die
ewige lewe sal beerwe as hulle selfmoord pleeg nie.
Disrepek
vir lewe: Aborsies is seker een van die grootste tekens van disrepek
vir lewe. Net God kan
lewe skenk en maak nie saak hoe mens daarna kyk nie, ons mag nie ‘n lewe neem
nie, dit is moord! Genade dood is ‘n ander rede en vorm van disrepsek teenoor
lewe. God se solank daar asem is, bid vir lewe! Genade dood is ook moord!
Dreigemente
van selfmoord: Moenie dit ligterlik opneem as jou kind dreig om selfmoord
te pleeg nie, meeste van hulle bedoel wat hulle se, en as jy nie reg reageer
oor dit nie, kan
dit jou kind se lewe kos, die regte manier is nie om jou kind te dreig, te
verskree en aan te rand nie!
‘n
Kind wat dit noem is ‘n kind wat liefde, aanvaarding en ondersteuning soek.
Maak seker jou kind weet dat as hy/sy dit ooit doen jou lewe ook sal ophou want
jy kan nie
sonder jou kind in jou lewe klaar kom nie. Verseker hom/haar van jou liefde al
sien hulle dit nie altyd raak nie, en as jy nie verder weet hoe om dit te
handteer nie, praat met iemand wat kan
help.
Deel 2 Vervolg.
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
No comments:
Post a Comment