Wednesday 6 March 2013

Kan Christene aangeval word deur satan?

Gustave Doré, Depiction of Satan, the antagoni...
Gustave Doré, Depiction of Satan, the antagonist of John Milton's Paradise Lost c. 1866 (Photo credit: Wikipedia)



Deesdae hoor ek baie mense se dat hulle nie vervloek kan word of deur satan aangeval kan word as hulle Jesus aangeneem het nie, die Bybel vers wat hulle gebruik om dit te staaf is Rom 8:1 en 2.
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees, want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Ek stem 100% saam met wat die versie se, maar dit is NET as jy 100% sonde vry lewe, en wie van ons kan se dat ons dit doen? Ons almal word in die versoeking gely, ons almal word kwaad, ons almal se “ietsie” van iemand, ons almal swig van tyd tot tyd voor een of ander sonde! Ja ons het vergifnis in Jesus, en Hy sal ons sonde so ver soos die ooste van die weste verwyder, maar op daai oomblik toe jy die sonde gepleeg het, het jy jouself oop gemaak vir die aanslag deur satan.

Satan los niemand uit nie, en ek glo hoe harder jy probeer om sondevry te leef hoe meer wil hy jou aanval. Hy kan dalk veroorsaak dat iemand iets sleg sê van jou en voor jy jou kan keer is jy kwaad daaroor en sê jy iets sleg terug van die persoon. Sonde is nie altyd iets groot soos steel of egbreek nie, skinder, kwaad word, vloek, lieg, ongeduldigiheid ens is alles sonde en niemand van ons kan sê dat ons dit NOOIT doen nie.

Maar om my punt te staaf gaan ek gou so paar voorbeelde in die Woord noem waar satan gelowige mense aangeval het, tot vir Jesus wat werklik sondevry was.

Mat 4:9 Die duiwel se aan Jesus “Dit alles sal ek jou gee, al wat jy moet doen is om neer te kniel en my aanbid”
Het satan nie dalk al vir jou ambisie in jou lewe gegee om jou van God af weg te ruk nie? ‘n Werk wat jou so besig hou dat jy nie Sondag by die kerk kan uitkom nie, of wat jou so moeg maak dat jy nie in die aand meer kan bid nie, maar net neerval op die bed en aan die slaap raak.

Gen 4:7
Die Here se: Wag daar nie vergoeding vir jou, as jy goed doen nie, en as jy nie goed doen nie? Die sonde (satan) le en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou, jy moet oor hom heers.

Luk 22:3
Jesus se :Simon, Simon, Kyk die Satan het ‘n vurige begeerte om julle soos koring te sif.
Afr Naslaan Bybel se En die Satan het in Judas gevaar, wat Iskariot genoem word en wat uit die getal van die twaalf  (disipels) was.

Ons almal ken die storie van Job. (Job 1:8) Job was ‘n man vroom en opreg, Godvresend en wat afwyk van die kwaad, en tog het God toegelaat dat satan hom ook aanval as toets van sy geloof.

My punt is nie dat God jou gaan oorlewer aan die duiwel nie, maar dat ons nie toe oe deur die lewe moet gaan nie, want sonde staan tussen ons en God, en dit is net die kans waarvoor satan wag.

Ek stem saam dat God die gelowiges beskerm, maar dan moet ons heilig staan voor Hom, en as ons doen dan kan ons Rom 8.1 ons eie maak.

Ek weet van ‘n spesifieke persoon wat weier om te glo dat satan hom aanval. Hy is ‘n baie mooi Christen en doen baie werk vir die Here met Jeug, maar hy het ‘n seksuele verhouding met sy meisie. Buitehuwelikse seks is ‘n sonde…as jy Rom 8:1 jou eie wil maak staan rein voor God anders gaan satan jou kaf.

Jak 2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Ons val nie meer onder die wet nie, maar die genade van Jesus, en wanneer ons Jesus in ons hart het, sal ons nie meer WIL sondig nie, sal ons na heiligmaking strewe omdat ons Jesus wil behaag.

Verstaan my hart mooi in hierdie inskrywing, ek oordeel nie, ek leer, God se My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis, en omdat jy die kennis verwerp sal ek jou ook verwerp!. (Hos 4:6)

Laat ons al die kennis win wat ons kan, sodat ons die welgevalle wil van God in ons lewens kan sien, en met danksegging kniel vir Jesus wat ons oor en oor vergewe vir ons oortredinge.

Wanneer ons waardes deurentyd uitgedaag word, binne sowel as buite die Kerk, raak baie mense verward, onseker en weet nie wat om te glo nie. In Hos 4:6 staan geskryf: “My volk word verwoes omdat hulle My nie ken nie.” Die grootste kennis is om God te ken. Spr 1:7 sê: “Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.”

Dit maak nie saak hoe dikwels ons kerk toe gaan of die Here aanbid nie, sonder kennis het ons geen waarborg op sukses nie. Sukses in die lewe hang van veel meer af as om net gered te wees. Dit neem veel meer as om bloot net lief te hê. Deur te glo en lief te hê, is belangrik, maar dit hou geen waarborg in vir lewens sukses nie.


Ons het kennis nodig van die Bybelse beginsels, God se grense wat Hyself vasgestel het. Bybelse beginsels sal nooit verander nie. Hulle is universeel toepaslik – in elke kultuur en ten alle tye. Moeilikheid kom wanneer ons dié beginsels ignoreer of skend.  Dít is aan reëls, regulasies en voorwaardes onderworpe wat God neergelê het en wat Hy in Sy Woord openbaar.

Jesus seën
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...