Sunday 31 March 2013

Selfmoord – Deel 2 Wat se die Bybel?


Daar was mens in die Bybel wat selfmoord gepleeg het, en baie mense haal die geval van Simson op as regverdiging van selfmoord.
Simsom het nie selfmoord gepleeg nie, maar het in oorlog die Filistyne doodgemaak, in die proses moes hyself ook doodgaan om ander te red. Dit was ‘n oorlog geval, nie selfmoord nie, maar Judas wat vir Jesus verraai het, het skuldig gevoel en selfmoord gepleeg,(Mat 27:3-5) Saul het teen God gerebeleer en was gevangene geneem, uit vrees dat hy gemartel gaan word het hy sy dienskneg gevra om hom dood te maak, toe hy weier het Saul in sy eie swaard geval en gesterf.(1Sam 31:3-5). As ons kyk na die bogenoemde 2 gevalle sien ons dat albei skuldig gevoel het, of bang was, of teen God opgetree het en toe selfmoord gepleeg het.
Hoekom is dit sonde om selfmoord te pleeg?
Lewe is ‘n geskenk van God, Hand 17:25 omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.  Gen 2:7  En die Here God het die mens geformeer  uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het Hy dan die mens ‘n lewende siel gemaak.
Hy het jou geboorte beplan nog voor jou ouers dit beplan het, jy is gemaak VIR God se doel. Jy is geskape in Sy Beeld. Jesus se jy moet jou naaste lief he soos jouself.(Rom 13:8-10) Om jou geskenk van God (lewe) te haat, en om jouself te haat is teen God se Woord. God verbied ons om mense se lewens te neem, dit is moord, dus om jou eie lewe te neem is ook moord. Gen 20:13 Jy mag nie doodslaan nie.
Ons lees in Gen 9:1-3 dat God ons mag gee oor alles in die lewe, ons mag diere dood maak om te eet, en ons mag plante eet, dan waarsku Hy in vers 5&6 “Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis, van al die diere sal Ek dit eis, ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis .Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word, want God het die mens na Sy beeld gemaak”
So wanneer ‘n mens homself doodmaak, maak hy nie ‘n plant of ‘n dier dood nie, maar maak hy ‘n persoon dood wat in die Beeld van God geskape is, vir wie God asem in sy neus geblaas het, vir wie God ‘n siel gegee het, en dit is moord!
Rom 12:1 Ek vermaan julle dan broeders, by die ontferming van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevalle offer – dit is julle redelike Godsdiens.Jou liggaam behoort aan God, nie aan jouself nie. Dit is ‘n offer vir God so jy mag nie jou eie lewe neem nie.
Lewe is van God, dood is van die vyand, satan!
Ps 64:1 Hoor my stem, O God, in my klagte, bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
Heb 2:14 …sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel.
In Gen 4:10&11 lees ons die gesprek tussen Kain en God nadat hy Abel doodgemaak het. God se “Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af, daarom sal jy vervloek wees…”
As jy moord pleeg is jy vervloek!
Spreuke 6:16&17  Hierdie ses dinge haat die Here en die sewende is vir sy siel ‘n gruwel. (17) trotse oe, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet..
Om selfmoord te pleeg is ‘n klap in God se gesig, want dit se jy vertrou Hom nie genoeg om jou probleme op te los nie, en dat die lewe wat Hy jou gegee het nie in jou oe waardig is om geleef te word nie.

Job is 'n baie goeie voorbeeld van selfmoord. Nadat alles met hom verkeerd geloop het stel sy vrou voor dat hy selfmoord pleeg (Job 2:9) maar nooit het Job dit gedoen nie, hy het wel die dag van sy geboorte vervloek, maar nooit het hy teen God gedraai nie, hy se in Job 2:10 Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie. By die alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

Kan jy dan hemel toe gaan as jy vervloek is deur God?
Kom ons kyk wat se die Woord.
Eks 23:7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.
Open 22:15 en Open 21:8 moordenaars se deel is in die poel wat brand met vuur en swawel.

Deel 3 vervolg.
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...