Sunday 31 March 2013

Selfmoord – Deel 3 Wat is die oplossing?



Ons het nou gesien dat die Woord ons leer dat ons nie moord, self-moord of genade dood mag pleeg nie, want almal is moord in God se oe en almal se straf is hel.
Luk 12:4&5 Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie, maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees, vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp, ja, Ek se vir julle vrees Hom.
Maar ons leer ook in die Woord dat daar nie ‘n probleem in die lewe is wat God nie vir jou sal/kan oplos nie, of jou deur dit sal dra nie.
1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan handeer.
Fil 4:13 En ek is tot alles in staat, deur Christus wat my krag gee.
Ek kom terug na Job, as daar een mens in die Bybel is wat sekerlik tot op die uiterste beproef was om selfmoord te pleeg was dit hy, maar hy het nie, hy het bly vertrou op God en aan die einde het God vir hom dubbel terug gegee wat hy verloor het, en sy lewe oorvloedig geseen, is dit nie ‘n goeie voorbeeld vir ons wat deur versugtinge gaan nie? Jak 5:10&11 …en julle het die einddoel van die Here met hom (Job) gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is
Ek het in deel 1 dinge genoem wat mense tot selfmoord kan lei. Kyk wat se die Woord oor die dinge.
Finansiele probleme / besittings – Mat 16:26 Want wat baar dit ‘n mens as hy die hele wereld win, maar aan sy siel skade ly?
Homoseksueliteit , alkolisme, okkulte, egbrekers, geldgierigheid – 1Kor 6:9 &10 Of weet julle nie dat die onregverdiges die Koningkryk van God nie sal bereerwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoerreerders of afgodediennaars of egbrekers of wellustiges of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die Koningkryk van God beerwe nie!
Aborsie – Luk 1:42 Geseend is jy onder die vroue, en geseend is die vrug van jou skoot! As die Woord se jy is geseend omdat jy swanger is, beteken dit jy mag van die baba ontslae raak?
Huweliks probleme – Lees Efes 5:22-33 oor hoe die huwelik moet wees en gebruik dit as riglyn vir jou huwelik en God sal jou huwelik verder seen.
Dit is nie altyd maklik om deur seer, siektes, armoede, finasiele druk ens te gaan nie, maar Jesus se dat alles ten goede sal uitwerk vir hom wat God lief het. Rom 8:28 As jy die hele Rom 8 lees sal jy sien dat nie alles in die lewe goed is nie, maar dat die resultate aan die einde goed sal wees, ons verstaan nie altyd hoekom die dinge met ons gebeur nie, maar wanneer ons daardeur is en terug kyk sien ons dat dit in die eerste plek nie so sleg was nie, tweedens dat ons deur dit gekom het en derdens dat ons beter af is sonder dit, of as gevolg van dit.
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk.
Lees die boek van Jakobus, dit is 4 bladsye lank maar dit bespreek al die probleme van die lewe waardeur ons kan gaan, dit versterk ons geloof, dit vertel jou om na God te gaan en te vra vir hulp, om te glo, sonder twyfel dat God sal help en voorsien, dat ons vie siekes moet bid, dat sonde vergewe sal word, maak nie saak wat ons gedoen het nie.
As jy al ooit selfmoord oorweeg het of probeer pleeg het, staan jy onrein voor God, gaan soek hulp by die kerk of berader of selfs gelowige vriend wat jy weet deur die Heilige Gees werk, maar moenie dit net los nie, dit kom van satan en jy moet hierdie vloek/sonde breek.

Gebed:
God, my Heilige Vader, ek vra U vergifnis omdat ek my lewe wat U my geskenk het so gering geag het dat ek my eie lewe wou neem, vergewe my asseblief in Jesus Naam vir hierdie sondige gedagtes en was my skoon met die Bloed van U Seun, ek breek nou die mag van satan in my lewe in Jesus se kragtige Naam en neem Jesus aan as my Verlosser in enige probleme wat ek in my lewe het, Ek staan op U Woord wat se, ek is tot alles in staat deur Jesus wat my krag gee. Dankie Jesus, Amen

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...