Wednesday 9 January 2013

Siekte Deel 3 - Jaloesie & Afguns




Wat veroorsaak dat mens jaloers is?

Armoede is seker die grootste rede vir afguns en liefdesteleurstelling en verwerping deur ‘n geliefde is sekerlik die grootste rede vir jaloesie.

Satan is die vader van leuens, en wanneer hy ‘n opening in ons lewens kry om ons te kaf, doen hy dit in oorvloed.

As iemand jou hart gebreek het, kry hy die opening om jou te laat glo jy is nie goed genoeg nie,emosioneel begin jy jouself vergelyk met ander mense, jy begin kompeteer in alles wat jy doen sodat jy net beter kan voel, beter kan lyk, beter kan doen en beter kan wees. Uit hierdie twee dinge begin die emosionele probleme ontstaan van jaloesoe en afguns, beny en begeer.

Afguns is wanneer jy ongelukkigheid binne jou beleef wanneer ander presteer, geluk vind, bevorder word, meer geld verdien ens. Beny en begeer val ook onder afguns.

Jaloesie is wanneer jy iemand anders of hulle besittings beny of afgunstig is omdat hulle iets het wat jy nie het nie.
Jaloesie is ook geldgierigheid (Heb 13:5) Ons moet tevrede wees met wat ons het en ons gedrag moet vry wees van geldgierigheid.

Is jaloesie en afguns ‘n sonde?

Mat 6:25 Daarom se ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe nie – Wat jul sal eet en wat julle sal drink nie, of oor die liggaam, wat jul sal aantrek nie. Is die lewe nie meer werd as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Ons mag dus nie afgunstig wees oor hoe ander aantrek nie, of wat hulle het nie.

Mrk 7:20-23 se dat slegte gedagtes van mens se hart kom, dan noem dit die gedagtes soos bedrog, moord, hoerery, diefstal, boosheid, afguns ens.

Afguns is dus ‘n slegte gedagte, en as iets sleg is is dit sonde!.

Rom 1:28 mense wat God nie ken nie hulle is vol jaloesie, want Hy gee jou oor aan jou verdraaide opvattings.

Jaloesie is omdat ons God nie ken nie, en nie op Hom vertrou nie (sal later terug kom na die punt onder jaloesie op man of vrou in huwelik/verhoudings)

Gal 5:19 – 21 Die werke van die vlees is geopenbaar naamlik…..en in vers 21 word afguns genoem.

Gal 5:26 Laat ons nie word soekers van ydel eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

Uittart is deel van kompeterend wees en beny en begeer is deel van jaloesie.

Ex 20:17 Jy mag nie jou naaste te huis begeer nie, jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg od sy diensmaagd, of sy os of sy esel, of iets wat aan jou naaste behoort nie.

Ons sien dus dat jaloesie en afguns en sy takke soos begeer en beny sonde is.

Maar hoekom is dit sonde?

Omdat ons op God moet vertrou om vir ons ook te gee wat ander het, omdat ons ander se eiendom met ons eie vergelyk en in pleks daarvan om dankbaar te wees vir wat ons het, is ons jaloers oor wat ons nie het nie, en die Woord leer ons om te bid met danksegging. Alles wat ons besit het ons omdat God ons genadig is, ons het NIKS as ons nie genade van God het nie.

Jaloesie in ‘n verhouding of huwelik.

Hoekom is jy jaloers? Wie het jou hart gebreek? Ons is jaloers in ‘n verhouding omdat ons persoonlik en emosioneel seergekry het. Nie noodwendig in ‘n ander verhouding nie, maar ook in ons kindertyd deur familie lede en ouers. Baie mense wat aan jaloesie lei het dit omdat hul ouers geskei het….die gedagte wat daarmee gepaard gaan is “As my ouers mekaar nie kon vertrou nie, hoe kan ek iemand anders vertrou om getrou te bly”

Maar die grootste probleem wat onstaan uit jaloesie is dat jy jouself begin afbreek. Jy begin die gedagtes ontwikkel en koester dat jy nie mooi/aantreklik genoeg is nie, nie goed genoeg is nie, te maer of te vet is, te dom is, te onvriendelike is ens…..en hier is waar satan vryhand kry oor jou lewe en gedagtes.

Hy vertel jou om jouself te verneder en sleg te se. As iemand jou komplimenteer en se “jy lyk mooi in daai klere”, sal jy omdraai en se, “net jammer my hare lyk so sleg”, of “net jammer my skoene pas die by die klere nie” ens, jy sal altyd iets negatiefs omtrend jouself se.

Verder vergelyk jy jouself met ander, as iemand voor jou staan en het mooi oe…sal jy aan jou eie oe dink en dink dit is so vaal….of my grimering lyk so sleg teen hare ens.

En so begin selfhaat en verbitterdheid teenoor jouself en ander ontwikkel. Deur jouself te vegelyk met ander, begin jy op ander se opinie omtrend jouself staat maak in pleks van God se opinie, jy begin dink dat God meer vir ander gee en omgee as vir jou, jy begin om satan se leuens te glo in pleks van God se beloftes in die Woord want Hy se “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie Heb 13:5

God het jou geskape, so daar is NIKS verkeerd met hoe jy lyk nie.Staan voor die spieel en sien jouself deur God se oe, bedank hom vir jou mooi oe,jou mooi neus, jou pragtige glimlag,jou mooi gesonde hare….toets dit vir so paar dae, kyk regtig na jouself en jy sal sien wat God sien, hou aan om dit te doen totdat jy die waarheid begin glo….en dit is dat God nie foute gemaak het toe Hy jou gemaak het nie, jy is uniek geskape deur Hom en Hy het nie vir jou die verkeerde neuse, of oe of kleur hare gegee nie, Hy het presies geweet wat pas by jou.

As jy jaloesie beleef in jou huwelik of verhouding omdat iemand anders jou verneek het, hier is wat jy doen. Jy kan nie jou maat 24uur per dag oppas of agtervolg om te sien wat hulle doen nie, maar Jesus kan!!

So hier is wat jy doen. Jy bid en vertrou Jesus om jou maat op te pas, jy vra Hom om jou maat blind te maak vir dinge wat hy/sy nie moet sien nie, doof te maak vir goed wat hulle nie moet hoor nie, en voete te gee wat die pad moet loop wat Jesus vir hulle gekies het, en jy vertrou Hom met dit! Wanneer satan in jou oor fluister stuur hom hel toe en se klip hard ek vertrou vir Jesus!

Siektes wat kan spruit uit jaloesie en afguns is been siektes, soos osteoporose, Artritis, kroniese moegheid rugkwale, spier siektes en suikersiektes.
Behalwe vir die volgende verse wat ek gaan noem is daar ook ander siektes wat kan ontstaan uit emosionele probleme wat ons ummuunstelsel afbreek, maar ek sal dit later weer bespreek.

Spr 14:30 “‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente

Ps31:11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug, my krag struikel deur my ongeregtigheid en my gebeente teer uit.

Ps 102:4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos vuurherd.

Spr 17:22 ‘n verslae gees (emosionele ongelukkige gees) laat die gebeente uitdroog.

Gebed:

Vader, In Jesus se Heilige Naam vra ek vergifnis vir my sonde van afguns en jaloesie en al die wortels daarvan, vergewe my ook as ek afguns en jaloesie in ander mense se lewens veroorsaak het. Leer my om my denkwyse te verander en om myself deur U oe te sien.

Vergewe my omdat ek self-haat, minderwaardigheid, selfbewustheid en self-verwerping in my lewe toegelaat het, ek weet nou dat ek volmaak geskape is deur U. Laat U Gees my lei in waarheid en maak my doof vir satan se leuens.

(Indien jy siek is) Vader, noudat ek die wortel van my siekte ontdek het, genees my daarvan asseblief in Jesus se Heilige Naam Amen.

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Ek voel baie dae nie goed genoeg nie! Ek twyfel in myself en hoekom sommige mense raak gesien word en ek nie! Ek probeur altyd help of 'n ekstra Hand wees. Ek sien altyd die mooi in almal raak,maar almal loop my hart verby.Voel of alles my deusdae onder kry!

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...