Sunday 2 December 2012

Hoekom genees mense nie van siektes nie? Blokkasies

 
Die heel eerste en grootste blokkasie in ons lewens is vergifnis.

Mat 6:14&15 Jesus leer ons “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe…..maar kyk na die volgende vers…..MAAR as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie vergewe nie!

Kan hierdie die blokkasie in jou lewe wees hoekom jy nie geneesing ontvang nie?

Jesus se in Mat 22:37-40 En Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhe soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete”

Joh 14:15 “As julle My liefhet, bewaar My gebooie”, Joh 14:23 “As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar”, 1Joh 5:3 Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar, en Sy gebooie is nie swaar nie.

Die mens bestaan uit 3 dele. Jou gees-,siel-en liggaamdimensie en wanneer jou sielsdimensie ongelukkig is val dit jou liggaam aan en blok jou geesdimensie.

Onvergifnis le in jou siel (emosionele) dimensie, jy dra ‘n wrok, jy is permanent kwaad vir iemand, jy haat, jy verwens, jy vervloek, jy is bitter, raak beskuldigend, voel angstig, jaloers, afgunsitig en ongelukkig. Dit veroorsaak ‘n blokkasie in jou gees dimensie, (jou verhouding met God is nie reg nie!) en dit val jou liggaam aan (jy begin siek word)

Siektes wat kan uitspruit uit die boonste emosionele gevoelens is goed soos hoe bloeddruk, angs-aanvalle, asma, spier spasme, sweet, hartkloppings, bloedsuiker en kanker.

85% van alle siektes kom van emosionele probleme af. Ons almal ken die versie wat se “hernuwe jou gemoed (gedagtes) sodat jy die volmaakte wil van God in jou lewe kan sien, maar kyk ook na die volgende versie.
Heb 9:14 Hoeveel te meer sal die bloed van Jesus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien.

Uit hierdie versie kan ons sien dat ons deur die Bloed van Jesus instaat is om te vergewe, maak nie saak hoe groot die oortreding was wat teen ons gedoen is nie. Wanneer ons hierdie seer na Jesus neem en vergifnis vra vir ons haat gevoelens, sal Hy ons help om van dit ontslae te raak en nog meer sal Hy jou help om te kan vergewe.

Ten slotte, neem asb kennis dat ek nie se dat sodra jy klaar gebid het, moet jy al jou medikasie gaan weggooi nie, om te vergewe en te genees is ‘n proses.

Maak dit ‘n saak van gebed, en monitor jou siekte met jou medikasie. As voorbeeld, hoe bloeddruk, doen die gebed, werk aan jou vergifnis, en nadat jy voel jy het volkome vergewe, gaan en laat die apteker jou bloeddruk neem, as dit aansienlik laer is weet jy mos jy is genees en kan jy jou pille los, maar gaan toets dit weer na ‘n rukkie om net seker te maak dat jy dit permanent kan los….Jesus genees onmiddelik, maar die vyand kan ons ook potjie deur jou te laat voel jy het vergewe, maar diep binne jou sit jy nog met stukkies wrok ens. Jy moet ten volle genees wees van vergifnis se takke, sodat jy ten volle genees kan word van die siekte.

As jy nogsteeds nie genees het nie, vra die Heilige Gees om jou te wys of daar iemand is wat jy dalk van vergeet het om te vergewe, miskien iets wat gebeur het toe jy ‘n kind was en miskien dink jy dit is al lankal vergewe maar jy kon dit in jou onderbewuste net onder druk het.

Doen die volgende gebed vir vergifnis:

Vader, ek kom voor U in die Naam van Jesus en vra vergifnis vir my sonde, vergewe my omdat ek ander nie vergewe het nie.

Ek vergewe nou vir … (byvoorbeeld: Sannie en spreek haar vry, ek vergewe nou vir Pietie en spreek hom vry, ek vergewe nou my ma en spreek haar vry ens…)

Vader ek vat verantwoordelikheid vir enige sonde wat deel geword het van my van my voorgeslagte. Ek bely dit as sonde en vra vergifnis daarvoor, en vra dat U die opening wat satan op hierdie manier in my lewe gekry het sal seel.

Ek vergewe ook myself vir dinge wat ek gedoen het teenoor ander en myself. Breek asb die mag wat satan op my het om my te herinner aan oortredinge wat ek aan myself en ander gedoen het, en wat ander aan my gedoen het.

In Jesus Naam
Amen.

Dit is baie belangrik om jouself ook te vergewe want Jesus se jy moet jou naaste liefhe soos jouself….jy kan nie ander mense liefhe as jy jouself haat nie, en as beeld van God moet en mag jy jouself nie haat nie….maar ek sal op ‘n volgende blog praat oor selfhaat en selfverwyt.

Eseg 36:26&27 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee, en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal My Gees in julle binneste gee en Ek sal maak dat julle in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou en doen”

SIEN OOK JESUS MAAK NIE DOOD NIE

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindpaar@gmail.com



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...