Wednesday 23 January 2013

Genees van borskanker – Thea se getuienis Deel 1





Die volgende getuienis is gedeel deur Thea Temelevren, ‘n vrou wat 100% genees is van borskanker. As jy voel jy wil ook graag jou getuienis lewer op die blog, sit dit as “comment” onder aan of epos dit vir my na belindapaar@gmail.com dan sit ek dit ook op die blog om ander vroue te ondersteun.

Baie dankie Thea vir jou mooi getuienis, soos jyself se: Net Jesus kan genees!!

Thea se storie

Laas nag het ek in my hart gevoel gekry om my getuienis te lewer van hoe Jesus my gesond gemaak het, en ek weet dit is die Heilige Gees wat met my praat, want ek is n wedergebore Christen. 

My naam is Thea, het groot geword in n baie Christelike huis, maar was altyd rebels en het die bree pad saam met duisende geloop my lewe lank, en as ek vandag terug dink aan my verlede, dan sien ek selfs hoe lief het God my nog steeds gehad al was ek op die bree pad. God het ook heelwat tragiese dinge op my pad gesit maar ek het nie geluister nie, en my hele hele lewe lank was ek soekend na 'iets'.....maar nie geweet wat is dit wat ek soek, hoekom bly ek soekend, dan dink ek dis liefde vir iemand, maar nee die soekende gevoel bly sit.......so het dit gekom n week voor die  22 ste Augustus 2010, ek het gerook jare lank, maar was n puffer, maar my siggies, ai, kon nie sonder die goed nie, maar die week het ek so naar geword van rook, en ek het gedink ek kry griep, en al minder gerook want dit was sleg.

Toe ek die 22ste Augustus 2010 by die huis kom die Vrydag middag na werk, en so jeuk gevoel op my linker bors gekry en toe voel ek die knop,...en ek dink, genade die ding was nie daar nie, en dis groot, ek het onmiddelik die foon gevat en sommer sonder n dokters brief die Mamogram afdeling gebel by Pretoria Oos hospitaal en n afspraak gemaak, die dame se toe my afspraak is die volgende Vrydag, ek se “nee, nee jy verstaan nie, hierdie is dringend”, maar sy antwoord net  “jammer ons het niks oop voor dan nie”, die hele naweek was n nagmerrie!

Maandag by die werk gekom en weer die vrou gebel en gese “asb kan jy my nie vroeer inkry nie”, sy antwoord “weet jy, jy is baie gelukkig ons het n kanselasie gekry vir Woensdag oggend 9 uur”, .....

9 uur daardie oggend was ek daar, Mamogram gedoen, gesien die dokters skarrel bietjie rond, hulle se toe ek moet n sonar kry, en nog n dokter kom in, en se nee, hulle moet biopsies doen, want hulle sien 3 knoppe maar hulle wil seker maak. Biopsies gedoen, was baie 'scary' eerste maal in my lewe wat ek so iets moet doen, maar was toe glad nie seer nie......nou stuur hulle my huistoe en se ek moet n week wag vir die uitslag, ag genade ,....die wag is die ergste, maar na net 2 dae die Vrydag middag,... kry ek toe n oproep van my huisdokter, hulle het die uitslag na hom toe gestuur, en hy se vir my (ons kom al 18jr saam) “Thea'tjie dis borskanker jy moet my Maandag oggend 8 uur kom sien”...

Ek het histeries begin huil, ek was besig om die matte te suig toe hy bel ek het geskree en amper die arme stofsuier se pyp afgebreek van histerie...toe ek bietjie bedaar toe gaan sit ek op die mat, verslae, geskok, vernietig, alleen, wat nou.....eers besluit ek gaan niemand se... nie my kinders nie... my vriende nie...na n ruk besluit...nee ek het mense nou nodig, ek kan nie alleen deur die naweek gaan nie, en ek bel toe al wat vriendin is ..almal het gekom, gebid,  saam my gehuil...een vriendin het gebly en gese “ek bly by jou tot Sondag aand”...ons het heel naweek saam gehuil, want ek het so n vrees vir kanker, chemo, bestraling al daardie nare goed, want ek moes sien hoe my enigste boetie stadig sterf oor 7 maande van lewer en pankreas kanker.

 Ek het nog nooit weer lus gekry om te rook na die nuus nie, net God kon my so skielik laat ophou rook het, want Hy het geweet ek kan nie.

Toe begin ek bid, en bid, en bid, en smeek die Here om asb in te tree en my te help, ek het nooit vir Hom gevra hoekom ek kanker gekry het nie, ek was nooit kwaad vir Hom nie, ek het net gese Here asb help my...ek het my Bybel gevat, soekend gelees maar kon nie konsentreer nie, maar toe met die Bybel op my bors aan die slaap geraak. Maandag oggend het aangebreek en ek was klaar besig om te besluit wie kry wat ...die kas na daardie vriendin al die goed na die kinders en so het ek my goed begin uitdeel in my kop want ek gaan mos nou dood.

By die dokter gekom 8 uur, en hy se , “Sit, bly stil, en luister na my, eerstens glo jy nou absoluut aan God, jy doen die behandeling wat n onkoloog vir jou gaan gee, en jy bly positief en jy bly weg van dokter Google af”.....hy se verder, “ongelukkig het jy die mees aggresiefste borskanker wat daar is, infiltrerende buis karsinoom, dis aggresief en vinnig, en jy loop al 3 jaar daarmee (ek het nie mamogramme laat doen vir 3 jaar) en die kanker het reeds na jou limfkliere versprei, en dis graad 3 kanker”. 

Toe die nuus,..... “ongelukkig moet ons altwee jou borste afsit en 17 limfkliere uithaal om getoets te word”, .....ek het in n 'bubble' gegaan, dit is al hoe ek dit kan verduidelik,...”nee is reg se ek verslae... haal uit... sit af.” 

September 3 2010 is ek onder die mes, met die Here se Hand oor my het HY gesorg dat dit toe net na EEN limfklier versprei het, die ou duiwel wee jy, hy sit mos die nare goed in ons lewe, en dan laat die Here dit toe om te sien wat gaan ons doen met dit, toe kry die duiwel n groot suprise en ek draai na Jesus toe met my hele hart, verstand en krag.

EN daarna, die nuus: - chemo vir 6 maande lank, bestraling elke dag vir 30 dae, en dan Herceptin vir een jaar, ag nee, hoe gaan ek dit doen het ek gedink, ek sal dit nooit kan maak nie, die tyd sal nooit verby gaan nie

So het n vriendin my gesalf, vir my gebid, ek is weer gedoop met die Water en Die Gees, en so het ek en Jesus mekaar weer gevind, stadig stadig, so al met die chemo saam. Een oggend na die 2de rooi duiwel chemo, is ek baie, baie siek en my hare het begin uitval en dit was so 5:45 die oggend, en ek bid, en ek se “Here, kyk hoe siek is ek, help my asb, hoor U nie hoe bid ek nie, het U my gelos, asb help my”. My gebed was skaars klaar toe lui die foon daardie tyd van die oggend, en die mooi Jesus vriendin wat my gesalf het se, “Thea ek het in die gang geloop en toe se die Here vir my, draai om asb en bel vir Thea”, en so het ek besef Jesus hoor my en ek spring op asof ek 16 jaar oud is en gil JESUS HOOR MY, JESUS HOOR MY.......ja chemo is n nare ding, ek wou dit los, maar vriende en kinders het gekom en gese “nee, druk deur jy kan dit doen!”

Ek was baie baie siek, maar het deur die 4 rooi duiwel chemo gekom, en is toe oor na Taxol chemo, gelukkig maak dit mens nie so baie siek nie, en Jesus en ek se verhouding groei elke dag, en ek se “Dankie Here dat ek reeds gesond is, ek moet net deur die chemo gaan, want ek moet my deel ook doen”. 

Teen die tyd was daar nie meer ‘n haar op my lyf nie, al my toon naels het uitgeval, tot vandag meer as 2 jaar later groei die 2 ou groot toon naels nie terug nie. Taxol laat jou hande en voete met swak bloedsomloop, en dit voel dood, tot vandag toe kry ek soms die dooie gevoel in my voete en hande.

Jesus, en ek is toe deur die chemo, en ek is maer, soos n kraai, en nou moet ek bestraling begin, na 3 van die 30 wat ek moes kry toe sak ek inmekaar, en net daar besluit ek niks meer, en ek se Jesus,” hier is my siekte ek plaas nou alles in U hande.” En ek begin toe met Herceptin, vir een jaar lank moes ek dit elke 3 weke kry ... maar dit maak mens darem nie so moeg nie, en ook nie siek nie. 

3 Januarie 2011 toe is dit my laaste Herceptin, en die haartjies het al begin uitgroei,....en toe ek so terug kyk na die tyd wat ek alles moes kry, toe kon ek nie glo hoe ek hier gekom het aan die einde...dit het gevoel of die tyd gevlieg het...toe besef ek hoe het Jesus my al die pad gedra.....en ek is vol dankbaarheid vir God, want ek is gesond, daar is maar net een Dokter vir kanker en dit is Dokter Jesus!

Deel 2 vervolg
Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Thea, ek het jou deur Pink Chics ontmoet en ek gaan nou my getuienis ook hier plaas. Jy is 'n ster vriendin.

    ReplyDelete
  2. Thea, Ek sal graag met jou wil kontak maak maar die email adres wat in jou getuienis verskyn bestaan nie meer nie Kontak my asb by ventercr@telkomsa.net
    Dankie Rina Venter

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...